Menere, is hierdie die tyd?  

Baie dankie Broer Neville. Goeienaand, my dierbare vriende. So bly om weer terug te wees vanaand in die diens van die Here, ons God. Dis, dit is reg. O ja. Dis goed. Ek het julle so lank gehou vanmôre totdat ek voel asof ek vanaand baie vinnig behoort te maak. Goeiste, hoe verskriklik dit was...om te staan, en dit is net so sleg vanaand. So, dit sal nie lank wees voordat ons 'n bietjie ruimte vir julle sal hê nie -- net so gou as die kerk voltooi is.

Nee, maar ons beplan nie om vanaand te lank te bly nie. Maar môreaand, beoog ons om 'n rukkie te bly. Môreaand, as sommige van julle kan inkom môreaand...Ons verwag om 'n heerlike tyd in die Here te hê. Daar sal party eersteklas manne hier wees môreaand...Ons sal...almal van ons 'n tyd hê...Ons gaan nagmaal bedien teen middernag môreaand. En ek is seker julle sal graag wil hê...in wees daarby. Wanneer die res van hulle skreeu, uitroep, skiet, drink, ensovoorts, ons sal net eerbiedig voor God buig en die nagmaal neem en die jaar begin met ons belofte...ons harte aan God in toewyding aan Hom.

Daar sal party eersteklas sprekers hier wees môreaand, waarlik waar. Daar is party goeie...'n broer van Georgia is hierbo -- Broer Palmer, 'n wonderlike spreker. Broer Junior Jackson sal hier wees môreaand -- Broer Beeler, Broer Neville. O, goeiste, goeiste! Net aan en aan. Eersteklas manne van God wie hier sal wees. Broer Willard Collins, en al daardie broers wat aan ons sulke puik boodskappe gegee het; en miskien sal andere inloer, so ons sal 'n heerlike tyd môreaand verwag.

Nou my vrou het gesê, "Moenie dit sê nie," maar ek gaan dit sê in elk geval. Ek is jammer ek het gesê, "Empire" vanmôre, in plaas van "Umpire". Billy wat daaragter sit, sê, "Daar gaan hy."

Ek het gesê, "Die empire, hy moet 'n empire hê." Ek het bedoel "umpire". Ek is soos hulle gesê het omtrent die Duitser, julle weet -- "Moet my nie neem vir wat ek sê nie, maar vir wat ek bedoel." So, ek het gesê, "Ek dink hulle verstaan my na al hierdie jare."

Julle weet dit is omtrent...dit is dertig jaar wat ek agter hierdie preekstoel was, hier. Dertig jaar in hierdie tabernakel. Julle behoort my te ken teen hierdie tyd, behoort julle nie? O goeiste, my opvoeding is sowaar beperk. Ek kan nie praat nie, maar ek maak 'n eerlike geluid voor die Here.

Broer, ek glo dit was Dokter Lamsa, van die Lamsa Bybel, was, in die vertaling wat gesê het...Eenkeer het ek gepraat en ek het nie geweet hy was daar nie. Hy het teruggekom en gepraat oor die Urim Thummim -- en toe het hy gepraat van daardie Lig en gesê, "Wat is die probleem met daardie mense vandag?" En ek het gesê, "Die rede die mense, die vertalers, kon nie die Bybel reg vertaal nie, dat die vertaler probeer vertaal het in die hoog Yiddish, en Jesus het gepraat, gepraat in die gewone klas, net soos die straatmense gepraat het." En julle weet daar is Skrif oorkant in Lukas wat sê, "Die gewone mense het Hom graag gehoor." Hy het in hulle taal gepraat. Ek hoop dit is weer so.

Ons is bly vir die Here. Nou ek weet...ek sien daardie dames rondstaan...Dis sleg genoeg om manne te sien staan, wat nog daardie meisies, seuns, en dames, ensovoorts, wat staan rondom die mure -- en klein kinders. Maar ons het net nie genoegsame sitplek nie, so ons bid dat volgende keer wat ons byeenkomste het, na hierdie week; na hierdie tyd...Julle weet, die volgende ding voor, sover as ons weet, is daardie Sewe Seëls; en die Here wil, ons begin met hulle net dadelik so gou as die kerk klaar is -- gebou is sodat ons daar kan ingaan. Ons kom in vir 'n hertoewyding, en miskien enigiets van een tot twee, en miskien drie weke se aanhoudende diens, nou -- wat opkom vir die Sewe Seëls. So, ons verwag 'n wonderlike tyd in die Here gedurende daardie tyd. En ons wil...Al julle uitstedige mense, ons sal julle die kaartjies stuur en alles stuur en julle laat weet net presies die tyd, miskien 'n week of twee voor die tyd.

Die Kontrakteur, soos ek verstaan het wat Billy gesê het vanaand, sal klaar wees die tiende dag van Februarie. Wel, as hy klaar is die tiende, sal ons begin omtrent die vyftiende dan. So net so gou as hulle klaar is, sal ons direk daarmee begin.

Ou Suster Kidd, wat my 'n tydjie gelede gebel het, en sy was amper in trane. Sy het gesê, "Broer Branham, ons het so hard probeer om die ou motor te laat vat, maar dit wou nie vat nie." So sy het gesê, "Bid jy dat dit sal vat, en ek sal môre kom." En sy het gesê, "Wonder of ek plek sou kry om te bly?"

Ek het gesê, "Moenie bekommer nie, ons sal vir jou 'n kamer hê, Suster Kidd, so gou as wat jy hier kom."

Sy het gesê, "Seën jou hart." Sy het gesê, "Jy weet, as jy gaan dienste hê tot twaalfuur, ek wil nie uitkom teen twaalfuur nie."

Julle weet, sy en Broer Kidd is elk omtrent vyf-en-tagtig jaar oud, en hulle is steeds in die bediening. Weet julle wat hulle doen? Hulle neem 'n bandmasjien, en neem my boodskappe en gaan van hospitaal na hospitaal, van huis tot huis, en speel die bande. Nou, as dit nie, nie opgee is nie -- dit is om nie uit te tree nie. Dit is die geloof behou tot die einde, sterf met die Swaard in die hand. Dit is die manier om te gaan. Dis die manier wat ek wil doen.

