| nathan.co.za Bybel | Preke | Boeke | Studies | Sending | Stories |
| Hierdie bladsy: nathan.co.za -> Preke -> Die Kerk en sy toestand |
Baie skaars siekte van 'n kind om spesiaal vanoggend in gebed te onthou, so ons sal sekerlik almal dit wil doen. Die doktors het nie eens geweet nie. Hulle het dit 'n sekere soort van naam gegee maar ek dink hulle het sommer een versin om dit te gee, hulle -- hulle het nie geweet wat dit was nie. En, maar Christus weet wat dit is. Ek kan julle vertel wat dit is, dis 'n duiwel, dis reg, die duiwel. Watter naam hulle hom wil gee, wel, dit is hulle saak. Maar dit is wat hy is, hy is, sien, 'n bose gees. Nou laat ons, almal saam, eenmaal saam nou, "Slegs Gelowig," elkeen nou voluit.
Die Here gaan jou gesond maak, sus. Laat ons bid vir die meisie nou soos ons, ons hoofde buig.
Ons Hemelse Vader, skynbaar kan ek dit net nie uit my gedagtes kry nie. Die klein meisie daar, sterwende, sy's iemand se liefling. Sy is U skepping en Satan besteel haar van haar jong lewe. Ek bid in Christus se Naam dat U die hand van die dood sal weerhou, dryf terug die vyand. U, Here, Wie kan maak dat die Rooi See opdam aan beide kante, en die kinders van Israel skenk, U erfenis, 'n veilige reis oor die see en binne-in die Beloofde Land. God, ons bid vandag dat U elke struikelblok sal terugskuif en die kind laat leef. Dit is aan ons gegee om te vra. En, as 'n groep van mense gelowig in U, vra ons in Jesus se Naam vir die genesing van die kind. Amen.
Vandag is dit met 'n dankbare hart dat ek -- ek weer kom na julle in die Naam van die Here Jesus. Ek het net 'n bietjie vroeg huis toe gekom van Louisiana. Gedink miskien as ek hier kom voor Sondag kan ek Sondagskool hê. En toe was die weer so vreeslik warm daar, dat ons...dit sou matig wees, koel vanmôre in vergelyking met Louisiana. Jy sal nooit sit in 'n gebou soos hierdie met niks meer as 'n waaier, in Louisiana nie, dit sou lugversorgd wees of jy sou flou word.
En dus kom ek sodat ek net 'n dag-of-twee se rus kry voordat ek nou dadelik vertrek, na Noordelike Saskatchewan, volgende week, en dit is bo by Prins Albert. Dit is so ver soos die paaie gaan in die wêreld, vanaf die ander kant. Jy gaan al die pad oor die wêreld sonder enige verdere paaie, en niks anders as Indiane en Eskimos agter in die binneland verby waar ons gaan hierdie keer. So ons het baie mense wat sal wees by hierdie byeenkoms van oral oor Kanada. Sommige van hulle sal kom reg vanaf die Weskus, sê hulle, wat oorkom. En ek begeer sekerlik die gebede van julle mense, dat God ons sal ontmoet en ons sal gee 'n uitermate, oorvloedige, groot byeenkoms vir Sy glorie. Dit is sowat vier of vyf jaar sedert ek in Kanada was. En ek het sommige werklike koninklike vriende daar, wat baie gawe mense is.
En so hulle is baie lojaal om kerk toe te gaan. Maak nie saak hoe koud dit is nie, hulle sal toedraai in 'n kombers en sit op 'n bobslee, en die perd voortdryf vir dertig myl, om by die kerk te kom. Hulle sal stap deur die sneeustorms en alles, jonk en oud. Hulle groepeer almal saam. En een familie kry die ander en hulle begin stap, en hulle gaan. Dit is -- Dit is 'n opoffering wat hulle maak is wat veroorsaak dat hulle so baie uit die diens kry. Wanneer daar geen opoffering is nie, is daar nie baie aan die diens nie. Jy moet regtig inspring en iets doen wat werklik seer maak, moet sekere dinge laat vaar en die werk stop, en dit of dat doen, om by die kerk te kom en God te wys dat jy Hom lief het, en jy maak 'n opoffering om te gaan, dit is dan wanneer jy iets daaruit kry.
Dit is net soos my kindertjies. Billy-Paul, ek het gedink ek sou...ek het niks gekry toe ek 'n kind was nie. Mamma het miskien een sak lekkers gekry en sy sou dit uitdeel, twee of drie stukke vir elkeen. Miskien vir Kersfees sou ons kry 'n klein blik horing of 'n klein knalpistool, of iets. En ek het ander kinders gesien met sleë en fietse en dinge, goeie klere en warm baadjies. En ek -- ek, dit het my net so sleg laat voel, ek het gesê, "As ek ooit enige kinders van my eie het, ek gaan alles vir hulle doen wat ek kan." Wel, ek sou bereid wees om honger te ly om iets te kry vir my kinders. En toe ek gelewe het...Toe Billy net 'n klein seuntjie was, het ek vir hom 'n klein driewiel gekry en ek het vir hom alles gekry. En Meda sou alles probeer, om haar eie klere en dinge op te offer, om vir hom iets te kry. Maar julle weet wat ons begin uitvind het? Ek het vir hom 'n klein driewiel gekry, en 'n klein pyl en boog, en alles. Ek het hom gevind met 'n -- 'n lepel of 'n stok, buite in die agterplaas, aan die grawe êrens. Sien? Ek het gesê, "Die volgendes sal nie so wees nie." Sien? Jy gee net iemand alles reg byderhand, hulle wil dit nie hê nie. Dis iets waarvoor jy moet opoffer!
En dis hoe verlossing is. Dis 'n totale opoffering. Dit is, Broer Roy. Dis -- dis 'n opoffering wat jy moet doen elke dag, iets om -- om naby aan God te kom en iets te doen. En ek weet dit is 'n opoffering vir almal van julle vanmôre, sit in hierdie warm gebou. Soos ons hier sit, laat ons ons gedagtes vestig op die grootste Offer wat die mensdom ooit gevra was om te doen, dit was Jesus Christus toe Hy beveel is om na die aarde te kom om te sterf in ons plek. Nie net dit nie, maar Sy siel het afgedaal in die hel en was daar vir drie dae en nagte, en op die derde dag het Hy opgestaan en nou opgevaar na bo, sittende aan die regterhand van God, in die hemel, bemiddelende op ons belydenis van Sy versoening en Sy genade wat voorsien is vir ons.
Nou bo in die...daarbo waarnatoe ons gaan, daar sal baie mense wees, baie arm, baie arm, sal een van hulle koeie moet verkoop, twee of drie van hulle skape, of iets, om te kom na die byeenkoms. Die ou Eskimo sal waarskynlik 'n paar van sy velle moet bring en hulle verkoop, wat hy werklik nodig gehad het vir sy familie, om te kom. Die Indiaanse handelaar sal dieselfde moet doen. Nou, ons kan ten minste bid vir daardie mense, kan ons nie? En ons bid dat God hulle 'n groot ding sal gee.
Nou, dis warm, ek wil julle nie lank hou nie. En ek wil hê dat ons vanmôre ons gedagtes vestig, net voordat ons gebed vir die siekes het, op Kerk en Sy Toestand. En, nou, ek voel dat 'n paar dae gelede 'n boodskap aan die kerk aan my gegee was in Shreveport, Louisiana, en ek -- ek glo dit is die toestand van die kerk. En ons gaan teenoor God staan daarmee vanmôre, en bid en God vra om ons te help. Nie beoog om dieselfde benadering te neem nie, maar God te vra om ons te help in hierdie dag waarin ons lewe. En net voordat...Dit is die groot ou Bybel, maar net daarin lê die inhoud van Ewige Lewe.
En onthou, die Woord is God. God is niks meer as Sy Woord nie. En ons is niks meer as ons woord nie, en as ons maak...natuurlik, nou, ek en jy in 'n ander sin -- sin, want ons kan -- ons kan sê, "O, ek sal 'n sekere ding doen," ons bedoel dit in ons hart, maar omstandighede kan ontstaan dat ons nie kan nie -- ons kan nie doen dit wat ons gesê het ons sal doen nie. Maar God kan dit nie doen nie, omdat Hy oneindig is en Hy weet alles, en alles wat ooit was, sal wees. So, Hy kan nie 'n stelling maak behalwe as Hy weet Hy kan dit ondersteun nie.
En Abraham, toe hy 'n honderd jaar oud was, het hy daardie dinge genoem wat nie was nie, asof hulle was. Nou ek sê dit vir 'n aanmoediging vir diegene waarvoor gebid gaan word, die siekes. Abraham het daardie dinge wat nie was nie gereken asof hulle was, gereken dat Hy Wie die belofte gemaak het, in staat was om dit te doen, of, te hou by dit wat Hy beloof het. Nou, toe God Abraham vertel het, toe hy ses...vyf-en-sewentig was, en Sarah was vyf-en-sestig, dat hulle 'n baba gaan hê, wel, dit was heeltemal onmoontlik. En hy het dit geglo en gesoek na 'n baba, en die baba gereken so goed as daar, vir vyf-en- twintig jaar voordat die baba ooit gekom het. En Abraham was 'n honderd toe die baba gebore was, en Sarah was negentig, omdat hy Hom geglo het. En hy het die dinge wat nie was nie, gereken asof hulle was.
Nou, dit was vir die siekes en die beproefdes waarvoor gebid moet word. Maak nie saak wat jou probleme is nie, of jy...watter soort siekte jy het, hoe sleg jy daaraan toe is, wanneer jy Christus aanvaar, Sy Woord, dan noem jy die dinge wat is asof hulle nie is nie, as hulle teenstrydig is met God se Woord. Nou God het gesê, "Gebed van geloof sal die siekes red." Wel, as God dit gesê het, dit handel dit af. Laat ons dan ons gedagtes, hoop, en optrede vestig, asof dit alreeds gedoen is. Dis net alreeds afgehandel wanneer ons dit aanvaar.
Verlossing is op dieselfde manier. Ons glo dit, aanvaar dit, glo dit in ons harte, loop op voor God en aanvaar Christus as jou persoonlike Verlosser, en aanvaar Hom. As jy hier is vanmôre, 'n sondaar, en nie gered nie, en jy wil genees word, jy is siek, soek eers die Here. Aanvaar Hom as jou Verlosser, dan sal daardie siekte reg uitwerk. Wat ook al dit is, plaas net jou hele gedagte (oor alles wat jy het) op die gesonde Man, Christus Jesus, alles anders sal reg wees.
Nou hou julle gedagtes daarop, want ek het hierdie paar woorde gesê vir diegene wat siek en beproefd is, sodat ek vanoggend gaan praat oor die Kerk en die toestand. Want ek voel dat alhoewel Goddelike genesing wonderlik is, maar toe ek in Shreveport was, het ek net omtrent drie genesingsdienste gehad toe ek daar onder was, drie, of miskien vier, op die meeste, uit elf dae. Dit is meer essensieël om te preek vir die siele van die mensdom as wat dit is om so baie tyd in te sit in Goddelike genesing. Alhoewel, die mense wat siek en behoeftig is, God kan hulle genees. En dit is alreeds geregverdig die wêreld oor, dat Hy dit doen. Maar die hoof saak, nou, is die siel wat nooit sal sterf nie. Die liggaam sal sterf. Maar die siel sal nooit sterf nie, en ons moet dit reg en eerlik met God hou.
Ek het dit dikwels gesê. Ek wil alles gedoen hê, dat wanneer ek afkom na die rivier daardie môre, wil ek nie enige probleme daar hê nie. Ek wil my kaartjie in my hand hê, wagtende vir my naam. En ek wil sê, soos Paulus van ouds, Broer Creech, "Ek ken Hom in die krag van Sy opstanding." Dat wanneer Hy roep vanuit onder die dooies, ek sal uitkom...Ek wil Hom ken in die krag van Sy opstanding.
So, nou, Hy Wie die Skrywer is van die Boek, kom ons buig ons hoofde en harte voor Hom net 'n oomblik.
En, God, ons Vader, ons kom nou na U, om te vra dat U U Woord sal open vir ons. Ons kan die bladsye terrugtrek maar slegs die Heilige Gees kan die Woord open. So open Dit vanoggend vir ons, Vader, en gee aan ons die uitermatige oorvloedige van U genade. Ons wag op U. En mag die Heilige Gees in die Woord inkom, and Dit uitgee deur menslike lippe na menslike harte, en mag Hy dit neem and Dit plaas in elke hart net soos ons behoefte het. En wanneer die dienste oor is, ons gereed is om te draai na ons huise, ons sal nederig ons hoofde buig en aan U dank en lof gee, vir alles wat ons van U geleer het en wat U vir ons gedoen het. In Christus se Naam vra ons dit. Amen.
Die lees van die Woord, oorkant in Johannes, die 1ste hoofstuk, julle wat Bybels het en wat saam met my wil lees of dit wil afmerk vir 'n teks. En ons sal die teks lees van die Woord, en laat ons dan bid, en dat die Heilige Gees die konteks sal neem uit die Woord en dit aan ons gee. Ons kan Dit lees, ons wat in staat is om te lees kan dit lees, maar slegs God kan die konteks uitbring. The teks kan gelees word, want Dit is Sy Woord, maar dan die -- die konteks moet gegee word deur God. Nou, in Johannes, hoofstuk 1, en kom ons begin by die 28ste vers en lees af na die 32ste, insluitend.