En toe, en sy het gesê, "Jy weet, as ek uitgaan op die hoofweg teen twaalfuur," sy het gesê..."en na twaalfuur in die nag, probeer om huis toe te gaan, en al daardie dronk duiwels," het sy gesê, gesê, "wat hardloop op hulle pad, drinkende -- daardie duiwels wat rondhardloop, ek sal doodbang wees."

Broer Pat, sy is sekerlik...daardie klein ou dingetjie...Hoeveel ken Suster Kidd? Sy sit hier. Lyk net so 'n salige klein ou dingetjie.

En toe, dink net, jare voor ek gebore was (en ek is 'n ou man) sy was daarbo in daardie berge -- sy en Broer Kidd. Sy sou heeldag lank was op 'n wasbord om vyftien of twintig sent te kry vir haar wasgoed, om hom iewers uit te stuur daardie aand om te preek -- in daardie steenkoolmyne daarbo in Kentucky, waar iemand jou moes bewaak met 'n geweer om by die heuwel op te klim waar jy gegaan het om te preek. O goeiste! Dan dink ek,

en ek wil Sy ondersteuning deur Sy Woord hê. Dis wat ek wil hê vanaand.

Nou, ek neem aan die opneemers is nou aan. O ja -- ek is jammer. 'n Klein susterjie het 'n baba hier gehad vanmôre wat sy toegewy wou hê. En ek het haar gesê ons sou dit sekerlik vanaand doen. En nou, en môreaand sal ons toewyding van babas hê, genesingsdienste, alles waarmee ons moontlik kan deurgaan. Ons moet baie tyd hê...[Toewyding van die baba is uitgelaat uit hierdie boodskap. -- Red.]

Nou, ek gaan net 'n klein gunsie vra van die kleinspan en van die tieners. En ek weet dit is moeilik. Julle kan nie stilstaan baie lank nie, want julle ledemate kramp; maar ek benader iets vanaand wat ek nooit tevore gedoen het nie. Daar is iets waaroor ek gaan praat waaroor ek nooit gedink het, om oor so 'n ding te praat nie.

Dit is die rede, vanmôre, ek wou nie daardie tyd voor die boodskap plaas nie, en ek het nie klaargekry met praat oor my Absoluut nie -- en ek dink nie ek sal ooit nie. Ek hoop ek sal nooit nie. Hy is so wonderlik.

Maar vannaand gaan ek praat oor iets wat ek nie weet nie. Nou, dit is nogal 'n ding vir 'n prediker om te sê: dat hy gaan praat oor iets waarvan hy nie weet nie. Maar ek waag na buite, na die beste van my kennis, dat hierdie kerk mag verstaan. En ek sou nie, geensins, enigiets terughou van julle wat voordelig is nie.

En dan hierdie band...(Ek neem aan die seuns maak hierdie band) en as dit sou gebeur dat julle die band kry (wie ook al luister na die band) onthou, as iets jou verwar, moet dit nie sê behalwe as dit op die band is nie. Moenie iets teenstrydig sê met wat op die band is nie.

So baie skryf in oor die Saad van die Slang en sê dat ek so-en-so gesê het. Ek kry die band en speel dit oor -- ek het dit nie op daardie manier gesê nie. Sien mense misreken dinge.

Julle weet, Jesus, eenkeer na Sy opstanding, het geloop langs die strand met Sy apostels, en Johannes het op Sy boesem geleun, en hulle het gesê, "Wat sal gebeur met hierdie man?"

Jesus het gesê, "Wat is dit vir julle as hy vertoef tot Ek kom?" En daar het woord uitgegaan dat Johannes sou lewe tot Jesus kom. En die Skrif sê, "Hoe is dit, Hy het dit nooit op daardie manier gesê nie."

Sien, Hy het dit nooit gesê nie. Hy het net gesê, "Wat is dit vir JULLE as hy vertoef tot Ek kom?"

Hy het nooit gesê hy sou vertoef nie, maar sien misverstand -- dis so maklik.

En nou, dit is nie dat ek iemand veroordeel vir dit doen nie, want ek doen dit self. En alle mense doen dit. As die apostels, wat saam met ons Here geloop het, Hom misverstaan het -- en hulle het Hom nooit duidelik verstaan nie...Reg ten einde het hulle gesê, "Kyk, nou verstaan ons! Nou glo ons, en ons is seker dat geen man U enigiets hoef te vertel nie want U weet alle dinge."

En Jesus het gesê, "Glo julle nou? Sien, na al daardie tyd, het julle uiteindelik...het dit uiteindelik na julle deurgedring, dat julle glo?"

En dit is net menslik, en ons is almal menslik. So ons gaan misverstaan, maar as dit soort van 'n klein bietjie verwarrend vir julle is, speel die band terug. Luister aandagtig. Nou ek is seker die Heilige Gees sal aan julle openbaar.

Dan die klein kêreltjies, as julle net julle amens sal terughou -- die kinders. Wag net 'n klein oomblik, want ek wil hê hierdie moet sekerlik gekry word, want baie sal nie die band hê nie. So, ek wil seker maak dat julle dit sal kry, en laat ons dit benader vir ek sou sê vyf-en-dertig minute, of veertig, net so eerbiedig soos ons weet hoe om dit te doen, want hierdie is 'n ontsettende tyd vir my. Dis waar iets gebeur het wat ek nie weet wat om te doen nie. Sien? Ek staan in die mees verskriklike nood waarin ek ooit gestaan het, in die dae van my bediening, waarvan ek weet. So laat ons ons hoofde buig, nou, voor ons die Woord nader.

Hemelse Vader, toe 'n tyd gelede, ek gepreek het oor die onderwerp van, Veronderstelling. En Veronderstelling is om te waag sonder gesag. En miskien vanaand, Here, het ek op myself geneem om iets aan die mense te verklaar sonder om 'n gesig daarvan te hê. Daarom Here, beteuel my waar die punte nagegaan moet word. Maak my mond toe, Here. U het die leeus se mond toegemaak in die kuil met Daniel sodat dit hom nie seergemaak het nie. En Here, ek bid dat as ek sou probeer om iets verkeerd te verklaar, U het steeds die mag om 'n mond toe te maak. Maar as dit die waarheid is, dan, Here, seën dit, en stuur dit voort. En U ken die toestande en wat byderhand is. Dit is hoekom ek kom, selfs tot hierdie heel laaste oomblik, op die preekstoel om te probeer om hierdie dinge te verklaar. En ek bid dat U ons sal help.