Ek wil dit weer lees, daardie laaste vers, 32ste vers.
Nou mag die Here Sy seëninge byvoeg by Sy Woord. Ek wil hê dat julle probeer om -- om elke woord te begryp as ons kan. Kan julle my goed hoor ver agter? Goed, kan julle my hoor daar agter? As julle kan, steek julle hande op. Dis goed.
Nou, ek wil met julle praat vanmôre oor -- oor gelykenis, op so 'n sekere manier dat selfs die -- die mees ongekerkte persoon hier binne in staat sal wees om te verstaan. Nou, ons kom kerk toe om onsself te verbeter. Ons kom om onsself beter mense te maak, beter Christene, beter landsburgers, beter vaders, beter moeders, beter bure. Ons kom omdat Christus ons gesê het dat as ons kom, enigiets vra in Sy Naam, waar ons saam vergader is, soveel soos twee of drie, Hy sou by ons wees en dit aan ons skenk. So, wat kan meer wees, beter wees vir ons vandag as om te weet dat ons by die kerk is vir die verbetering van onsself, om ons begrip uit te brei. Hoeveel sal sê, "Dis waarvoor ek hier is"? Kom ons kyk. "Ek -- ek wil 'n beter begrip hê." En ons kan nie -- ons kan nie 'n beter begrip hê behalwe dit...en as ons 'n beter begrip van God gaan hê, dit moet kom uit God se Woord, want die Woord is wat God ons gee om ons honger siele te voed. En die Heilige Gees was gestuur om die Woord van God te neem en ons te voed deur die Woord. Sien julle dit? Sien, ons...Die Heilige Gees is gestuur van God, om die Woord van God te neem en dit te gee aan ons soos ons behoefte het. Nou, ek is so bly dat God 'n voorsiening gemaak het soos dit. Is julle nie? Dat Hy ons sou voed.
Ons is die skape van Sy weiding. Ons gaan daaroor praat binnekort, die skape. En ons is die drievoudige wese van God, en wanneer Hy die totale beheer van ons kan hê, kan Hy ons lei en ons begelei.
Nou, dit het God so behaag, dat toe Hy Jesus gestuur het na die aarde, dat dit Hom behaag het om Hom voor te stel as 'n dier, en daardie dier was 'n lam. Ver terug in die begin, die Tuin van Eden, in die vooruitskouing van die koms van Jesus, het God 'n -- 'n lam geoffer om 'n plaasvervangende offer in die vooruitskouing van die koms van Jesus te wees. Nou, ek het dikwels gewonder hoekom God Christus wou voortskou as 'n dier, as 'n bees. Maar ons vind uit dat die Lam, die rede waarom Hy 'n lam gekies het, 'n lam is die sagmoedigste en die mees saggeaarde van al die skepsels wat daar op die aarde is. Daar is niks wat meer saggeaard en sagmoedig is as 'n klein lam nie, so onskuldig, nie self-onderhoudend nie. Dit -- dis nie arrogant nie. Dis 'n sagmoedige, saggeaarde klein skepsel. En toe God Christus wou voorstel aan die wereld, het Hy Hom voorgestel as 'n lam.
Nou, maar toe God, Vader God, Jehovah, Homself sou voorstel vanaf die Hemel, was Hy voorgestel in die mees saggeaardste, nederigste van al die voëls wat vlieg in die Hemel, dit is, die duif. Daar is geen meer sagmoedige voël as die duif nie. Ek het nogal 'n studie van voëllewe gemaak en wildlewe, en die duif is 'n baie snaakse voël teenoor al die ander voëls wat in die hemel vlieg. Die duif is 'n -- 'n -- 'n minnaar. 'n Duif is sagmoedig. En 'n duif het geen gal nie, dis die enigste in die voël familie wat nie 'n galblaas het nie. Dis die rede waarom jy nooit 'n duif sien enige plek anders as rondom waar daar graan en saad is nie.
Nou, in die ark, was daar 'n duif. En die duif is verteenwoordig in baie plekke in die Bybel. Dit simboliseer van die Heilige Gees. En ook is die lam verteenwoordig in baie plekke in die Bybel, as Christus, in die Openbaring, al die pad terug tot Genesis, en so is die duif.
In die boek van Genesis, die duif was in die ark, gesit op die stelasie met die -- met die res van die voëls van die lug; en een van hulle was 'n raaf, 'n kraai. En 'n kraai is een van die gemeenste voëls wat daar is, 'n kraai en 'n spotvoël, ek reken, is omtrent die gemeenste voëls wat jy kan kry. Die kraai is 'n baie lank lewende voël, en hy lewe (hulle beweer) somtyds, twee of driehonderd jare, dat 'n kraai...'n papegaai lewe langer as dit.
Maar 'n duif is 'n dier of 'n voël wat nie 'n gal het nie. Nou, die kraai kan hier oorkant sit en eet op 'n dooie karkas. Jy sal nooit die duif rondom daardie dooie karkas sien nie. Sy kan dit nie verduur nie. Die stank daarvan in haar neus, sy kan dit nie verduur nie. Dit sal haar siek maak. Hulle kan eenvoudig net nie enigiets verduur wat agteruit gaan, verrot nie. Hulle kan dit nie verduur nie, so sy kan dit nie eet nie. As sy dit sou eet, dit sou die duif dadelik dood maak, omdat wat die kos verteer, is die oorvloei van die gal in die maag, wat die kos verteer. En as daar geen gal is om daarin te gaan om dit op te maak nie, dan sal dit die duif dood maak. So jy sal altyd die duif vind rondom waar daar iets skoon is, iets wat gesond is.
Nou, die kraai is anders. Nou, let net op die kraai is 'n tipe van die skynheilige. Die kraai kan sit daar oorkant op die -- op die dooie karkas en net soveel eet as wat hy wil, en vlieg regguit uit na die veld en eet koring, ook. Maar die duif kan nie koring eet en dan oorvlieg na die dooie karkas nie.
So, 'n skynheilige, 'n man kan 'n skynheilige wees en beide geestelike dinge eet, en goeie dinge en slegte dinge. Maar 'n regte wedergebore Christen kan nie die dinge verdra wat verkeerd is nie, en kan net eet van die goeie dinge. Let dit op! Wanneer jy 'n kêrel sien wat kan gaan na die dans, uitgaan en drink, uitgaan en in sonde lewe, terugkom na die kerk en miskien skree net soveel as 'n heilige, wat dit is, hy's 'n aasvreter, hy kan beide vrot dinge en goeie dinge eet. Maar die regte Christen kan nie daardie dinge toelaat nie, want hy het oorgegaan van dood na lewe. En dadelik sal dit hom so veroordeel, die einste gedagte daaraan, totdat dit hom sal veroordeel totdat hy sy gesig wegdraai en wegloop. O, wat 'n prentjie!
Nou, die lam is 'n baie sagmoedige klein kêrel. Hy kan nie, hy kan nie homself help nie. Hy is nie selfstandig nie, want hy kan nie homself help nie. Hier 'n sekere tyd gelede was ek besig om deur 'n weiveld te gaan toe dit my gebruik was om te patroleer, en ek het 'n klein lammetjie gekry, en almal van hulle het op die een of ander manier weggekom van hom, en hy was heeltemal verstrengel in 'n klein bondeltjie doringdraad. En die arme klein kêreltjie het daar gelê, bloeiende en blêrende. En ek het verbygekom en gesien, vêr bo, omtrent 'n halfmyl boontoe, was 'n hele trop skape. Nou, hy sou net daar gelê het en die kraaie sou binnekort sy oë begin uitpik as ons nie by hom gekom het nie. Maar ek het die klein kêreltjie losgedraai en hom in my arm opgetel. Hy het nooit geweier nie. Hy het baie stil gelê. Ek het hom opgetel in my arms. Eerste -- eerste keer, miskien, 'n menslike wese hom ooit in hulle hande gehad het, maar hy was sagmoedig. Hy was gewillig om gelei te word. Hy was gewillig om gehelp te word. Ek hoop julle sien dit. Hy was gewillig om nie te probeer om teen te stribel of om te skop, of om te byt nie. Lammers skop nie terug nie, hulle byt nie; hulle verneder net hulself. En hierdie klein kêreltjie, ek het hom opgetel en hom neergesit by die res van die skape. Binne 'n paar minute het sy mammie hom gevind, hoe bly was hy nie! Nou, hoe tipies is dit van die Lam van God!
Julle weet, waar hulle gaan om skape dood te maak, julle weet wat lei die skape op na die slagblok, dis 'n bok. Maar die bok sal die skape lei reg op in die glygeut by die slagplaas, en, dan net betyds sal hy die skape op kry in die glygeut, dan spring hy uit. Maar, o, hulle sê, wanneer hulle gaan om die bok dood te maak, dan skop hy 'n storm op. Sien?
En dit is wat die Duiwel sal doen. Hy sal probeer om God se kinders te lei reg na die gemeenste, maar wanneer dit tyd kom vir hom om dood te gaan, hy skop regtig 'n storm op dan. Dis hoe die Duiwel dit doen. En dit is hoe somtyds, 'n sekere klein windmakerige meisie of 'n sekere klein aanstellerige seun, met 'n pak sigarette of 'n bottel whiskey, 'n klein meisie sal verlei, 'n lam, met iemand se vul, reg na die verkeerde. "O, dis alles reg. Daar is niks aan al daardie soetsappige goed omtrent die kerk nie." Maar laat die dood daardie ou seun eenmaal tref, jy hoor hom tjankende, skreeuende regoor die land. En dis hoe die Duiwel dit doen.
Maar 'n lam is so sagmoedig, dat dit gelei kan word. En dis die rede dat God Christus voorgestel het as 'n Lam, en Homself as die Duif. En op die dag dat Johannes Jesus gedoop het by die Jordaanrivier, een van die grootste gebeurtenisse wat ooit plaasgevind het, het net daar plaasgevind. Let op hoe pragtig! Die Lam, die saggeaardste van al die skepsels op die aarde, en die Duif, die saggeaardste van al die voëls van die Hemel. Nou, dis die enigste manier hoe hulle ooit verenig kon word. Dis die enigste manier hoe die Duif ooit op die Lam kon kom. Nou, toe die Duif afgekom het, Johannes het Jesus gesien, en hy het gesê, "Aanskou die Lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem." En Johannes het gesê, "Ek getuig, die Gees van God soos 'n Duif gesien neerdaal, en op Hom bly." Halleluja! Daar is dit. Die Duif en die Lam saam verenig. Dis toe God en Mens een geword het. Dis toe hemel en aarde mekaar omhels het. Halleluja! Dis toe God vlees geword het, dit gebring het, dis toe God afgekom het vanaf die Gees vorm en 'n Man gemaak is en onder ons gewandel het. Dis toe alle ewigheid mekaar omhels het. Dis toe die menslike gevalle ras van Adam se mense en Jehovah God en elke engel saam gekom het, toe God en mens een gemaak is, op daardie groot herdenkingsdag toe Johannes Jesus gedoop het.
Nou, wat as hulle 'n wolf sou wees? Die soet gekoer van die Duif sou nooit in staat wees om te staan by die wolf nie.
Wat is dan mooier as laat in die aand, om te hoor die ou tortelduiwe sit daar buite en koer vir 'n rukkie? Nadat ek my vrou en baba verloor het...Ek wou niemand laat weet wat ek gedoen het nie. Ek het gewoonlik in my ou kar geklim, ek het uitgery oor die pad daar, uitgegaan hier by Walnut Ridge begraafplaas, daar gesit langs 'n boom en afgekyk na die graf. Ek kon hulle net nie afgee nie. Gelyk asof ek dit nie meer kon verduur nie. Ek het gedink, my klein babatjie, wat daar lê, agt maande oud. Hoe sy altyd haar klein handjies gehou het en sou uitreik na my, en ek sou die toeter blaas of iets sê vir haar, en sy sou "goo-goo," haar klein handjies uitreik. En ek het gesit langs 'n boom, veral as dit sou aand word. En daar sou 'n ou duif wees wat daar sou sit, daar buite in die bos, en sy sou koer. O, Tog! Ek het gewonder of dit die onsterflike siel van my baba was wat terugkom om met my te probeer praat. Niks soeter as daardie gekoer van die duif. Hoe liefdevol is sy. Sy bring tydings. Hoe sy probeer om vrede te maak. Opgestaan vroeg in die môre, uitgegaan in die ruigtes daar naby waar ek woon, wat 'n vreedsame ding is dit om te hoor! Sittende bo-op daardie groot hoë boom, daardie duiwe, koerende na mekaar.
Die ander dag, onder by Broer Cox, 'n ou moeder duif het twee klein babatjies gehad. En hulle het reg bo-op die bokant van die gebou gesit, sodat die katte hulle nie kon kry nie. En die ou moeder duif het hulle gevoed. Dan sou sy afkom en hulle kry en hulle maak om bo in die boom te kom, en hulle sou daar sit met hulle nekke om mekaar, en koer en mekaar liefkoos, die hele dag lank, twee klein, sagmoedige baba duiwe.
En ek het gedink oor hoe God, (die duif is so 'n liefdevolle voël) en die Duif, God, sy menslike wesens die hof wou maak. God wil lief gehê word. God wil jou lief hê. "God het die wêreld so lief gehad, Hy het Sy enigste gebore Seun gegee, dat wie ook al in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê." Geseënd is die Here! Toe God, wat die hof wou maak, Hy moes iets...iets beminbaar maak. Hy moes iets maak sagmoedig soos Hyself. Hy moes iets maak wat bemin kon word. Hy moes iets maak van Sy Eie Natuur.
Jy kan niks lief hê wat nie van jou eie natuur was nie. Liefhê moet verenig met liefde. 'n Man en vrou moet mekaar liefhê, as hulle ooit wil slaag. Familie moet mekaar liefhê, as hulle ooit wil slaag. Iets om lief te hê. Jy soek oral, om 'n meisie te vind om jou vrou te wees wat jy lief het. Sy soek, om 'n man te vind wat sy kan liefhê.
En God soek, probeer om 'n siel te vind wat Hy kan liefhê. So, Hy het Homself hier op aarde voorgestel as 'n sagmoedige Duif en 'n sagmoedige Lam. As die Lam teen enige tyd ooit die natuur van 'n grommende wolf sou aanneem, daardie Duif sal haar vlug neem dadelik, sy sou wegkom.
Maar die -- die -- die lam, dit het nie enige groot gedagtes van sy eie nie. 'n Lam is een ding, wanneer dit verdwaal is, is dit hopeloos verdwaal. 'n Skaap kan nie sy pad terugvind nie. Dis die rede waarom die bok hom na sy dood lei. Dit kan nie sy pad vind nie, 'n skaap wat verdwaal is. Dis die rede waarom God ons vergelyk met skape. Wanneer ons verlore is, is ons verlore. Daar is geen manier hoe ons onsself kan vind nie. En daar is net een manier om dit te doen, dit is, onderwerp onsself aan die Herder van die kudde, Hy gee die leiding.
Nou, soos ek oplet na hierdie Lam en die skaap tesame...die Lam en die Duif, liewer, tesame, hulle maak een. Kyk dan hoe die Duif die Lam lei, die Seun van God. Hoe sagmoedig Hy was, wetende dat Hy na die slagting sou gaan. Hoe sagmoedig Hy was, om altyd nie te probeer om dit Self te doen nie, nie om te probeer om selfonderhouend te wees nie. Hy het gesê, "Ek doen niks voordat die Vader my nie eers wys nie, en die Vader woon binne-in My."
Nou, 'n ander ding wat die lam is, die lam is gewillig om sy regte te onderwerp. Nou, God wil hê ons moet lammers wees, maar daar is so baie male dat ons nie ons regte wil onderwerp nie, ons regte verbeur nie. So baie van julle sê, "Wel, ek het regte, Broer Branham." Dis waar, maar is jy gewillig om jou regte te verbeur? Is jy gewillig om jou regte te gee, sodat God jou kan lei? Dit is wat skeel met ons kerke vandag, in die groot meerderheid, dat die sagmoedigheid van die Lam van God...Ons is veronderstel om lammers te wees, ons het alles behalwe lammers geword. En dit is die rede, sodra ons daardie gesindheid kry, die Duif van die Heilige Gees neem Haar vlug en vertrek.
As die Lam van God die eerste grom soos 'n wolf sou maak, of enigiets sou doen in teenstelling met wat die sagmoedige duif sou toelaat, die Duif sou haar vlug neem. Sy sou weggaan in 'n minuut.
En dis die rede vandag dat ons wonder, "Wat skeel met die Pinksterkerk?" Dis omdat ons 'n verskillende natuur aangeneem het. Ons het 'n natuur aangeneem wat, "Ons wil ons regte hê. Ons gaan doen wat ons weet wat reg is om te doen." En ons word arrogant. Ons word vyandig. Ons word afsydig. Ons laat humeur inkom. Ons laat selfsugtigheid inkom.
'n Lam, wanneer dit tyd kom...Hy besit sy eie wol, dis sy regte. Hy besit sy wol, maar hulle neem die lam en gooi hom op die blokke, en maak sy voete vas. Hy het nooit geskop nie, hy het nooit lawaai nie. Jy neem net sy regte weg van hom, want hy is 'n lam. Hy kan niks anders doen nie, want dit is sy natuur. Maar gaan net eenmaal 'n Christen teë, jy sal uitvind of hy 'n lam of 'n bok is. Jy sal uitvind wat hy is, gaan hom net eenmaal teë. En dit is die rede vandag dat ons kerke in die toestand is wat hulle is.
Ons noem onsself die lam van God. Die man en die vrou, tesame, het begin om op te tree alles behalwe soos lammers van God. Jy kyk na hulle afstap in die straat, met kort, kort geknipte hare, krulletjies en al in hulle hare. En 'n paar jaar gelede, jy sou noem...jy, hulle...jy kon hulle nie huur om dit te doen nie. En dan wonder jy hoekom is die kerk in die toestand wat dit is, dis omdat julle die natuur van 'n wolf of 'n bok aangeneem het, in plaas van om die saggeaarde, sagmoedigheid te behou. En julle sê, "Dis my voorreg, Broer Branham." Ek weet dis jou voorreg. "Barbiere sny hare. En so lank as wat die barbiere hare sal sny, het ek nie 'n reg nie?" Dis reg, dit is jou Amerikaanse voorreg. Maar is jy gewillig om dit op te gee, om 'n lam te wees? Is jy gewillig om jouself te onderwerp?
En julle vrouens, nie lank gelede nie, julle sou afgaan in die straat...Dis belaglik om te sien hoe die vroue vandag aantrek. En ek praat nie van Presbiteriaan of Metodis nie, ek praat van julle, heiligheid vroue. Gaan af in die straat, en dit is...
Ek het 'n klein kruis wat hang voor in my kar, en iemand het vir my gesê, gesê, "Billy, jy weet dis 'n Katolieke embleem?"
Ek het gesê, "Wanneer het die Katolieke die opsie op die kruis gekry?" Nooit! Dis nie 'n embleem van Katolieke geloof nie; dis die embleem van Christelike geloof. 'n Katolieke geloof is 'n dooie heilige, of Maria of -- of 'n sekere dooie persoon wat hulle aanbid. Ons aanbid nie dooie mense nie. Ons aanbid nie die Heilige Cecelia en al daardie verskillende heiliges nie. Dis Katolisisme, wat 'n hoër vorm van spiritualisme is. Maar die kruis verteenwoordig Hom wat doodgegaan het en Wie weer opgestaan het.
En ek het gesê, "Ek hou dit daar, kykende op die straat. Vyf-en-twintig jare gelede, of dertig, toe ek amper blind was, het ek God belowe dat as Hy my oë genees sal ek na die regte dinge kyk." En ek het gesê, "Na oral waar jy kyk, dis so goddeloos, vroue half aangetrek, en nakende vroue wat op die werf lê en orals. Ek kyk na die kruis in plaas van om te kyk, en onthou wat Christus vir my gedoen het, en draai my kop weg van die ding...dis van die Duiwel." Halleluja!
En daar, mense, moenie sê dis "Presbiteriaan, Katoliek," dis Pinkster! Amen. Julle sê, "Ek het 'n reg daartoe, Broer Branham." Dis reg, maar as jy 'n lam was, jy sou jou regte verbeur. En wanneer jy gaan om so op te tree, die Heilige Gees, die sagmoedige Duif, neem haar vlug dadelik. Sy sal nie onteer word met jou nie. Nee, nee. Jy dink nooit jy sal so optree soos dit en die Heilige Gees behou nie. Jy kan dit nie doen nie! Die Bybel sê so. Jy moet verbeur jou...wel, sê, "Die res van die vrouens doen dit."
En julle mans, julle arme, klein, slap, verwyfde goed, julle, wat julle vroue sal toelaat om so 'n ding te doen soos dit, dit wys waaruit julle gemaak is. Dis die rede waarom julle nie die Heilige Gees het soos julle bely om te hê nie, of julle sou iets genoeg omtrent julle hê, om haar te maak optree soos 'n dame, so lank as wat sy met julle saamleef, in elk geval. Amen. Dit klink oudmodies, bitsig. Maar dis wat die kerk nodig het vandag, is 'n oudmodiese, Heilige Gees uitwassing, en 'n uithang en 'n uitdroog, en 'n uitstryking, deur die Heilige Gees. Sekerlik!
Wat 'n toestand het die wêreld binnegegaan! Hoe hulle uitgaan op die straat en aangaan! Hoe dat hulle hulle koppe in 'n televisie op 'n Woensdagaand kan steek, en nie kerk toe wil gaan nie! Hoe dat hulle, tog, daar is nie eers 'n kind in die land...wat nie alles weet wie David Crockett is nie. En daardie vuil leun, sê dat hy 'n beer doodgemaak het op drie jaar oud, julle weet dis 'n leun, maar laat julle kinders hulle koppe volstop daarvan. En daar is nie een persent uit een honderd wat ooit enigiets weet omtrent Jesus Christus nie. Dis omdat hierdie wêreld so besoedel geraak het! Hierdie volk, so belaglik en so ver van God, het die Heilige Gees verwerp.
O, julle sê, "Ek gaan kerk toe en skree." Jy mag dit doen. Maar, voordat die sagmoedige Lam van God nie in jou hart gaan sit nie, en jou nie maak om jou lewe skoon te maak en op te tree soos 'n verskillende persoon nie, dit sal jou nie enige goed doen om Christelikheid na te boots nie. Jy moet dit hê. Amen.
Ek het hier 'n huis binnegegaan nie lank gelede nie, om 'n siek man, en 'n dame het daar gelê, daar gesit. En 'n klein ou Oswald het ingekom, hoed wat op die kant van die kop sit, en gesê, "Mammie, is middagete gereed?"
Sy het gesê, "Skat, ons het nie tyd gehad nie" gesê "vanmôre om enige middagete te kry nie." Gesê, "Ek sal jou 'n toebroodjie maak," gesê, "daar is 'n paar lemoene."
Hy het oorgestap en 'n lemoen geneem, daarna gekyk, daaraan gebyt, dit gegooi teen die muur so hard as wat hy kon, die sap het afgeloop, gesê, "As dit al is wat julle in die plek het, dan sal ek uitgaan," soos dit.
Ek het gedink, "O God, hy moet myne wees vir vyf minute!" Jong, ek sal die vel van hom aftrek soos hy nooit geweet het dit was afgetrek nie! Maar hulle het daar gelê, bejammer en oppiep. Wat hy nodig het is 'n goeie oudtydse vel aftrek. Dis wat ons nodig het, weer'n paar oudtydse huise en 'n paar predikers wat agter die preekstoel sal staan en die Waarheid preek, en dit neerlê waar dit nodig is om te wees. Amen. Dis die waarheid. O, Goeiste!
Klein Maria stamp haar klein voete, en steek daardie klein neus op en draai daardie rooskleurige lippe (deur Max Factor se goed) op in die lug, en steek haar klein kop op en stap uit die huis. Wat 'n oneer! Hoe ongehoorsaam is kinders! Die Bybel sê hulle sou. Die Skrif sê hulle sou wees. Hoe hulle sal optree, hoe hulle sou doen, en die dinge wat aangaan in die wêreld vandag, is omdat hulle die Heilige Gees weggegrief het.
'n Paar jaar gelede. Ek gaan nou binne 'n paar dae om die eerste uitstorting van die Heilige Gees in Amerika te vier, vyftig jaar gelede die jaar, by die ou Azusa Straat byeenkoms, pinkster byeenkoms in Los Angeles, waar hulle, hulle eerste uitstorting van die Heilige Gees gehad het, toe die mense saamgekom het. Toe Christus afgekom het tussen daardie mense, hulle was net so sagmoedig, net so vredeliewend. Hulle het goddelike lewens gelei. Hulle het opgeofferde lewens gelei. Hulle was bereid om in te gee. Hulle was gewillig om gelei te word deur die Heilige Gees. Hulle het nie omgegee wat die mense gesê het nie, hulle was "oudtyds," of hulle gesê het hulle was "mal," of wat daarvan, hulle was gewillig om gelei te word deur die Heilige Gees.
Maar, vandag, o, goeiste, met 'n poeier kwas en 'n grimeer doos, en 'n kortbroek aan, en uit op die straat, wel, dis 'n skande! En noem hulself, "met die Heilige Gees." O, julle sê, "Maar ek het in tale gepraat." Ja, en die Duiwel doen dit ook. "O, ek het geskreeu." En die Duiwel doen dit ook. Die Duiwel kan enigiets naboots wat God het, behalwe liefde, hy kan nie liefde naboots nie. Ja.
Dan, die eerste wat jy weet, wanneer jy daardie dinge begin doen, jy laat die standaarde sak, jy begin toegee, dan begin die kerk klein klubs kry, klieks tussen hulle, en hierdie een het gesê, "Jy weet, die pastoor is net so-en-so," of "die diaken is net so-en-so." En, die eerste ding wat jy weet, jy het daarna geluister! En dit is die rede waarom hulle so baie moeilikheid het, is omdat hulle begin luister het na die Duiwel, en kry 'n grom, instede van luister na die sagmoedige Duif, die Heilige Gees, die Duif van God wat jou sal lei en jou begelei, en jou lief hê en jou seën.