Seën hierdie klein kerkie. Hierdie groep wat hier onder die dak kom, wat saam met ons vertoef hier in die stad -- kom uit baie state. O, wanneer die aandskadus daal, ons is so bly om 'n plek te hê om te kom. Wanneer die wêreld so deurmekaar is en nie weet waar hulle staan nie, ons is bly dat die Naam van die Here 'n Magtige Toring is, en die regverdige hardloop daarin, en is veilig. Nie net so baie woorde nie, maar 'n openbaring.

So, ons bid Vader, soos die aandligte sal kom by die sonsondergang, en ons glo dit is die tyd waarin ons lewe -- in die sonsondergang. En ons bedank U, Here, vanuit ons hele hart, vir die dinge wat U vir ons gedoen het. En Here, al deur die eeu dank ek U vir die toelaat van die gesigte wat U gegee het -- elkeen van hulle net perfek, en elke verklaring van 'n droom was presies so. So ons weet dat dit net U kan wees, Here, want ons is sterflinge -- almal gebore in sonde, en daar is nie 'n goeie ding in ons nie. Maar om te dink dat U so 'n ding soos 'n menslike wese neem en hulle was deur die Water van die Woord en deur die Bloed van Christus en DAARDIE Hand uitsteek op so 'n manier tot 'n persoon nie eens hulle eie denke gebruik nie, maar die Gedagtes van Christus Wie alle dinge weet toelaat. Dit laat inkom en spreek, en 'n tabernakel gebruik. Dankie, Vader. Nou prys ons U Heilige Naam. En seën hierdie klein groepie vanaand in U Naam. Ons seën die pastoor, Broer Neville, God se dapper dienaar. Ons seën die diakens, die trustees, en elke lid van die Liggaam van Christus byde hier en rondom die wêreld in die Naam van die Here Jesus.

En o, soos ons hierdie donker, geduikte, verskriklike skaduwee sien val oor die gesig van Christelikheid, ons weet die tyd kom nader. Daar sal 'n Wegraping wees en die Kerk sal opgeneem word. Here, laat ons voort marsjeer, kykende na die Skepper en Voleinder, Christus. Skenk dit, Here, en soos ons voortbeweeg, nou, in die Naam van die Here Jesus om hierdie dinge te onderneem wat op ons harte geplaas is, ons bid dat U met ons sal wees en ons sal help en glorie daaruit sal kry, Here, want ons vertrou onsself toe aan U, met U Woord, in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Nou, as julle 'n potlood en papier het, ek wil hê dat julle 'n paar dinge sal neerskryf of enigiets wat julle wil; hê dit net gereed. En dan op die band ook. As julle Skrifte wil neerskryf teen enige tyd, want ek glo dis die Skrif wat tel.

Nou, ons wil 'n teks lees vanaand, of 'n Skriflesing lees, uit die Boek van die Openbaring van Jesus Christus. En ek glo dat hierdie is die Openbaring van Jesus Christus soos geskryf in die Boek. En enige ander openbaring wat teenstrydig sal wees met hierdie openbaring sal verkeerd wees. Ek glo dit kan weer aangehaal word. ENIGE OPENBARING WAT NIE SAL INPAS BY HIERDIE OPENBARING NIE EN NIE HIERDIE OPENBARING AAN DIE LIG BRING NIE, IS DIE VERKEERDE OPENBARING. DIT MOET SKRIFTUURLIK WEES.

Nou, in die 10de hoofstuk van die Boek van die Openbaring van Jesus Christus, ek wil die eerste paar verse lees, die eerste sewe verse -- een tot sewe. En luister aandagtig nou, en bid vir my.

En my teks (as ek dit so kan noem) vanaand is dit: "Is Hierdie die Teken van die Einde, Meneer?"

Ons weet almal dat ons lewe in 'n glorieryke tyd vir die Kerk, maar 'n verskriklike tyd vir die ongelowige. En ons lewe in een van die mees gevaarlikste tye van alle -- alle wat ooit was sedert die wêreld begin het. Geen profeet, geen apostel, nooit in enige tyd, het ooit gelewe in so 'n tyd soos ons lewe nou nie. HIERDIE IS DIE EINDE.

Dis geskryf in die hemele. Dis geskryf oor die aangesig van die aarde. Dis geskryf in elke koerant. HIERDIE IS DIE EINDE -- as jy die handskrif kan lees. Die profete het gelewe in die tyd toe die handskrif op die muur was vir 'n nasie, maar ons lewe wanneer die handskrif op die muur is vir TYD. Alle nasies, aarde, alles -- tyd is op die einde. So ons moet die Skrif deursoek om die uur te vind waarin ons lewe.

Altyd, 'n ware profeet van God sal gaan na die Skrifte. Daarom is hy absoluut dat dit gaan wees op daardie manier. In die Ou Testament wanneer profete enigiets gesê het, daar was altyd iewers 'n profeet met die Woord -- wat by die Woord gebly het. Hy het God dopgehou vir visioene. En as sy visioen teenstrydig met die Woord was; dan was sy visioen verkeerd. Dit is God se manier om Sy Woord by Sy mense te kry. Kan julle vêr daaragter goed hoor?

Ek weet net kwalik waar om te begin. Nou, dit was 'n groot voorreg vir my om te weet dat die Tabernakel my eerste kerk was. Dis 'n wonderlike ding. En ek sal nooit vergeet as ek...Jesus vertoef en ek sou lewe om 'n honderd jaar oud te word. Ek sal die dag onthou wat ek die hoeksteen gelê het, daar op die hoek, en die gesig wat Hy my daardie môre gegee het, van hierdie tabernakel. En almal van julle onthou. Dis geskryf in die boeke. En dit is absoluut vervul tot die letter. Nie een bietjie daarvan het gemis nie.

En nou, ek glo nie dat daar is enigiets wat Hy gespreek het in al hierdie jare van my lewe, wat ek aan die mense gesê het, maar wat uitgekom het nie. En baie mense het gekom met drome wat Hy my toegelaat het, deur Sy genade, om te verklaar vir die mense. En baie het gekom met drome en met probleme wat ek nie kon verklaar nie.