Eerste keer wat jy een van daardie klein humeur spasmas kry, die Duif vlieg dadelik weg. Dis reg. Sy kan dit nie verduur nie. Haar natuur is anders. O, Sy kan dit glad nie verduur nie. En jy gaan en praat oor jou buurman, Sy kan dit nie verduur nie, Sy kan dit net nie verdra nie. Hy neem net Sy vlug en gaan verder weg. Hy kan dit net nie langer verduur nie. Die Duif is sagmoedig. Die Duif is saggeaard, en die Duif, en -- en dit kan nie staan op niks behalwe as dit dieselfde soort van natuur is nie.
Nou, God kan vir jou 'n ander natuur maak, man of vrou, Hy kan jou 'n ander natuur gee. En jy sê, "Wel, Broer Branham, wat kan ons daaromtrent doen?" Word net weer 'n lam. Dit is net twee diere wat ooit saam sal verenig, dis die duif en die lam. Die duif sal na niks anders kom as 'n lam nie. As jy 'n bok geword het, kry dan daardie ou bokgees van jou af. Dis reg. As jy iets anders geword het, kry dit weg van jou, as jy 'n kekkelbek geword het.
Hier eenmaal, ek het gepreek net so hard as wat ek kon preek in 'n sekere stad, en daar was duisende mense daar. Ek het 'n oproep gemaak na die altaar. Ek het gedink ek het die hele terrein van sonde gedek. Ek het alles gedek waaraan ek kon dink. Daardie aand nadat die diens oor was, 'n baie preutse klein vroutjie het verbygestap, sy het gesê, "Wel, Broer Branham, ek is waarlik bly dat jy my nie geraak het vannaand nie."
Ek het gedink, "Daardie moet 'n regte Christen wees."
Gesê, "Jy het my nie vannaand geraak nie."
Ek het gesê, "Wel, ek is sekerlik bly om dit te hoor, dame, jy moet baie naby aan die Koninkryk van God wees." En sy het weggetrippel.
'n Sekere ander klein dametjie staan daar. Ek het gesê, "Sê, ken u daardie vrou?"
"Ja."
Ek het gesê, "Sy moet 'n regte Christen wees."
Gesê, "Een ding wat u misluk het om te raak vannaand, Broer Branham, dit was skinder. Sy is die hoof skinderaar in die land." Daar het jy dit, dis dit, sien.
Maar wanneer jy kom by een van daardie dinge, maak nie saak of die prediker dit raak op die preekstoel of nie, wanneer jy daardie vleeslike dinge van die wêreld sien, so lank as wat jy onverdraagsaam is met hulle, jy is weg van God, en die Heilige Gees sal wegbly. Dis die rede waarom die byeenkomste nie is soos hulle was nie. Dis die rede waarom die saagselpad nie gebore word vanmôre in die Tabernakel nie. Dis die rede waarom die groot tentbyeenkomste nie meer rondom die land is nie, is omdat ons die sagmoedige Duif van God weggekrenk het. Dis reg, Hy sal nie by ons bly solank as ons so afsydig is nie, solank as wat ons beskinder nie, "Ons wil ons sin hê!"
Nou, ek wil hê julle moet oplet, die lam was 'n stil lam. Die Bybel het gesê, "Hy het nie sy mond geopen nie, Soos die skaap voor die skeerders, Hy was stom." Hy het nie sy mond geopen nie. Hy was nie 'n kêrel wat sy regte wou hê nie. Nee, meneer, Hy was gewillig om sy regte te verbeur. Hy was 'n stil lam.
Maar, vandag, o, goeiste, hoe wil ons ons verskille hê! O, goeiste! "Ek sê jou, jy laat net iemand iets vir my sê, ek sal oorgaan en hom kry, jong, ek sal hom uitmekaar haal. Ek sal daardie ou skynheilige vertel as ek haar sien! Jy wag net totdat ek haar sien! Loof God, halleluja! Uh-huh!" Die Duif neem net Sy vlug en gaan verder weg. Dis reg. Die Heilige Gees is nie meer met jou, so lank as wat jy so voel nie. Merk dit net af in jou boek, Dit sal dit nooit doen nie. Die Heilige Gees sal net nie bly rondom waar daardie gees is nie. Dit moet 'n lam gees wees, 'n sagmoedige gees, of Dit sal net nie daarby bly nie, dis al wat dit is; as dit nie 'n sagmoedige, saggeaarde, gelei deur die Heilige Gees, is nie. En as enigiets opkom, Dit let dit nie eens op nie, gaan net voort. Sien? En dieselfde minuut wat Dit wegdraai, jy weet, dis dieselfde...wanneer jy wegdraai.
Jy weet, die eerste sonde het begin van 'n persoon wat weggedraai het vir net 'n minuut. Het jy dit geweet? Die Bybel sê so. Eva het weggedraai net 'n oomblik, om te hoor wat Satan wou sê, en hy het 'n prentjie geteken so mooi vir haar, totdat sy werklik gedink het dit was die Waarheid. En sy het na hom geluister.
En die enigste ding wat die duiwel wil hê jy moet doen, is om net weg te draai vir 'n paar minute. Hy kan die prentjie skilder, sê, "Nou, kyk hier. Jy weet, broer, jy weet, suster, as hulle die regte soort mense was, hulle sou dit nie doen nie. As hulle net dit hier wou doen, jy weet." Hy kan dit so werklik maak aan jou totdat dit 'n regte waarheid word. Reg! Maar onthou, dit is die Duiwel!
Ek gee nie om hoe laag gedaal hulle is, hoe ver hulle gedaal het in sonde nie, dis jou besigheid om 'n arm om hulle te sit en hulle op te lig deur die liefde van God. Waar was jy toe die duif van God jou opgelig het uit die modderige klei? Dis jou besigheid, my vriend. Hierdie wêreld sterf vir 'n klein bietjie liefde. Die...
Ek wil hê julle moet oplet na hierdie dier, ook, hierdie klein diertjie, dit was 'n stil lam omdat dit het nie...toe Hy uitgeskel was, Hy het nie weer uitgeskel nie. Hy het nie geskel en tekere gegaan nie, en lawaai en gekook en aangegaan nie, Hy het dit nie gedoen nie. Toe iemand...Toe Hy uitgeskel was, Hy het nie uitgeskel nie. Hy het nie sy mond geopen nie.
Maar jy laat iemand iets doen aan jou of my, o, goeiste, ons blaas op soos 'n brulpadda wat bokhael eet, blaas op soos 'n -- soos 'n ou gans. "Ek sal jou nou sê, hy sal weer so op my tone trap, ek sal nooit teruggaan na daardie ou kerk nie. Nee, meneer! Loof God! Halleluja! Die Nasareners sal my ontvang, die Pelgrim Heiliges, hulle sal my neem. Halleluja. Ek hoef dit nie meer te doen nie." Alles reg, die Duif neem Sy vlug.
"Jy weet wat? As daardie ou skynheilige na daardie kerk gaan, ek sal nooit weer gaan nie. Loof God, ek sal dit nooit doen nie!" Wanneer daardie ding jou tref, daardie ou grommende wolf, die Duif neem Haar vlug. Reg. Dan is die Heilige Gees weg.
Dan wonder jy wat is verkeerd met jou. Jy wonder wat is verkeerd met die kerk. Jy wonder wat is verkeerd met jou. Hoekom het jy nie meer die oorwinning soos jy gehad het nie? Jy het jou natuur verander. Jy het 'n bok in plaas van 'n lam geword. Jy het iets anders geword as 'n lam.
Jy moet daardie regte saggeaarde gees kry, "Laat die Heilige Gees my lei waar ook al. God, ek het elke sondaar lief, maak nie saak waar hulle is nie." Daardie soort plek kom in 'n menslike hart, dan gaan julle iets sien gebeur, jou siel.
Jy sê, "Wel, Broer Branham, is daar enige oplossing daarvoor?" Ja, word net 'n lam, dis al. Jy sê, "Wel, Broer Branham!"
Ek het 'n jong dame ontmoet die ander aand, onder in Shreveport. Billy en ek het uitgegaan na 'n plek om 'n toebroodjie te kry nadat die diens oor was. 'n Pragtige jong vrou kom daar in, waarskynlik 'n jong meisie, of miskien twintig of so iets, mooi aangetrek. Sy het gaan sit. Ek het opgelet sy het aanhou kyk na die oorkant. Ek het net aanhou eet. 'n Paar minute het die dame ingekom. Sy het gesê, "Aangename kennis?" Gepraat met haar. En ek het geweet die dame was Suster Davis daar onder. En sy en 'n ander dame van Lewe Tabernakel, ek het hulle goed geken, sy het oorgekom en met my gepraat, aangegaan. Toe het die dame wat oorkant gesit het, sy het gesê, "Broer Branham, dit was 'n mooi boodskap vannaand."
Ek het gesê, "Aangenaame kennis, suster?" Ek het gesê, "Baie dankie." En ek het gesê, "Is u 'n lid van die Lewe Tabernakel?"
Sy het gesê, "Ek is." Sy het gesê, "Jy weet, Broer Branham, ek kon in die koor gesing het, maar hulle het 'n beperking gemaak daar onder." Sy het gesê, "Ek het, o, so baie jare van vokale opleiding gehad en alles." Gesê, "Ek het solos gesing en ek het sekere dinge gesing." Gesê, "Maar, ek -- ek kan nie sing nie, omdat hulle het -- hulle het 'n beperking dat `geen vrou wat verf dra kan sing -- sing in die koor nie.'"
Ek het gesê, "Wel, loof God vir Lewe Tabernakel!"
Sy het gesê, "Wel, ek sê jou, Broer Branham," sy het gesê, "Ek is 'n Christen."
Ek het gesê, "Dan, suster, gaan huis toe en was jou gesig met wat ook al jy doen." Ek het gesê, "Bedoel jy om my te vertel dat so 'n klein ding soos dra van 'n bietjie van daardie ou goed op jou gesig..."
En ek kan jou bewys dat dit kom van die Duiwel. Ek kan jou bewys dat dit niks in die...Die oorsprong daarvan was heidens. So lank as wat jy dit dra, dis die merk van 'n heiden. Nou, ek kom nou net terug van Afrika, en ek was in die Hottentot oerwoude en net presies uitgevind waar oorbelle, waar al daardie goed vandaan kom, en alles dit, 'n klomp juwele gedraai om jou nekke en ore en alles, waar dit vandaan kom. Dit is heidens. En die Bybel wil nie hê 'n Christen moet 'n heiden wees nie. En julle wil nie hê...Ek sê nie jy is 'n heiden omdat jy dit doen nie, maar jy laat jouself soos een lyk. Dit is omdat jou pastoor jou nie die waarheid vertel het nie. Die Bybel sê so.
En nou sê jy, "Broer Branham, ek dink as ek kort hare het, dit maak my koel en alles so." Dis reg, maar as jy lang hare het sou jy koeler wees. Dit sal dit alles van jou nek afneem, en dit opdraai en dit reg maak.
Tog, jy weet wat die Bybel gesê het? Dat, 'n man 'n reg het om sy vrou opsy te sit en 'n egskeiding te kry van haar as sy haar hare sny. As sy haar hare sny, dit wys sy lewe ontrou aan hom. Die Bybel het so gesê. 1 Korinthiërs 12, vind uit of Dit reg is of nie. Sy wat...'n Vrou wat haar hare sny onteer haar hoof, wat haar man is. En as sy oneerbaar is, sy moet van geskei word en van haar weggegaan word. Dis reg. Maar, sien, die pastoor vertel julle nooit daardie dinge nie. En dis die rede waarom julle doen soos julle doen. En -- en die man, die Bybel het gesê...
Hier nie lank gelede was iemand wat geskryf en gesê het, "Broer Branham, die -- hierdie bloese wat vroue kry," gesê, "tog, dis so...jy kan nog skaars bloese vind, en of dit reg sal wees vir Christen vroue om daardie dakrons, nylons te dra, of wat dit ook al is?"
Ek het gesê, "Kyk, suster, daar is een ding daaromtrent. Hier is een ware ding. Jy kan dit doen: as jy nie een kan koop nie, hulle verkoop naaimasjiene, jy kan een maak." Ek het gesê, "Dis reg, om dit te laat lyk net..." Ek glo, jy weet, wat in jou hart is, is wat uitdrukking sal gee." Die manier wat jy doen en die manier wat jy optree, dit wys wat in jou is.
Dis die rede waarom al hierdie gegrom en lawaai, opskop en skinderpraatjies, en -- en skinder en aangaan om die kerk, dis wat die kerk opbreek. Dit wys dat die Duiwel in julle gekom het, en dit wys dat die Heilige Gees julle verlaat het. Nou, ek weet dit brand die teer uit 'n paar van julle, maar dit behoort dit te doen. Dit behoort! Dis waarvoor dit gesê word; nie om slim te wees nie, nie om oulik op te tree nie; maar om jou te vertel waar die moeilikheid is, want eendag sal ek moet staan en die antwoord gee vir jou. En die einste rede waarom jy dit doen en die manier wat jy optree, dit wys wat jy is. As jy net 'n ou humeur het wat oploop sal gaan in 'n oomblik, en hier uitgaan en aangaan, of kritiseer, of vulgariteit en goed soos daardie, dit wys waar dit vandaan kom.
Nou daar is net een ding om te doen, kry daardie ding daar uit, en die Duif sal terugkom na jou hart. Toe die duif uit die ark gegaan het, sy was uitgestuur. Maar sy het teruggekom en geklop aan die donker deur totdat Noag haar ingelaat het. Die Heilige Gees is hier. Die Heilige Gees wil inkom. Dis die rede vandag, dat die Heilige Gees, Hy het nie weggegaan van jou vir altyd nie. Dit sit net daar buite op die takke van die bome iewers, gereed om Self terug te vlieg en binne-in jou te kom, en jou liefde en vrede en vreugde te gee net soos jy dit altyd gehad het. Sekerlik, Dit is. Hy is gereed om dit te doen. Hy wil dit doen. Hy verlang om dit te doen. Maar julle laat Hom dit nie doen nie.
Nou, ek praat nie met julle vreemdelinge nie. Ek weet nie wat julle pastoor...Ek praat met die Branham Tabernakel. Ek praat nie met julle mense van ander kerke nie. Ek praat met die Branham Tabernakel. Dis wat die moeilikheid hier rond is.
Dis wat die Duif sy vlug laat neem. Laat net iemand 'n klein iets begin rondom die kerk, en die eerste ding, "O, is dit so?" O, het? Jy reken so?" Net dan gaan die Heilige Gees, weg vlieg. Dit kan net nie daardie gees verduur nie. So lank as wat daardie natuur van 'n lam jou verlaat, dan is die Heilige Gees weg. Dis reg. En dit is wat die probleem vandag is. Dis die rede waarom die mense in die toestand is wat hulle is, is omdat hulle die verkeerde gees in hulle harte laat inkom, in hulle lewe. Nou dis die rede ons het.
Die Bybel het gesê dis die rede waarom daar so baie siek en beproefdes onder ons is, is omrede van sulke dinge. Ons moet sagmoedig wees. Ons moet vredeliewend wees. Ons moet 'n lam wees, sodat die Duif kan woon by ons.
Nou, outhou, die Duif sal kom. Julle het gesê, "O, Broer Branham, moenie my vertel dat ek nooit die Heilige Gees ontvang het nie. Halleluja! Onder, die aand daar een aand, o, toe Hy ingekom het. Ek kon net wandel..." O sekerlik, dit was Hy! "O, ek het so goed gevoel, ek het gevoel ek kon net elke klein voëltjie uit die boom neem en dit omhels en dit lief hê. My boosaardigste persoon wat ooit enigiets aan my gedoen het, ek het gevoel ek kon my arm om hulle sit en hulle omhels. O, Broer Branham, hoe ek gevoel het!" Sekerlik, dit was die Heilige Gees.
Maar, jy sien, die rede hoekom Hy nie kon vertoef nie. Jy was 'n lam toe; maar toe jy 'n wolf geword het, Hy moes Sy vlug neem. Niks verkeerd met die -- met die -- met die Duif; dis jy, en die...jy daardie gees op jou laat kom. "Het ek, Broer Branham?" Ja, toe jy gaan luister het na daardie skinderpraatjies, toe jy geluister het na daardie leuen, toe jy gaan sê het, "Wel, ek het 'n reg daartoe!"
Jy het geen reg nie! Jy is gekoop met 'n prys, dit was die prys van die kosbare bloed van die Seun van God. Jy het geen geregtelike reg nie. Halleluja! Die enigste regte wat jy het, is, kom na die Fontein gevul met die Bloed getrek uit Emmanuel se Are, wanneer sondaars gedompel onder die vloed al hulle skuldige vlekke verloor. Ja, meneer. Dis die enigste regte wat jy het, is 'n oorgegeefde selfwil, aan God en dan doen God die leiding van daar af aan. Dis wat veroorsaak dat die byeenkoms...Dis wat so baie snaakse dinge veroorsaak. Die Heilige Gees wil na 'n plek gaan, die Heilige Gees het gesê, "Dis nie reg nie. Stop die byeenkoms, beweeg na oorkant." Ek sal dit stop, ook, broer, reguit aan beweeg. Dis reg, omdat jy moet gelei word deur die Gees van God. En die enigste manier om gelei te word deur die Gees van God, is om sagmoedig te bly, nie om 'n hele klomp te weet nie.
O, jy dink, "Ek weet 'n hele klomp." Ja, jy laat jou brein opgewerk word en dit kan nie eers self werk nie. Jy ken al die boeke en al die antwoorde, en al die Grieks en al die Hebreeus, en het geen plek vir die Duif om te slaap nie. Dis reg. Maar jy ken dit alles, dan kan die Duif nie lei nie, want jy weet te veel.
Die lam maak geen aanspraak om iets te weet nie. Dit moet iemand anders hê om dit te lei. Glorie! Presies. Weet niks nie! Amen. Die enigste ding wat ek weet, is, Christus Jesus het gesterf om my te red.
Onder deur Kalifornië het daar 'n kêrel aangekom, het 'n plakkaat op sy voorkant gehad, gesê, "Ek is 'n dwaas vir Christus," en op die agterkant gesê, "Wie se dwaas is jy?" Dis reg. Word 'n dwaas, vir die wêreld, sodat jy gelei mag word deur die Heilige Gees, want die seuns en dogters van God word gelei deur die Heilige Gees. Romeine 8:1, sê, "Daar is dan nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie, vir dié wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees," wandel nie agter die wolf aan nie, maar die Duif. Amen.
Doc het altyd 'n lied gesing,
"Wat is die vraag, Broer Branham?"
Kom terug na 'n lam, kom terug om sagmoedig te wees, kom terug om niks te weet nie, kom terug om jouself te onderwerp aan Christus. Moenie probeer, moenie probeer om iets te weet nie. Wandel net saggeaard, stil, nederig, sagmoedig, en die Duif sal jou lei. Maar wanneer jy ook al sien...gaan luister na daardie skinderpraatjies, wanneer ook al jy gaan om daardie humeur te kry, wanneer ook al jy gaan om te dink jy het 'n reg om dit of dat te doen, die Duif neem Haar vlug en gaan verder weg. Dan het jy dit nie meer nie. Nou, sy is nie baie ver van jou vanmôre nie, kerk. Sy sit reg daar buite op 'n tak van vrede, wagtende vir jou natuur om te verander. Amen.
Wat jy nodig het vandag is om jou regte oor te gee, is om God jou neer te laat lê en al jou regte van jou af te skeer. Amen. Kan jy jou voorstel 'n klein ou lammetjie, al -- al die wol wat oor hom hang? Dis sy regte, ja. [Broer Branham boots 'n hygende lam na -- Red.] gloeiende, en dan net lê op die skeertafel. Hulle weet wat die beste vir hom is. Neem al sy regte weg van hom en skeer dit af, hoe koel en lig hardloop hy. My, my, hy is gelukkig, hy spring rond en hy het 'n lekker tyd. Ja, meneer. As jy jou regte opgee, dis wat jy kry. Maar jy moet jou regte opgee en die Woord van God al die wêreld van jou laat afskeer, neem al die gewoontes van die wêreld weg, en jy word 'n nuwe skepsel in Christus.
Hier 'n tyd gelede, oorkant in Afrika, ek het gepraat met -- met 'n ou heilige. Hy het gesê, "Broer Branham, ek weet jy glo in die bonatuurlike."
Ek het gesê, "Sekerlik, my broer."
Hy het gesê, "Jare gelede het ek gedink ek is iemand." Gesê, "Ek het gedink ek was regtig 'n Christen." En hy het gesê, "Toe bo in ons kerk...Ek moes 'n heuwel klim, waar ek my klein motortjie gestop het." En gesê, "Ek moes 'n heuwel klim omtrent, o, drie of vierhonderd tree, en rondom bosse en dinge gaan, komende op." En gesê, "Ons het biduur gehad daar bo." En gesê, "Ek het gedink ek was regtig 'n Christen." Hy het gesê, "Ek het die Bybel geken. Ek het die Hebreeus bestudeer. Ek het al die regte uitsprake van die Woord bestudeer." En gesê, "Enigiemand wat my konfronteer, opstap na my, ek kon" [Broer Branham klap sy vingers -- Red.] "met hulle praat soos dié oor die Bybel. Ek het geweet waarvan ek gepraat het." Hy het gesê, "Een aand was ek besig om kerk toe te gaan. Daar was baie konflik in ons kerk." Gesê, "Daar was klein groepe een teen die ander. Jy weet hoe hulle onstaan."
Gesê, "Ja, meneer."
Hy het gesê, "Oppad teen die heuwel op, ek het geloop, en meteens het ek gewaar dat iemand my volg." En hy het gesê, "Ek het gedink ek sal net 'n klein bietjie wag vir wie ook al dit was, om my in te haal, en ek kon met hulle praat 'n klein bietjie, terwyl ons teen die pad opstap." Julle weet, dis soort van 'n goeie ding, om net 'n klein oomblik te wag. En gesê, "Soos ek teen die heuwel oploop," gesê, "ek het opgekom. 'n Man het teen die heuwel opgekom," en gesê, "Hy het 'n bondel op Sy rug gehad wat baie groter as die Man was." En gesê, "Hy het gehyg en geblaas, en net klein kort treetjies geloop, om te probeer opkom. En ek het gesê, `Kêrel, kan ek jou help om hierdie pak teen die heuwel op te dra?' Hy het gesê, `Nee, ek moet dit dra.'" Gesê, "Ek het na Sy hand gekyk," gesê, "toe het ek geweet dit was 'n visioen. Hy het littekens aan Sy hande gehad." Gesê, "Ek het neergeval, en gesê, `Here, dra U die sondes van die wêreld in die sak?' Hy het gesê, `Nee, Ek dra net joune. Kry net vir jou teen die heuwel op, net sodat jy kan opkom.'"
Dit is hoe dit is. As ons net sal rondkyk, ons sal uitvind Hy dra ons s'n. Laat dit jou nie klein voel nie? Ons gruwelike, wrede hart, net omdat ons dit kan doen!
Hier 'n tyd terug het ek gejag. Soos julle weet, ek is lief vir jag. En daar was 'n slegte kêrel in die land, hy was 'n slegte kêrel. En hy het gewoonlik met my gespot omdat ek nie die ooie en lammers wou skiet nie. Ek het gesê, "Dis brutaal." Ek het gesê, "Hoekom is jy nie 'n regte skoon jagter, wat die ou ramme en dinge skiet wat oud en gereed is om dood te gaan nie, God het hulle vir ons gegee, en laat daardie jong moeders en dinge staan."
Hy het gesê, "Ag, jou lafhartige prediker!" Aangehou om my so te noem.
Ek het gesê, "Nou, kyk, as ek honger is en ek wou een van daardie lammers hê, ek glo God sou my dit laat kry. Maar net om dit te skiet om slim te lyk," wel, hy sou 'n wa volmaak. En hy het gegaan en vir hom 'n roep gemaak, sekere soort fluit, en hy kon daardie fluit blaas en dit het geklink presies soos 'n klein lammetjie wat roep. Eendag was ons saam in die bosse. Ek het hom beskaam, en gesê, "Ek sou my self skaam." Agt of tien lammers op eenkeer doodgemaak, as hy kon, ooie en alles, net om slim te lyk, sny miskien die agterkwart af en laat die res net daar lê. Ek het gesê, "Jy behoort nie."
"Ag," gesê, "julle predikers is te lafhartig!"
Eendag het hy agter in die bosse gestaan, hy het hierdie fluitjie geneem en geskreeu, en dit het geklink net soos 'n klein lam wat huil. Net toe hy dit doen, 'n pragtige ooi het haar kop uitgesteek, uitgestap gekom. Jy kon haar groot bruin oë sien kyk. Sy was verskrik. Sy het rondgekyk. Die jagter het afgesak, sy geweer opgetel om die ooi te skiet. En die ooi het die jagter gesien. Maar, julle weet wat, daardie skree van die lam, sy het nie die geweer opgelet nie. Sy het gesoek vir daardie baba, hy was in die moeilikheid. Julle weet, daardie vertoon van 'n regte moederskap en moederliefde, dat sy daardie geweer trotseer in die gesig, van dood, gekyk na daardie loop van die geweer. Julle weet wat, daardie vertoon was so groot, dit het hom geraak, hy het sy geweer neergegooi. Hy het teruggehardloop en my gegryp om die arm, en gesê, "Billy, bid vir my, ek het genoeg gehad van dit!" Toe hy daardie vertoon van moederlike heldemoed sien!
O, wanneer die wêreld die vertoon van die liefde van God sien, en die dapperheid in ons menslike hart, wat 'n verskil sal dit wees. Wanneer ons die Duif van God toelaat om in ons hart te kom en ons sag maak, ons saggeaard maak.
Daar in daardie ruigtebos daar agter, ek wat daar staan en bid vir daardie ou seun, ek het hom na die Here Jesus gelei. Van toe af aan, was hy 'n goeie, skoon jagter.
Sekerlik, hy het gedink hy het 'n reg gehad, hy sou doen wat hy wou doen. "Hulle is op my plek, hulle eet my lusern daar onder as hulle wil."
Ek het gesê, "Dis reg, maar dis onmenslik om dit te doen." Jy moet jou regte versaak. O God, gee genade, dat ons sal.