Maar ek het nie probeer om aan julle mense 'n truuk voor te stel nie, wat al die antwoorde het nie. Ek het probeer eerlik wees en om julle te vertel wat die waarheid was, en ek kon julle net vertel, soos Hy my vertel het. En dan soos dit na my gekom het, dan kon ek julle vertel.

En ek wil julle waarsku. In hierdie dag waarin ons lewe, daar is baie...nie...nie om enigiets teen mense te sê nie, maar wanneer jy 'n persoon sien wat die antwoord vir alles het, dis teenstrydig met die Woord.

Jesus het gesê, "Daar was baie melaatses in die dae van Elia, maar slegs een was genees." In die baie jare, tagtig of meer wat Elia gelewe het, en een melaatse was genees. Baie weduwees in die dae van Elisa, maar hy was slegs gestuur na een. En ons vind uit dat daar is baie dinge wat God doen en wat Hy nie openbaar aan Sy dienaars nie, en geen dienaar is groter as sy Heer nie. En dan, God sal nie Sy glorie met enigiemand deel nie. Hy is God. En wanneer 'n dienaar 'n plek word dat hy probeer om die plek van God te neem, dan neem God sy lewe en neem hom weg iewers, of iets. Ons moet dit onthou.

Nou, in hierdie visioene en verklarings...ek kan nie die verklaring vertel van 'n droom totdat ek dit presies sien nie, deur visioen, wat die droom was nie. En baie van julle weet dat julle my julle droom vertel het, en sou nie eens alles vertel nie. En wanneer ek die droom sien terugkom het na my, ek het omgedraai en julle vertel dat daar was baie daarvan wat julle uitgelaat het, en julle dan vertel wat julle uitgelaat het. Julle weet dis reg. As dit reg is sê, "Amen." Sien? Die dinge wat julle my nie vertel het nie. Daarom julle sien, dis soos Nebukadnesar gesê het, "As julle my nie kan vertel wat ek gedroom het nie, dan hoe sal ek weet julle het die verklaring daarvan?"

Maar al hierdie indrukke, ons moet hulle nie neem en sê "SO SPREEK DIE HERE," nie. Ons moet dit nie doen nie. Ons moet 'n direkte stem ('n antwoord van God) hê voordat ons kan sê dis God. Nie 'n indruk nie. Nie 'n sensasie nie. Maak nie saak hoe baie dit pulseer nie, julle mag sê, "Ek glo dit kan op hierdie manier wees," maar wanneer jy spreek, "SO SPREEK DIE HERE," dis nie jy nie. Kyk op die platform. Het julle dit ooit sien faal? SO SPREEK DIE HERE is perfek. Nooit gefaal nie. En so lank as dit is, SO SPREEK DIE HERE, dit kan nie faal nie.

Maar sover het Hy my beskerm, want ek het gewag op Hom. Ek het nie probeer populariteit soek nie, of ydele glorie van mense nie. Ek het my bes probeer om nederig te lewe, en die soort van 'n lewe te lewe wat ek dink 'n Christen behoort te lewe. En ek was nie in staat om dit te doen in myself nie, maar Hy het dit gedoen, tot hierdie dag. Soos ek sê, dat Hy die Een is wat my gelei het.

Baie dinge kan so gesê word, maar dit sal te lank neem. Maar almal van julle is bewus van hierdie dinge. En die enigste rede wat ek julle laat "Amen," sê het, 'n tyd gelede -- julle mense, wat my drome vertel het, toe het ek gekom en julle vertel wat julle uitgelaat het -- want hierdie boodskap word opgeneem -- mense van alle nasies sal dit hoor, en wanneer hulle daardie "Amen," hoor, dan weet hulle daar is stemme daar wat onder die bediening sit, wat beter weet as om enigiets verkeerd te doen, of om "Amen" te sê vir iets wat verkeerd is. Amen is, laat dit so wees. Dit bekragtig dit.

Nou, my hele lewe, sedert ek 'n klein seuntjie was, daar was iets wat my gepla het en ek het 'n baie snaakse lewe gehad, moeilik om te verstaan. Selfs my vrou krap haar kop en sê, "Bill, ek glo nie enigiemand kan jou verstaan nie."

Ek het gesê, "Ek verstaan myself nie," want ek het myself onderwerp aan Christus baie jare gelede. Hy doen die leiding. Ek probeer dit nie verstaan nie. Ek gaan net waar Hy lei, na die beste van my kennis.

Ek is dankbaar vir 'n wonderlike vrou en kinders -- en vir my vrou en kinders wie vertroue het dat ek hulle nie enigiets verkeerd sal vertel nie. Dit glo hulle. Elke keer wat jy hulle enigiets vertel, hulle hou reguit daarby. Hulle weet dat ek hulle nie enigiets verkeerd sal vertel nie. En sal ek een van God se kinders dan enigiets verkeerd vertel? Nie opsetlik nie, nee meneer. God wil Sy kinders in die regte soort van opleiding hê. En wees eerlik met hulle, getrou met hulle, en Hy sal dit seën, glo ek.

Nou, al langs af deur die reis, daar was dinge wat gebeur het wat ek nie kon verstaan nie. En een van die dinge wat ek nie kon verstaan nie was toe ek 'n klein seuntjie was en daardie gesigte sou opkom voor my. Ek sou hulle sien en my ouers dinge vertel wat sou gebeur. Hulle het gedink ek was net gespanne. Maar die snaakse ding, dit het net so gebeur soos Dit gesê het. Julle sê, "Was dit voor jou bekering?"

Ja. "Gawes en roepings is sonder belydenis," het die Bybel gesê. Jy word gebore in hierdie wêreld vir 'n rede. En jy doen nie...Jou belydenis bring nie gawes nie -- hulle is voortbestem aan jou.

Nou, en langs die pad en -- toe ek 'n klein seuntjie was my verlange was -- ek was ontevrede in die land waarin ek gewoon het. Ek het verlang, op een of ander manier, om weswaarts te gaan.

En ek was op geopereer, toe ek geskiet was, toe ek 'n klein seuntjie was. En toe ek bygekom het van onder die eerste narkose, ek het gedink ek was in torment -- aan die afgaan. Die eter het my uit gehad. Ek was uit vir agt ure, dink ek. Hulle was bekommerd om my weer by myself te kry. Hulle het 'n groot operasie gehad met geen penisilline nie -- bloed. Albei bene amper afgeskiet met 'n haelgeweer -- 'n klein seunsvriend het sy geweer laat afgaan.