Hier 'n tyd gelede, in, o, omtrent 'n honderd jaar gelede, was daar 'n groot Christen wat gelewe het in die suidwestelike Verenigde State. Sy naam was Daniel Curry, 'n wonderlike man, 'n goddelike man, 'n heilige man, 'n regte Christen, 'n man wat almal so baie van gedink het, so 'n wonderlike persoon. En die storie gaan, dat hy doodgegaan het of in 'n beswyming gegaan het, en hy het gesê...soos hy opgegaan het na die Hemel, natuurlik, toe hy dood was. En toe hy gekom het by die Hemelpoort, die opsigter het na die deur gekom, en gesê, "Wie is jy?"
Hy het gesê, "Ek is die evangelis, Daniel Curry, ek het duisende siele gewen vir Christus. En ek...ek wil inkom vanmôre. My lewensreis het geëindig op aarde, ek het geen plek om na te gaan nie."
Dis die manier hoe dit na jou toe kom 'n sekere môre, sondaar. Dis die manier hoe dit na jou kom, afvallige. Dis die manier hoe dit na jou kom wat die Heilige Gees weggegrief het van hulle af, nie saggeaard en sag meer is nie. Jy het nie gehuil vir jare nie. Jy het nie gebloos, vir ek weet nie hoe lank nie, en alle skaamheid is weg van jou. Sekerlik. Maar dit gaan na jou deur kom een van hierdie môres. En soos die sagmoedige Heilige Gees kom en klop, hoekom laat jy Hom nie net in nie?
So toe Daniel Curry daar kom by -- by -- by die hek, hulle het ingegaan, en gesê, "Ons sal sien of ons jou naam hier het." Hulle het oral rondgekyk, hulle kon nie enige naam vind nie. Gesê, "Nee, daar is geen Daniel Curry hier nie."
"O," hy het gesê, "sekerlik!" Gesê, "Ek is 'n evangelis." Hy het gesê, "Ek het siele gewen vir Christus." Gesê, "Ek het probeer om die ding te doen wat reg is."
Die opsigter het gesê, "Meneer, ek is jammer om jou te sê, maar daar is geen Daniel Curry hier nie." Gesê, "Ek sê jou wat jy mag doen." Gesê, "Ons het geen regte hier om jou saak te neem nie." Hy het gesê, "Maar wil jy jou saak appelleer? Jy kan dit appelleer by die Wit Troon oordeel, as jy wil." Maar gesê, "Ons het geen genade hier vir jou nie, glad nie, omdat ons jou nie hier het nie. Daar is geen genade vir jou nie." Gesê, "Wil jy jou saak appelleer?"
Hy het gesê, "Meneer, wat meer kan ek doen maar om my saak te appelleer?"
Hy het gesê, "Wel, dan, jy kan gaan na die Wit Troon Oordeel en jou saak daar appelleer."
Daniel Curry het gesê hy het homself gevoel gaan deur die ruimte vir omtrent 'n uur. Gesê hy het gekom in 'n plek, dit het ligter, ligter, ligter, ligter geword. Gesê, hoe verder hy gaan, hoe ligter het dit geword. Dit was honderd keer, duisend keer meer helder as die son ooit skyn. En gesê hy het gebeef, gebeef. En gesê, toe hy in daardie Lig kom, het hy gehoor 'n Stem sê, "Was jy perfek op aarde?" Gekom net uit 'n -- 'n Lig.
Hy het gesê, "Nee, ek was nie perfek nie," begin beef.
Gesê, "Het jy altyd eerlik opgetree met almal?"
Gesê, "Nee." (Gesê, "'n Paar dinge het in my gedagtes opgekom waar ek nie heeltemal presies eerlik was nie.") Gesê, "Nee, ek -- ek -- ek reken ek was nie eerlik nie."
Gesê, "Het jy die waarheid gepraat in elke geval, in jou lewe?"
Gesê, "Nee. Ek onthou sekere dinge wat ek vertel het, wat nie duister...wat duister was. Ek -- ek -- ek -- ek was nooit presies eerlik nie."
Gesê, "Dan, het jy ooit enigiets geneem wat nie aan jou behoort het nie, enigiets, geld, enigiets anders wat nie aan jou behoort het nie?"
Gesê hy het gedink op aarde was hy nogal goed, maar hy was veroordeel. Gesê, "Nee. Nee, ek het dinge geneem wat nie aan my behoort het nie."
Hy het gesê, "Dan was jy nie perfek nie."
Hy het gesê, "Nee, ek was nie perfek nie."
Gesê hy het gekyk enige minuut vir daardie ontploffing om te kom van die groot Lig van waar die Duif rus, "veroordeel!" Gesê, net toe het hy gehoor 'n Stem agter hom, wat soeter as enige moeder se stem was wat hy ooit gehoor het. Gesê hy het gedraai om te kyk. En die lieftalligste gesig wat hy ooit gesien het, liewer as 'n moeder se gesig, het voor hom gestaan. Toe gesê Hy het gesê, "Vader, Daniel Curry het vir My gestaan onder op die aarde. Dis waar, hy was nie perfek nie, maar hy het vir My gestaan. Hy het gestaan vir My op aarde, nou gaan Ek staan vir hom in die Hemel. Neem al sy sonde weg en sit hulle op my rekening."
Wie gaan vir jou staan daardie dag, broer, as jy Hom weg gegrief het van jou vandag? Ek kan net nie meer preek nie. Kom ons buig ons hoofde.
Dierbare God, dierbare sterwende Lam, saggeaard, nederig, beskeie. Die voëls het neste gehad en die jakkalse gate, maar U het nie 'n plek gehad nie, en, tog, die einste Here van Glorie! Toe U gebore is, het hulle nie enige klere gehad vir U nie. O God, wat beteken my klere vir my dan? Wat beteken my motors vir my? Wat beteken 'n mooi huis vir my? Wat beteken dit op daardie dag? U was vriendeloos; niemand wou U bevriend nie. Niemand wou blykbaar vir U 'n helpende hand gee nie. U het gesê daardie dag, U het gesê, "Ek was honger, julle wou My nie voed nie. Ek was nakend, julle wou My nie beklee nie." Wat beteken alles wat ons aan die gang het vir ons daardie dag, Here? Laat ons vir U staan, sodat wanneer daardie uur kom en ons stap in Sy Teenwoordigheid, die Almagtige, Alomteenwoordige, Alom-...O God, wanneer ons daardie Duif hoor, met Sy vlerke wat daar agter sit in daardie groot Lig, dit sal flits deur al die Ewigheid. Wanneer, U wandel in Lig!
"Wanneer ek daar by myself staan, my broer is weg, my pastoor is weg, my moeder is weg, my vader is weg, my vrou is weg, my kindertjies is weg, O God, wat gaan ek dan doen, Here? Wat gaan ek dan doen? En dit mag wees voor die son ondergaan vannaand. Maar wat gaan ek doen? Wat kan ek doen? O Christus, ek sal vir Jou staan nou. Ek sal my keuse maak vandag. Ek sal al my gepraat oor ander mense versaak. Ek sal my humeur versaak. Ek sal al my verskille versaak. Ek sal alles versaak. Skeer my af, Here, neem alles wat ek het. Neem net vir my, Here. Ek -- ek -- ek wil staan in U plek. Ek wil geskeer word. Ek wil al my selfsugtigheid, alle trots, alle afsydigheid, net alles van my af geneem hê. Dan wil ek vir U staan, as 'n geskeerde lam, gewillig om al die plesiere of wat hulle plesiere van die lewe noem op te gee, al die danse, al die partyjies, al die ou vulgêre klere, grimering, lipstiffie, vingernael politoer, al hierdie afsydigheid wat na die wêreld lyk. U het gesê, `Moenie eers optree soos die wêreld nie. Moenie eers assosieer met die wêreld nie. Kom uit onder hulle!' O God! Help my, Here. Skeer my vandag. Neem my soos 'n lam en laat my stom wees, moenie my mond open nie, niks sê daaromtrent nie, net staan en geskeer word."
O God, wat 'n verskil maak dit! Ek onthou toe U my eenmaal geskeer het, my vrou geneem, my baba, en my Pappa, en my broer, my net skoon geskeer. Tog, in my hart, ek het geweet ek het U lief. Hoe U my geseën het, hoe goed was U! Alles wat ek is, alles wat ek kan wees, alles wat ek ooit wil wees; dis U, God, dis U! Ek bely my verkeerde dinge, ek bely alles wat ek ooit gedoen of gedink het. Skeer my net af, Here. Ek wil U lam wees.
Nie net dit nie, Here, maar neem elke persoon hierbinne vanmôre, elke skaap, en die wat skape wil wees, skeer alles van hulle af, vanmôre, Here. Sit hulle klein voetjies rondom die blokke van die Evangelie. Mag die Heilige Gees hulle lei tot belydenis net nou, weet dat hulle afsydig teenoor God was. En mag Hy al daardie afsydigheid afskeer, al die wereld en al die dinge van die wereld. Skeer U dit af vanmôre, Here, dat ons kan staan koel en stil voor U, as wedergebore Christene. Skenk dit, Here.
Ek het U lief. Ek wil gaan, maak nie saak of die weer warm is nie, of ek daarna voel of nie, ek wil gaan. Ek wil staan vir U, want ek wil hê U moet my saak bepleit daardie dag, sê, "Wel, hy het gestaan vir My, nou sal Ek staan vir hom." O God, skenk dit vandag.
En terwyl elke hoof gebuig is, en elke hart gebuig. Ek wonder vanmôre of daar net iemand hier is wat besef dat jy probeer het om jou eie sin te hê, jy het hierdie dinge gedoen wat jy nie moes doen nie, en jy voel net vanmôre jy wil hê die Here moet dit van jou afskeer, en sê, "Maak my 'n regte lam," sal jy jou hand opsteek. God seën jou, dame. God seën jou, broer. God seën jou, broer. Iemand anders sê, "Skeer my, Here, ek staan. Ek is 'n skaap. Ek sal nie eens my mond oopmaak nie, ek wil net hê U moet al die wêreld van my wegsny." God seën jou, broer. God seën jou, dame. God seën jou, seuntjie. God seën jou, dame. En God seën jou, suster. "Skeer my, Here." Suster Gertie...[Die klavierspeelster -- Red.] En God seën jou, dame. En God seën jou, suster. "Skeer my nou, Here. Ek -- ek wil al die dinge van die wêreld...Ek wil staan vir U vanmôre. Ek wil staan as 'n geskeerde skaap. Ek wil al die dinge van die wêreld weggesny hê van my. Ek wil U s'n wees en U myne. Sal U my ontvang, Here, as ek my hand opsteek na U?" God seën jou, dame. God seën jou, meneer. God seën jou. God seën jou, meneer. God seën jou, meneer. God seën jou, dame. God seën jou, dame. Ek sien joune. God seën jou, my broer. God seën jou, klein dametjie. Dis goed. God seën jou daar agter, moeder. God seën jou, suster. Dis reg, wees net eerlik. "Ek wil hê God moet alles van my wegneem wat nie soos Hy is nie, enige selfsugtige motiewe wat ek het, enige afsydigheid wat ek het. Ek wil hê Hy moet my skeer al die pad, vanmôre. Ek wil soos Hy wees. Ek gee nie om of dit regte is of nie; ek het geen reg nie. Ek het net een reg, en dit is, kom na Hom. Hy neem die res."
As daar 'n sondaar hier is wat nog nooit Christus bely het nie, nooit gered is nie, en jy wil onthou word in hierdie gebed vanmôre, sal jy jou hand opsteek, sondaar vriend? God seën jou. Nog een steek jou hand op, sê, "Onthou my, Broer Branham. Ek is nie 'n Christen nie, en ek weet nie watter tyd ek God sal moet ontmoet nie. En ek -- ek wil onthou word nou in 'n woord van gebed, soos jy afsluit." Wel, sal jy jou hand opsteek vir my om vir jou te bid? Hy sien. God seën jou, klein dametjie. God seën jou, dame. God seën jou, meneer. Iemand anders, "Ek wil wees, ek wil die..."
Hoe baie hier wat teruggeval is? "O," jy sê, "Ek sal dit nie erken nie, Broer Branham." Maar, kyk, as die Duif van saggeaardheid weg is van jou, broer, daar is iets verkeerd. Daar is iets verkeerd wanneer julle mekaar nie kan verdra nie. Wanneer jy nie elke persoon vergewe vanuit die diepte van jou hart, maak nie saak wat hulle gedoen het of wat hulle gesê het nie, as jy hulle nie kan vergewe van die diepte, Jesus het gesê, "As jy elke man nie sy oortredinge vergewe nie, vanuit jou hart, jou Hemelse Vader sal jou ook nie vergewe nie."
En wat as, hierdie warm weer, wat as God jou vandag wil roep? Terwyl daar 'n Fontein oop is, 'n kerk gereed, die Heilige Gees sit hier op die gewelpunt van die gebou, gereed om direk af te kom en terug te kom in jou hart en jou sagmoedig en vredeliewend te maak. "Wat moet ek doen, Broer Branham?" Word net 'n Lam. Die Heilige Gees sal reguit afkom as jy 'n lam word. Maar as ek verkeerde motiewe, verkeerde -- verkeerde idee, wil jou eie sin hê, en nie gewillig om te versag nie, dan sal die Heilige Gees nooit kom nie.
Nou met ons hoofde gebuig, ek wonder of enige van julle wat julle hand opgesteek het...Nou, Jesus het gesê, "Hy wat My Woord hoor en in Hom glo wat My gestuur het, het die Ewige Lewe, sal nooit in die oordeel kom nie maar het oorgegaan van dood na Lewe," Johannes 5:24. Maar nou as jy wil kom na die altaar, kniel hier onder, kom ons bid saam dat die sagmoedige, vredeliewende gevoel wat jy eens besit het, of wat jy wil besit, weer op jou kom. Terwyl ons ons hoofde buig, terwyl ons sing, "Daar is 'n Fontein gevul met Bloed," wil ek hê julle moet kom, kniel en bid. Enigeen nou wat wil kom, kniel hier by die altaarreling en bid 'n wyle.
Met ons hoofde gebuig, soos ek hoop jy het in jou hart. Julle weet wie kom af in die gang vanmôre, behoort julle skaam te maak vir julself? 'n Gekleurde vrou, arme ding, opgeswelde enkels, grys hare, maak haar pad af na die altaar.
Hier 'n tyd gelede, 'n ou gekleurde man is gered, in die slawe tyd. Hy het gegaan, en hy was gered, en hy het sy baas vertel hy was vry. Hy het gesê, "Jy is wat?"
Gesê, "Ek is vry." Toe het hy hom vrygemaak.
Hier kom nog 'n groep mense af vir verlossing vanmôre. (Gesê hy was vry.) Almal in gebed, en bid hard as jy sal, terwyl die Heilige Gees werk met die mense wat besluite maak.
Hy het gesê, "Mose, het jy gesê jy was vry?"
Gesê, "Ja, meneer, baas. Ek is vry."
Gesê, "As jy vry is, dan gaan ek jou ook vrymaak. Gaan preek die Evangelie."
Toe hy gereed gemaak het om dood te gaan, baie van sy wit broers het ingekom om hom te sien, en toe hulle het, het hy gesê, gedink hy het in 'n koma gegaan. Toe hy wakker word, het hy gesê, "Ek het gedink ek was weg." (God seën jou, my broer, kniel heeltemal neer.) Gesê, "Ek het gedink ek was reeds weg."
Gesê, "Wat het jy gesien, Mose?"
Hy het gesê, "Toe ek deur die poort loop, het ek Hom gesien." Gesê, "Ek het gestaan, na Hom gekyk." En gesê, "Daar was 'n Engel wat opkom en sê, `Kom aan, Mose. Jy het die Evangelie gepreek vir baie jare, jy het 'n kleed en 'n kroon wat wag vir jou.'" Hy het gesê, "`Moenie met my praat oor 'n kleed en 'n kroon nie. Ek wil geen kleed en kroon hê nie. Ek wil net na Hom kyk.'" Ek dink dit is die gesindheid van enige Christen.
Hier 'n tyd gelede, ver weg uit Chicago, ek was in 'n koliseum, 'n museum, liewer, en ek het oral rondgekyk daar binne. Ek het 'n ou Neger gesien, 'n klein wit ringetjie hare rondom sy kop, daar rondbeweeg, met sy hoed in sy hand. Ek het na hom gekyk. Hy het gekyk oorkant in 'n klein plekkie, en hy het teruggespring, en trane het begin rol oor sy donker wang. Hy het begin bid. Ek het hom dopgehou vir 'n klein wyle. Hy het weer oorkant gekyk, weer begin huil. Ek het oorgestap en gesê, "Meneer."
Hy het gesê, "Ja, wit vriend?"
Ek het gesê, "Ek sien jy het...Wat het jou so opgewonde gemaak? Waaroor was jy so opgewonde?"
Hy het gesê, "Meneer, as jy my sy kon voel, ek het 'n lidteken rondom my sy." Gesê, "Ek was eenmaal 'n slaaf." Hy het gesê, "In hierdie klein glaskas hier, daar is 'n rok wat daar lê."
Ek het gesê, "Ek sien dit is 'n rok, maar wat is so snaaks daar omtrent?"
Hy het gesê, "Daardie kol daar," gesê, "dis die bloed van Abraham Lincoln." Gesê, "Daardie bloed het 'n slawegordel van my afgehaal." Hy het gesê, "Nou, witman, sal dit nie, soort van, vir jou opgewonde maak nie?"
Ek het my arms rondom sy nek gesit, ek het gesê, "God seën jou, broer. Ek weet 'n ander Bloed maak my opgewonde."
Hy het gesê, "Ek ken daardie Bloed, ook, meneer."
Ek het gesê, "Hy het die slawegordel van my afgeneem." Eenmaal ek het uitgegaan op Sondag en gehardloop en aangegaan, en vuil grappe vertel. En, O God, hoe het ek dit gedoen? Daar is nog steeds lidtekens in my hart waar ek dit gedoen het. Maar ek is bly Hy het die gordel van my afgeneem. Dis alles weg, Hy het in my plek gestaan.
Hier 'n tyd gelede, kyk na 'n vrou, en sy was so vulgêr ek wou haar veroordeel. En God het my 'n visioen gegee. Ek het vir haar gebid, toe, want ek het gesien my sonde was net so groot soos hare. En ek het oorgestap en gaan sit langs haar en haar beskaam, haar vertel ek was 'n predikant. Haar twee kêrels...Sy was omtrent vyf-en-sestig of sewentig, haar twee kêrels het neergekniel daar, en almal het hulle harte aan Christus gegee. O, tog, wat 'n verskil.
Sal jy nie? Het jy nie net soveel gesondig, vanmôre, het jy net jou hart so swart en smerig gemaak totdat selfs die Heilige Gees dit nie eens kan aanraak nie? Miskien het die Duif Sy Ewige Vlug geneem, Hy is weg vir altyd.
God seën jou, skat. 'n Klein meisietjie stap op. God seën jou, liefling. Jy sê, "Daardie klein meisietjie weet nie." O, ja, sy weet. Sy het net nie so baie tydskrifte en ou liefdesverhale soos julle gelees nie. Dis wat die probleem is, sy is teer. Jesus het gesê, "Laat die klein kinderjies na My toe kom."
Iemand anders wat wil kom, rondom aansluit vanmôre? Die altaar is oop. Net nog 'n oomblik, dan terwyl ons nog een keer sing, dan gaan ons gebed offer terwyl hierdie berouvolle sondaars bid.
Wil jy nie nou kom nie? Wil julle nie opkom, julle wat beter weet nie? Die Bybel het gesê, "As jy weet om goed te doen, en dit nie doen nie, vir jou is dit meer sonde." Wil julle nie kom nie? Julle weet julle is verkeerd. Maak julle pad op en kniel rondom die altaar, en vertel God julle is jammer vir die manier wat julle Hom behandel het. Laat die Heilige Gees terugkom en julle saggeaard en sagmoedig en stil, weer maak. Sal julle nie? Onthou, as jy sterf, en Hy is weg van jou, daar is niemand om jou saak te bepleit nie. Hy wil hê jy moet staan vir Hom vanmôre. God seën jou, my broer.
Wagtend. Is dit, dit, net vyftien in die kerk wat regtig voel dat julle veroordeel is? Julle het 'n vredeliewende, saggeaarde, sagmoedige, stil lewe gelei? Nou, dit is gerig deur die Heilige Gees. Julle is vergewend, het geen vyande nie? Lewe verby, bo hierdie veroordeling, sondaars? Jy lewe nie soos heidene nie, julle lewe anders? Julle lewens volg 'n ander patroon? Daardie sagmoedige Heilige Gees sit op die troon van julle harte, laat julle vredeliewend en stil en liefdevol lewe, onder alle mense lewe? Jou bure en almal weet, en al jou kennisse weet, dat jy 'n sagmoedige, stil, saggeaarde, nederige Christen is? Die Duif van God is met jou? Julle is seker? Dit mag julle laaste geleentheid wees. Goed.
Dan julle hier by die altaar, God seën julle. Julle hoef nie nou geoordeel te word nie. Die Heilige Gees het oordeel na julle gebring. En julle het nie probeer om julle regte te hou, en sê, "O, ek is 'n Christen lank genoeg. Ek hoef nie te gaan nie." Sommige van julle, julle eerste keer ooit by die altaar. "Ek kan 'n sondaar bly as ek wil, dis my reg." Ja, dis reg. Jy is 'n vry morele agent, jy kan optree enige manier wat jy wil. Maar jy het jou regte vanmôre versaak. Gesê, "Wat sal hulle sê, ek bely Christelikheid en dan gaan ek op na die altaar, wat sal hulle sê?" Maar wat sê God? Hy sê vir jou om te kom, en jy het dit gedoen. Nou het jy jou regte versaak, jy het gekom om daardie sagmoedige Heilige Gees te kry om Sy plek in jou hart vandag te neem. Ek weet Hy sal dit doen. Ek weet Hy sal. Hy het beloof Hy sal. Daar, dit kan dit net nie help nie, kan net nie help om te kom nie. Hy smeek, huil, het gesterf, en alles anders, vir 'n plek om na te kom, om te wil kom na jou.
En in jou ure van dood, wanneer die doodsengel sit op die voet van die bed, in plaas van om te kyk daarna, 'n verskriklike ding, en weet dat jy geweier het om te kom eenkeer, en toe het jou siel swart en smerig geword, geen meer tyd nie, maak nie saak hoe hard jy huil nie. Esau het sy sonde van genade weg gesondig...sy dag van genade, liewer, en het nie 'n kans gekry nie. Hy het bitterlik gehuil, probeer om 'n plek te vind om reg te maak, maar hy kon dit nie doen nie. God het hom geroep die laaste keer.
Maar jy het al jou regte versaak en al jou vriende, en al jou gevoelens en alles, vanmôre, om hiernatoe te kom. Jy het jou regte versaak, neergekniel hier en met God gepraat. Ek sê jou deur die Woord van die Here, dat Christus gesê het, "Hy wat na My toe kom, Ek sal hom op geen manier verwerp nie." Nou terwyl julle daar by die altaar is, bely, vertel Hom dat julle jammer is vir wat julle gedoen het.
Dis wat makeer, mense ontvang nie die Heilige Gees wanneer hulle gedoop word nie, hulle bely nie behoorlik nie. God probeer hulle die Heilige Gees gee. Hy wil hê jy moet saggeaard en sagmoedig, stil wees. Dis die rede hoekom jy opstaan met daardieselfde selfsugtigheid in jou hart. O, jy mag opstaan, skreeuend, pratende in tale, of enige, dit sal jou nie maak die Heilige Gees hê nie. Jy moet daar opstaan 'n ander persoon. Jy moet opstaan vandaar, sagmoedig, stil en saggeaard, nederig, en God se Gees wat in jou woon. Volgende jaar, kyk af teen die pad en sien hoe ver jy gekom het, sien jy vorder al die tyd. Dis die Heilige Gees. Die Heilige Gees is liefde, vreugde, vrede, lankmoedigheid, saggeaardheid, sagmoedigheid, geduld, geloof. Nou, bely net en vertel God jy wil dit nou hê, Hy sal dit doen.
Klein meisie, jy daar, skat, jy doen dieselfde ding. Seën jou. Jou moeder wat daar staan met haar hande op jou.
Hierdie dierbare ou gekleurde suster hier, buigende by die altaar. Jy moes miskien mieliebrood en mieliegruis geëet het, moes miskien in 'n steeg geleef het, vir al wat ek weet, suster. God seën u hart, daar is 'n paleis voorberei vir jou in Glorie vanmôre. Reg.
Kyk langs die altaar af en sien 'n dame, word grys, 'n jong vrou met haar hoof gebuig, 'n vrou met totale wit hare. O God! Sien manne kniel, verskillendes hier langsaan. Bely net, vertel Hom julle is jammer. Vertel Hom julle wil dit nie meer doen nie. Deur Sy Genade, julle sal net al julle verskille beëindig, van vandag af. Julle wil sagmoedig en stil wees. Julle wil nederig wees en gaan waar Hy julle lei.
Wanneer mense iets sê, maak nie saak hoe reg dit lyk nie, julle gaan julle regte versaak om oor julle bure te praat. Julle gaan praat, julle gaan oor Jesus praat. Julle gaan net die ding doen wat reg is. Julle gaan nie uit soos 'n moordenaar nie. Julle gaan nie uit om te spring op die onskuldige nie. Maar julle sien daardie dapper optrede van heldemoed van regte Christene, en julle wil soos hulle wees. Jy hoef nie enigiemand te vertel julle is 'n Christen nie, as julle een is nie, hulle sal dit net sien en dit weet as julle praat. Julle is verseël binne en buite.
Nou, soos julle julle harte verneder, bely nou. Vertel God julle is "jammer," julle "sal dit nie meer doen nie," julle is "skaam" vir julself, die manier wat julle optree. En dan gaan ek vir julle bid. En ek glo, net dan, sal vrede net oor julle harte afdaal, net vrede soos 'n rivier sal af kom vloei na jou siel. Jy mag miskien nie skreeu nie, jy mag miskien nie praat met tale nie, jy mag miskien nie op en af spring nie; maar jy sal weggaan van die altaar met Iets in jou. Iets in jou wat jou sal anker aan die ou ruwe kruis so lank as wat jy lewe. Nou bid, soos ek. Bely.