Toe omtrent sewe maande later, ek het nog 'n narkose geneem, en toe ek bykom van onder daardie narkose, ek het gedink ek het gestaan buite op die westelike prêrie en 'n groot goue kruis in die lug, en die Glorie van God wat daarvanaf skyn, en ek wat daar staan soos dié.

Toe die Lig, wat julle sien op die foto vanaand, wat bewys is om 'n Bonaturlike Wese te wees deur wetenskaplike navorsing...vir my was dit dieselfde Lig wat Paulus neergevel het. Dit was dieselfde Lig wat die kinders van Israel gelei het, snags. Het julle opgelet, hier, hierdie Engel, Hy was beklee in 'n wolk. Sien, Hy was 'n wolk bedags.

Nou, daardie selfde Lig -- vir die mense wat nie verstaan nie, eers gedink dit was verkeerd -- dat ek dit net gesê het. Maar die Heilige Gees het toevallig die wetenskaplike instrumente gehad, en die mense daar, vir 'n bevestiging, en die foto Daarvan geneem verskeie kere. Ek het gesê, "Ek sien 'n persoon geskadu tot die dood" -- swart skaduwee oor hulle.

'n Paar weke gelede toe ek in 'n stad was, en toe ons gepreek het...Jy is nie veronderstel om foto's te neem nie, julle weet, terwyl hulle preek, en toe...(Was dieselfde ding toe daardie geneem was). Maar iemand het 'n kamera gehad en ek het gesê aan 'n dame wat daarbuite gesit het, 'n vreemdeling, (ek was in Southern Pines). Ek het gesê, "Daar is 'n skaduwee oor hierdie Mej. so-en-so ('n dame wat ek nooit in my lewe gesien het nie). Jy het van die dokter afgekom en twee kankers, een op elke bors, en jy is opgegee. Jy is geskadu met 'n swart kap tot die dood."

En Iets het gesê aan 'n suster wat langsaan gesit het wat 'n flitskamera gehad het, gesê, "Neem die foto." En sy wou dit nie doen nie. Tog, "Neem die foto," en sy het steeds teruggehou. En toe het dit weer gekom. En sy het die kamera gegryp en die foto geneem, en daar is dit, wetenskaplik. Dis op die bulletin bord. Swartgekapde skaduwee.

Toe, toe die vrou geglo het en gebed gedoen was, 'n foto geneem direk na dit -- skoon. Ek het gesê, "Die skadu is weg." Die dame lewe deur die genade van God.

Sien julle wat ek bedoel? As jy die waarheid sal vertel -- jy mag voor gelag word vir 'n tyd, jy mag misverstaan word vir 'n tyd, maar God sal dit bevestig dat dit die waarheid is, as jy net daarby sal bly. Hou net vas. Dit mag jare neem, soos Abraham en andere, maar Hy sal dit altyd die waarheid maak.

Toe daardie engel daar...en ek neem aan, behalwe my vrou, is daar mense hier vanaand van dertig jaar gelede wat naby gestaan het toe dit afgekom het...Is daar enigiemand in die gehoor nou wat daar was toe die Engel van die Here, wat afgekom het op die rivier die eerste keer, voor die mense, steek julle hande op. Ja, daar is hulle, sien? Nou ek sien Mev. Wilson steek haar hand op. Sy het daar gestaan. My vrou daar -- sy was daar. Ek weet nie wie sommige van die res van hulle is wat hier op die oewer gestaan het nie, voor baie, baie mense, toe ek gedoop het teen twee uur in die middag, en reg uit die koperagtige lug, waar daar nie reën was vir 'n week nie, hier kom Hy met 'n brul. Hy het gesê, "Soos Johannes die Doper voortgestuur was om die eerste koms van Christus vooraf te gaan, word jy voortgestuur met 'n boodskap om die tweede koms van Christus vooraf te gaan."

Baie manne van...besigheidsmanne van die stad het gestaan op die oewer het my gevra wat dit beteken. Ek het gesê, "Dit was nie vir my nie, dit was vir julle, ek glo. Voort het dit gegaan. En toe daardie Engel weggegaan het, as julle onthou, Hy het weswaarts gegaan soos Hy opgegaan het. Reguit uit, oor die bokant van die brug, en weswaarts gegaan.

Later aan het ek 'n sterrekundige ontmoet, wat 'n Magi is. En hulle het my vertel van 'n konstellasie van sterre wat saamgekom het by 'n sekere konstellasie, toe die wyse manne in Babilon onder na Palestina hierdie drie sterre gesien het in 'n konstellasie -- julle het my gehoor vertel daarvan baie keer. Weet julle dat dit bewys is hierdie laaste klomp weke as die waarheid?

Broer Sothmann, het jy daardie koerant by jou vanaand, waar ook al jy is? Dit is in die koerant -- 'n bladsy van die Sondagkoerant, die 9de D egaan het daarheen en hulle al hierdie dinge opgegrawe en ons lewe nou eintlik...bewys, dat hierdie volgende jaar is 1970. Sewe jaar agter die tyd deur opgegraafte rotse, en bewys dat dit verkeerd is. Dit is later as wat julle dink!

Ek het om die een of ander rede nie vir Broer Fred gesien nie. Broer Sothmann, is jy hier? Het jy die koerant by jou, Broer Sothmann? (Hy het die koerant.) Miskien sal ek môreaand jou dit laat lees. Ons het nie tyd vanaand nie.

Sodat julle kan sien en kyk, presies. Daardie Magi, Joodse Magi, bo in Babilon, wat die sterre bestudeer, het daardie sterre sien val in hulle konstellasie, en toe hulle het, hulle het geweet daardie Messias was op die aarde. En hier het hulle Jerusalem binnegekom singende, (twee jaar se reis) "Waar is Hy Wie gebore is Koning van die Jode?" Op en af in die strate gegaan en tog het Israel vir hulle gelag. Hierdie klomp fanatici. Hulle het nooit enigiets daaromtrent geweet nie. Maar die Messias was op aarde. En nou...julle ken die res van die storie -- wat hulle gesê het. Nou, ons sal dit lees môreaand.