Ons Hemelse Vader. Onwaardige skepsels, hierdie warm, sweterige kamer vanmôre, die sweetkas; maar, God, U het dit uit ons uitgesweet. Die Heilige Gees het afgekom, die mense oortuig dat hulle verkeerd is. Hulle het gesondig. Hulle geeste was arrogant. Hulle het vyandig, nuuskierig, beter-weterig geword, nie gewillig om te bely nie, nie gewillig om mense te vergewe wat dinge teen hulle gedoen het nie. Hulle was nie gewillig nie, maar totdat die Heilige Gees die Woord van God geneem het, en Dit reg in hulle sagmoedige harte geplaas het, en gesê het, "Nou wil hulle terugkom waar hulle was toe hulle gekom het na die altaar die eerste keer, terug na waar almal, hulle almal lief het, en hulle My lief het met onsterflike liefde? Staan dan op en kom na die altaar." Hulle het dit gedoen, Here.
Nou, ek bid nou dat U hulle gedagtes sal heilig maak, Here, maak hulle harte heilig en maak hulle sagmoedig en vredeliewend. Mag hulle nou opstaan van hierdie altaar, nadat hulle bely het, hulle lewens oorhandig aan U, teruggaan na hulle huise. Maak nie saak wat ook al plaasvind nie, as man heel ontsteld raak, of vrou word ontsteld, of die buurman is ontsteld, of iemand waarmee jy werk of assosieer, "Ek sal net so sagmoedig soos 'n duif wees."
Hoe ook al, U wraak behoort aan U, "Ek sal vergeld, sê die Here." Hoe ons dit nie gevind het om so te wees nie, Here. Staan net stil, wees sagmoedig, sien God neem...kom direk af na Sy lam. Seker, sekerlik. Hierdie goeie Herder het Sy Lewe gegee vir hulle. Hy kom direk af na Sy skape. En Hy sal hulle begelei. Wee die een wat hulle dwarsboom! Wee die een wat een woord teen hulle sê! Gesê, "Dit sou beter wees as 'n meulsteen om jou nek gehang word, en jy verdrink word in die dieptes van die see. Hulle Engele aanskou My Vader se gesig wat in die Hemel is." Sien? O God, ons wil..."En soos u doen aan hulle, doen ook aan My."
So, God, ek wil sagmoedig wees. Ek sit myself op die altaar, ook, vanmôre; nie vanmôre nie, maar elke môre en elke dag. Ek wil stil en sagmoedig wees, en soos Jesus wees. Skenk dit, Vader. Help ons om so te wees nou, laat daardie onpeilbare golwe van liefde oor ons siel rol.
Suster Gertie sê om die hele kerk te vertel sy is ook veroordeel, maar sy maak die klavier haar altaar. Aangesien die altaar, die klavier is haar altaar, gesê, "Sê die kerk moet vir my bid," en sy sit daar en trane loop af van onder haar bril. Hierdie preekstoel is my altaar. Ek het ook bely, my Bybel nat. O God!
God, as ek gesondig het teen enigiemand, teen U, neem dit weg, Here. Neem die sonde weg van my klein kerk vanmôre.
Hoeveel kan voel dat God jou vergewe het, en die Duif van Vrede sit weer op jou hart? Sy het teruggevlieg nou net, Haar plek ingeneem. Die Heilige Gees het terugbeweeg en gesê, "Kind van my, Ek wou jou lief hê al die tyd. Jy wou My dit net nie laat doen nie. Ek kan nie saamwoon met jou ou selfsugtige gees nie. Maar nou dat jy oorgegee het, Ek het teruggekom in jou hart vanmôre." Hoeveel voel so, steek jou hand op? Steek jou hand op, dis reg, al langs die altaar. O, dis goed. Hoeveel in die gehoor voel so? Steek jou hand op. O! [Broer Branham sê aan die pianiste, "Te wees soos Jesus" -- Red.]
Ons Hemelse Vader, ons dank U vir hierdie tyd van sagte verootmoediging, soos om 'n appel in die hand te neem, fyn te druk, dit te kneus, totdat dit sag word, so sag dat 'n klein baba kan sit en dit eet. Dis soos ons ons harte wil hê, Here. Neem dit in U deurboorde hand, kneus dit, sê, "Kind, sien jy nie jy maak My seer nie? Jy het My seergemaak toe jy so uitgevaar het soos dit. Jy het My seergemaak, o, My hart het net gebloei vir jou, kind, toe Ek gesien het jy doen sulke en sulke dinge. Maar nou dat Ek jou hart in My hand het, wil Ek dit regtig saggeaard maak. Ek wil dit so maak dat Ek dit kan gebruik en daarin lewe. Ek wil terugvlieg op die slaapplek vanmôre. Ek wil terugvlieg en woon, My woonplek by jou maak." Skenk dit, God. Ons het U lief. Skenk dit, vir U glorie. Ons vra dit in Jesus Naam.
Sal jy jou hand opsteek terwyl ons dit sing?
Ek weet dit is warm, vriende. Ek weet dit is. Maar ek -- ek hoop julle voel net soos ek. O, ek voel net asof ek kan wegvlieg. Hoe liefdevol is Hy! Wat kan ek doen? Waar sal ek gaan? O God! Waar gaan ek? Waarheen is ek oppad? Waarheen gaan dit -- gaan dit wees? Waar gaan ek wees 'n honderd jaar van nou? Wat as ek Hom nie gehad het nie? Waar, waar is enige ander toevlug?
Almal saam nou.
Terwyl julle, julle hoofde buig, ek gaan julle iets vra. Iemand hier binne het die Heilige Gees mishaag. Iemand is geroep. Ek praat in die Naam van die Here Jesus, as Sy profeet. Ek kan Sy hart gewond voel. Daar buite, iemand was ongehoorsaam aan Hom, moes uitgekom het. Wil jy nie nou kom nie?
Ek het geweet julle sal kom. God seën jou. God seën jou. God seên jou. Dis reg. Dis reg. Ek het uitgekyk oor hierdie gehoor, en die vreeslikste swart skaduwee het daar gehang wat ek ooit gesien het. Die Heilige Gees is nou hier. Dit is nou op my. "Die Heilige Gees bedroef."
Wat het Hy gedoen? Gegaan waar die Vader lei. God seën jou, broer. God seën jou, my broer. Dis reg, beweeg reg op en kniel neer.
Nou is die tyd vir die outydse belydenis, reguit maak, reg maak. Kom aan. Voel nog daar is meer daar binne. God seën jou, dame. God seën jou, dame. God seën jou. God seën jou. God seën jou. Dis reg. Die Heilige Gees is altyd reg. Kom aan. Dis reg, beweeg reg uit.
Wil julle nie nou aanhou kom nie. "Te..." Dis reg, breek net reg weg, kom aan op. "Te wees soos..."
Wat gaan jy doen? Wie gaan vir jou staan, miskien vannaand? Wie gaan vir jou staan wanneer die dood opkom teen jou mou? Maak nie saak wat jy gedoen het nie, die Heilige Gees sit reg daar naby jou. Dis Hy wat wil hê jy moet kom.
Bely net, sê, "God, ek is jammer. Ek -- ek sal dit nie wil doen nie. U sal nie vir my staan as ek nie vir U staan nou nie. En ek wil hê U moet vir my staan, en ek staan vir U van vandag af. Ek gaan lewe soos 'n Christen behoort te. Ek gaan my maniere verander. Ek gaan sagmoedig en stil wees. Ek gaan almal hulle eie praatwerk laat doen, alles. Ek gaan net saggeaard lewe en stil voor U." Maak nie saak hoe lank jy bely om 'n Christen te wees nie, watter kerk jy aan behoort nie, dit het niks daarmee te doen nie. Kom reg aan. God seën jou. Beweeg reg uit, kind.
God praat nou met jou. As jy glo ek is Sy dienaar, die Heilige Gees praat met my vanmôre, gesê, "Maak hierdie oproep, daar is baie daar onder." Dit is die dag, dit is die tyd. Daar is omtrent vyf of ses meer daar agter, wat regtig nou moet kom. Onthou, broer, suster, ek kyk nou direk na jou, ek sien daardie donker skaduwee hang oor jou. Beter dadelik aankom.
Te wees soos Jesus! Wil julle nie wees soos Hy nie, sagmoedig, stil, saggeaard, nederig? God seën jou, jong man. God seën jou, vader met die baba. God seën jou, suster. God seën jou, sondaar vriend. Dis reg. Beweeg reg op, sus, kom reg aan uit, vind net vir jouself 'n plek. God seën jou.
Dierbare suster, jy het baie om voor dankbaar te wees. Lê gebonde in 'n bed, sterwende, hier loop jy af na die altaar. God seën jou sagte hart.
Die Heilige Gees praat weer nou. Belydenis, roep net reguit na God, bid net julle eie gebed. Jy is die een wat die sonde gedoen het, nou is jy die een wat die gebed doen. Vertel God julle is jammer vir wat julle gedoen het. Neem geen notisie van wie rondom jou is nie. Sê net, "God, vergewe my, ek het nie bedoel om so te wees nie. Ek wil sagmoedig wees. Ek sal -- ek sal nooit weer omgekrap en moeilik word nie."
O God, o, hoe lief is ek daarvoor! Hemelse Vader, vir elke berouvolle een onder by die altaar nou, knielende op hulle knieë, biddend! O God, mag moeders, vaders, kinders, vaders, moeders, wat ook al, bure, kerklede, diakens, trustees, O God, by hierdie outydse vormingstyd, sittende in hierdie warm kamer vanmôre, die Heilige Gees wat reg afkom, vrede spreek. O God, ek wil staan daardie dag om U te hoor sê, sagmoedig, "Ja, jy het opgekom en vir My gestaan, nou sal Ek vir jou staan." Ek wil hê U moet daardie vrede in elke hart wat hier is vandag sit, God. Stilweg en sagmoedig, ek wil hê U moet dit doen. Ek wil hê U moet net inbeweeg met 'n gevoel wat hulle nooit sal verlaat nie, van hierdie dag verder aan. Mag huise nuut wees. Mag mense nuwe persone wees. Mag alles vandag nuut word, omdat hierdie mense hulself verneder het. U het gesê, "As die mense wat genoem word by My Naam hulself sal verneder, en bid, dan sal Ek hoor van die Hemel." En ek weet U het, vanmôre, God.
En ek bid vergifnis vir hulle wat in hulle sitplekke gebly het, wat moes kom. God, praat met hulle, en mag hulle geen vrede meer op aarde hê totdat hulle daardie besluit gemaak het nie, Here, om te kom en reg te maak met U. Skenk dit, Here. Seën elkeen nou. Mag U goedheid en U genade altyd bly op elke siel wat berouvol en gebuig is in hierdie kerk vanmôre.
Vader, God, ek het dit gedoen op U bevel. Ek het hierdie mense geroep; hulle het gestaan. U het gesê, "Hy wat My sal bely voor mense, hom sal Ek bely voor My Vader en die heilige Engele." Baie van hierdie was Christene vir baie jare, maar hulle staan vanmôre om hulle sondes te getuig dat hulle verkeerd gedoen het. Hulle het liefdeloos geword. Die Heilige Gees het weggegaan van hulle. En baie keer dat hulle nie kan voel die sagmoedige, soet, saggeaarde gevoel wat hulle behoort te voel nie. Baie van hulle is sondaars wat gekom het vir die eerste keer. Maar, Vader, hulle wil daardie wonderlike gevoel hê, die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Gee dit vir hulle vandag, Here God, en mag hulle altyd so lieflik en vol van U Gees wees, soos hulle vandag hierdie plek verlaat, om te gaan na hulle verskillende huise, om 'n ander lewe te leef en om ander mense te wees. Ons vra dit in Christus Naam.
"Plek by die Fontein." Goed, julle wat by die altaar is, staan op, kyk op na die Here God, draai om en skud hande met almal rondom jou. O, ons gaan sing, almal nou, terwyl ons staan net 'n oomblik voor die genesingsdiens.
'n Geloof! Jy weet die ander dag, broer, toe jou -- jou vrou gebel het, om voor gebid te word? Het reguit in die kamer gegaan, en die Heilige Gees het vir my gesê, "Moenie vrees nie." Amen. Is Hy nie 'n werklikheid nie? Wonderlik! Wel, prys die Here! Ek voel net om die oorwinning te skreeu! Goed.
(Het iets om te sê broer) Jesus red!
Goed, Broer Neville nou. En Broer Slaughter het 'n woord om te sê.
[Broer Slaughter praat -- Red...] Prys die Here! [Broer Neville sê, "Ek glo almal het ontvang vanmôre."..] Glorie! Halleluja! Halleluja! [Broer Neville praat, en dan sê hy, "Onthou die dienste vannaand, ons het 'n voetewas en nagmaal diens." Hy vra Broer Branham, "Weet jy of jy sal afkom?..] Ek sal waarskynlik hier wees vannaand, ook. Ja, sover as wat ek weet, ek sal hier wees behalwe as ek uitgeroep word iewers.
-------------------------------------------------------------
Hierdie boodskap deur Broer William Marrion Branham
getiteld Die Kerk en sy toestand
is gelewer op Sondag, 5de Augustus 1956
in die Branham Tabernacle
in Jeffersonville, Indiana, V.S.A.
Die kasset, nommer 56-0805,
is 1 uur 54 minute lang,
en bestaan uit 2 kasette.
Hierdie boodskap is ook beskikbaar in boek formaat (Kerk).
VOICE OF GOD RECORDINGS, INC.
Posbus 950, Jeffersonville, Indiana 47131 V.S.A.
Telefoon (812) 256-1177 Faks (812) 256-6187
| nathan.co.za Bybel | Preke | Boeke | Studies | Sending | Stories |