Nou, om te kom na hierdie -- dat die gesigte nie faal nie, want hulle is van God. En al langs die reis dit was iets wat my getrek het, getrek aan my. Toe, toe daardie Magi my hierdie dinge vertel, toe ek net 'n seun was -- wildbewaarder...(of voor dit, ek glo dit was) omtrent hierdie dinge en dit het my bang gemaak, want ek was bang oor wat daardie Magi was. Maar later het ek uitgevind dat die Magi van die Bybel reg was, want God verklaar dit in die Hemel voordat Hy dit verklaar op die aarde -- daardie hemelliggame dop te hou.

"God is geen aanneem van persoon van alle nasies nie," het Petrus gesê. "Nou, maar hulle wat Hom vrees, in alle nasies aanvaar God."

En ons vind dan...ek het probeer om die gedagte op te sê maar...O dit sal ure neem om in te gaan, hoe hulle aanhoudend -- dit het na daardie kant beweeg, beweeg na daardie kant, maar ek was bang daarvoor. Daardie Magi het vir my gesê, "Jy sal nooit suksesvol in die Ooste wees nie." Hy het gesê, "Jy was gebore onder 'n teken." En gesê, "Jy, daardie teken, daardie konstellasie, toe hulle gekruis het ver uit daarbinne, die dag van jou geboorte, hulle het weswaarts gehang, en jy moet weswaarts gaan."

Ek het gesê, "Vergeet dit." Ek het niks daarmee te doen gehad nie. En tog voortdurend, het dit, dit steeds nie uit my hart geneem nie.

Toe, toe ek daarbo was daardie aand oor daardie gesigte, wat ek nie kon verstaan nie. My Baptiste broers het my vertel dit was van die duiwel. En toe daardie Engel verksyn het, Hy het dit absoluut in die Skrifte gegooi en gesê soos dit toe was, toe die priesters geargumenteer het oor dinge -- nie enigiets geweet oor watter soort van jasse hulle moet aantrek, klere, en alles nie, en geargumenteer oor hulle verskille -- die Magi het die ster na Christus gevolg.

Toe die predikers gesê het dat Jesus 'n indringer was, 'n Beëlsebub, 'n duiwel het opgestaan en gesê, "Ons weet wie Jy is -- die Heilige Een van God. Hoekom kom Jy ons pynig voor ons tyd?"

Toe Paulus en Silas afgekom het en die Evangelie gepreek het, 'n klein fortuinverteller, wat sit op die straat...en predikers van daardie land het gesê, "Hierdie manne is indringers. Hulle verskeur ons kerke, ensovoorts, draai die wêreld onderstebo met hulle korrupsie."

Maar wat het gebeur? Daardie klein Magi (daardie klein fortuinverteller) het gesê, "Hierdie is manne van God wat ons die weg van lewe vertel."

En Paulus het daardie gees in haar bestraf. Hy het nie enige hulp nodig gehad om te getuig wie hy was nie. Jesus het hulle ook gesê om stil te bly. Maar dit staan as bewys dat partymaal weet duiwels meer omtrent die dinge van God as predikers. Hulle word so kerklik gebonde. Dit was so in die Bybel, en God verander nie.

Eendag, afgekom vyf jaar gelede vanaf Broer Norman, ek het langs die pad gery. Ek het toe net 'n byeenkoms daarbo gehad, en die Here God het aan my verskyn in 'n gesig. En ek het gesit voor my hek, hier by my huis. En dit het gelyk na slegte weer.

Baie van julle mense sal die gesig onthou. Dit is geskryf in my boek van gesigte. Ek skryf hulle neer sodat ek seker sal wees dat ek hulle nie vergeet nie.

En in hierdie gesig het ek gesien , daar was iets wat deurgekom het deur die laan, en daar het klippe regoor my erf gelê. En daar was stootskrapers en skrapers op en af met die laan, en die bome was afgekap en ontwortel. En ek begin indraai by die hek, en dit was heeltemal geblokkeer met klippe. En ek het uitgeklim om vir die man te sê, "Hoekom is dit?" en hy het baie vyandig geraak, my teruggestoot en gesê, "Dis hoe dit is met julle predikers."

Ek het gesê, "Ek vra jou net, hoekom doen jy dit? Jy kom oor op my kant van die straat hier. Hoekom doen jy dit?" En hy het my net omtrent geklap, en my teruggestoot.

En ek het gedink, "Ek gaan hom net sê dat hy nie weet waarvan hy praat nie," en 'n stem het met my gepraat en gesê, "Moenie dit doen nie. Jy is 'n predikant."

En ek het gesê, "Nou goed."

En ek het omgedraai, en regs van my, sittende voor die hek, was 'n ou prêriewa. Julle weet wat -- 'n bedekde wa, met perde daaraan gehaak. En oorkant die bestuurder se kant het my vrou gesit en ek het gekyk agter in die agterkant, en my kinders het daaragter gesit. Ek het op die wa geklim. Ek het aan my vrou gesê, "Skat, ek het alles verduur wat ek kan verduur."

En ek het die teuels opgetel, die voorperd getrek, en begin weswaarts gaan. En 'n stem het aan my gesê, "Wanneer dit gebeur, gaan dan weswaarts."

Broer Woods, die kontranee...Hoe baie onthou die gesig nou? Onthou dat ek julle vertel het? Sekerlik. Dit is neergeskryf op papier. En ek het gesê aan Broer Woods...Hy het hierdie plot hier tussenin van die kerk gekoop. Hy sou hier 'n kliphuis bou. Ek het gesê, "Moet dit nie doen nie, Broer Woods, want hulle sal jou nooit jou geld daaruit gee nie." Dalk miskien...dit was jare gelede -- vyf jaar gelede -- ek het gesê, "Hulle gaan miskien daardie brug hier deurbring, en daardie klippe is dalk my fondament en my wandelpaaie en dinge wat daarbuite lê. In plaas van klippe te wees, dit was stukke sement, en dan gaan hulle dit hieronder sit; want hulle het gesê in die koerant dit is wat hulle probeer doen. Wel, hy het dit nie gebou nie. Uiteindelik het hulle besluit omtrent 'n jaar later, of twee, hulle gaan dit deurbring onder na hierdie kant. So dit het dit afgehandel, so ek het net daarvan vergeet, en dit laat gaan.

Nou, die snaakse ding het gebeur omtrent 'n jaar gelede. Ek het dienste gehad een aand onder by Broer Junior Jackson, wat net dáár sit, 'n Metodis predikant wat die Heilige Gees ontvang het, en gedoop is in die Naam van Jesus Christus, en een van ons suster kerke bedien.

Net om julle te wys hoe God met mense handel -- ek sê dit met my hele hart -- ek weet nie van enige gemeente in die hele wêreld, 'n gemeente nog bymekaar, waar ek glo die Gees van God is as in hierdie gemeente nie. Hulle het hulle verskille. Hulle is sekerlik nie bo waar hulle moet wees nie, geeneen van ons, maar hulle is so naby soos enigiemand anders waarvan ek weet.

Nou om julle te wys, geweet wat sou gebeur. Broer Jackson het 'n droom gehad. Hy kon nie daarvan wegkom nie. En ek het sy kerk verlaat, en hy kon dit net nie uithou nie.

Hoe lank gelede was dit Broer Jackson? [Broer Jackson: "Ek het die droom in Februarie '61 gehad. -- Red."]

Februarie van '61 het hy die droom gehad. En hy het na my gekom, en hy het gesê, "Iets is op my hart, ek moet jou vertel, Broer Branham."

Ek het gesê, "Gaan voort, Broer Jackson."

En hy het gesê, "Ek het 'n droom gedroom," en daar was dit! Ek het net stil gesit en ek het geluister en dopgehou. Hy het gesê, "Ek het gedroom daar was 'n groot yslike heuwel, soos buite in die veld waar blougras, of iets was." En gesê, "Bo op die bokant van hierdie heuwel, waar die water die grond weggewas het, was daar 'n hoogste rots op die bokant van die heuwel; soos die bokant van 'n berg. Dit was rots, nie gras nie en waar toe die water afgeloop het, het dit sekere soort van inskripsies op hierdie klippe gesny, en jy het daar gestaan en hierdie inskripsies op hierdie klippe verklaar." Hy het gesê, "Almal van ons..." (en hier is die manier hoe hy dit gestel het): "Die broers van Georgia, en van oral oor, ons het almal bymekaar gestaan, geluister na jou wat daardie geheimsinnige geskrifte op daardie klippe verklaar...daardie berg."

En gesê, "Toe het jy iets opgetel, soos uit die lug, iets soos 'n breekyster, of koevoet," was dit nie, broer? Iets soos dit -- 'n breekyster, regtig skerp, en gesê, "Dat, hoe jy dit gedoen het, ek weet nie. En gesê jy het die bokant van daardie berg geslaan, dit rondom oopgeskeur, en die deksel daarvan afgelig. Dit was in die vorm van 'n piramide. En jy het die bokant daarvan afgeskeur." (Nou dit was maande en maande en maande voordat die piramide boodskap gepreek was.) En hy het gesê, "Onder daardie was wit klip, graniet, en jy het gesê, `Die son, of die lig, het nooit voorheen hierop geskyn nie. Kyk in hierop. Hou dit dop'."

En dit is reg, want in die vorming van die wêreld, die wêreld was gevorm voordat daar lig was. Ons almal weet dit. God het beweeg op die water, en toe in die begin het Hy gespreek vir lig. En natuurlik, daaronder in daardie eeu wat vorming was, daardie lig het nooit op daardie steen gekom nie.

En hy het gesê, "Kyk hierna. Lig het nooit voorheen hierop gekom nie." En toe almal van hulle opkom, ek het hulle gesê om dit dop te hou, en almal van hulle het gekom om in te kyk. Maar hy het gesê terwyl hulle in kyk, hy het gekyk uit die hoek van sy oog (ek glo dit was) en my dopgehou. Ek het afgeglip eenkant en begin gaan na die weste; na die sonsondergang, opgegaan teen 'n heuwel, afgegaan teen 'n heuwel, opgegaan teen 'n heuwel, afgegaan teen 'n heuwel, kleiner en kleiner geword, en heeltemal uit sig gegaan.

Hy het gesê, toe ek dit gedoen het...hy het gesê, "Toe het die broers omgedraai, na 'n tydjie, en gesê, `Het hy verdw yn? Waarheen het hy gegaan?'" En hy het gesê sommige het uitgegaan na daardie kant, sommige het een pad geneem, en sommige 'n ander, maar baie min het gebly en gekyk na wat ek hulle gesê het.

Nou let op, die verklaring van die droom, wat ek hom nooit een ding vertel het nie, of niks hiervan het ek enige van hulle vertel nie. Maar ek het gesê, "Ja," en my hart wat bewe. Ek het gekyk. Nou, die geheimsinnige geskrifte...wag ek sal dit net vir 'n klein bietjie los.

Nie lank gelede Broer Beeler...Broer Beeler is gewoonlik by ons. Is jy hier, Broer Beeler? Ja, daaragter. Billy het gesê, "Broer Beeler is baie ontsteld. Hy het 'n snaakse droom gehad." Ek het na Broer Beeler gegaan en hy het gesê, (onder by sy huis een aand toe ek 'n paar besoeke gebring het). En hy het gesê, "Broer Branham, ek het 'n snaakse droom gehad." Gesê, "Ek het gedroom dat ek afgegaan het met 'n stroom water na die weste. En daar was 'n pad aan die linkerkant, en ek was aan die linkerkant, aan die weswaarts gaan op die pad, blykbaar soort van, gesoek vir beeste. En aan die regterkant (ek het toevallig opgelet nadat ek daaronder gekom het) daar was jy. En daar was jy 'n groot klomp beeste aan die bymekaar maak, en daar was baie voer daar oorkant." En gesê, "Toe het jy daardie beeste gekry en hulle teruggejaag op teen die rivier." En blykaar (ek moes vir hom geknik het om daardie beeste dop te hou). Hy het gesê, "Nou sal dit maklik wees vir daardie beeste, ek weet hulle sal die weg van die minste weerstand neem, maar Broer Branham wil hê hulle moet aan die regterkant van die rivier bly. So ek sal teruggaan op hierdie pad, en hulle keer om oor die rivier te gaan aan hierdie kant en hulle hou aan daardie kant," maar hy het opgelet, ek het nooit die beeste gevolg nie, maar aangegaan weswaarts.

Hy het gesê, "Hy soek seker afgedwaaldes."

Nie later as wat hy die droom gespreek het nie, het ek dit gesien. En toe, let op, hy het gesê hy het 'n bietjie agterdogtig oor my geraak, so hy het teruggegaan om te kyk. En gesê dat ek gekom het by 'n soliede berg, en meteens het ek verdwyn. En hy het gewonder wat verkeerd was. Hy het afgegaan, en toe het hy 'n klein stroompie aan sy kant gehad wat gevurk het na die linkerkant (ek dink dit is reg, Broer Beeler). Ja. En hy het opgelet oorkant aan my kant was verskriklike watervalle. En toe, hy het gedink ek kon in daardie valle beland het en omgekom het. Toe het hy opgelet, en hy het gesê hy het rondgekyk en hy het die uitwerking van daardie valle gesien wat afgegaan het op hierdie kant, en dit het 'n artesiese put laat opspuit, maar die water het nie terug in die grond gegaan nie. Hy het oor die klein takkie gekyk, of klein stroompie, en hy het 'n paar klein diere gesien met ronde ore. Hy het gesê, "Ek reken ek sal een kry." En hy het oorgegaan.

En hy het aan my gedink. En hy het bo-op 'n klein bultjie gekom om oor te kyk en te sien of daar 'n klein, klein, nou lysie is dat ek rondom kon loop, maar gesê, "Daar was niks." En hy het bekommerd geraak, hy het gesê, "Wat het gebeur met ons broer? Wonder wat gebeur het met Broer Branham?" En toe hy bang geword het, hy het gesê dat hy my hoor praat het. Ek het gestaan op die bokant van 'n berg, en Broer Beeler 'n verklaring van 'n droom vertel wat ek hom gegee het nie lank gelede nie, en hom vertel om op die Here te wag, daardie selfde dag sou ek hom ontmoet op 'n eiland, en daar was hy.

Nou die verklaring van daardie droom is dit: Insover dat die stroom groot was, dit was 'n Stroom van Lewe. Ek het weswaarts gegaan daarop, en so ook hy, want hy was op 'n pad...hy het gehardloop langs hierdie pad, en aan die ander kant was baie gras, maar baie ruigtes, boomstruike en wildernis. Maar daarbinne was baie gras. En dit is hoe ons soek vir die Here, en die voedsel van die Here, deur moeilike. Beeste aankeer -- was hierdie kerk. Hulle aan daardie kant hou. Beeste sal eintlik op die gladde pad gaan, die denominasies, as hulle kan -- wat die pad denominasies voorgestel het.

Ek het hom terug op met die pad laat gaan om te sien dat hulle nie na enige denominasie gaan nie. Insover hy 'n muur gesien het, wat totaal onmoontlik was om by verby te gaan, wat my gehou het om weswaarts te gaan -- was daardie belastingsaak met die regering. Niemand kan verstaan hoe ek daaruit gekom het nie. Dit was 'n muur wat my geblokeer het, maar die Here het my daardeur geneem, en ek was daaroor. En ek sal jou ontmoet, Broer Beeler, op die eiland.

So, nou toe dadelik daarna, Broer Roy Roberson...Broer Roy, is jy hier vanaand? Ja, ek glo...ja, oorkant aan die kant. Hy het my gebel, en hy het 'n droom gehad. Hy het gedroom dat ons beeste bymekaar maak. (Nou dit is die derde een.) Bymekaar maak van beeste. Daar was maaghoogte gras -- baie kos. Almal van ons broers was saam. En ons het gekom by 'n plek vir middagete, en Broer Fred Sothmann het opgestaan en gesê, "Elia, die groot profeet, sal hiervandaan spreek vandag om middag." En toe, toe ons almal middagete gehad het, almal het weggegaan, en hy het gewonder hoekom hulle nie gewag het om dit gespreek te hoor nie.

Nou, sien hoe dit presies klop met Broer Jackson? Sien dit presies, tref presies wat Broer Beeler gesê het? Niemand het gewag om uit te vind nie.

Let op, dadelik daarna, Suster Collins...Is jy hier, Suster Collins? Het 'n droom gedroom van hier wees by die kerk, en daar was 'n troue wat sou plaasvind. En toe sy het, sy het gesien die bruidegom kom in perfek, maar die bruid was nie baie perfek nie, tog dit was 'n Bruid. Nou, dit is die Kerk. Daar was soos 'n nagmaal, of 'n diens, hier aangegaan -- soos 'n middagete wat voorberei word. En dit het soort van haar geraak omdat Broer Neville het 'n middagete bedien in die kerk, maar sy sê dit was die beste kos wat sy ooit gesien het. Sy was so honger. Sy het gedink miskien, in die droom dat hy dit nie sou bedien nie, en sy en Broer Willard sou opgaan na die Ranch House en eet. En toe hulle het, die lig aan die regterkant het uitgedoof. Nou julle weet wat dit is.

Nou, die kos -- die Bruid is nie perfek nie, maar die Bruidegom is perfek. Die Bruid is nog nie perfek nie, maar die kos wat gegee was was nie letterlike kos nie, dit is die Geestelike kos wat julle voordurend gekry het. Laat ek hier stop op daardie vierde droom, net 'n oomblik.

Onthou julle nie Broer Fred Sothmann, Broer Banks Woods, toe ons uitgegaan in Arizona verlede jaar; toe ons uitgegaan het om javalina varke te jag, en die Here gespreek het nie. Ken julle nie die dinge wat Hy perfek gedoen het nie, gewys wat sou gebeur, soos ons gegaan het langs die pad. As dit reg is, julle twee broers sê, "Amen." Mis nooit.

En ek het 'n gesig gesien terwyl ons gery het eendag, 'n gesig van die Here het na my gekom, en ek het gereed gemaak teen daardie tyd, wanneer ek terug kom tuis, om oorsee te gaan. En toe ek oorsee gegaan het, wel, ek het gesien op die skip...of kant van 'n see, waar die skepe uitgaan. En daar was 'n klein kort mannetjie daar, en hy het gesê, "Ek het 'n boot vir jou voorberei, Broer Branham." En dit was 'n klein, klein kanoe, omtrent 'n voet lank, maar dit was sneeu-wit. En hy het aan my gesê, "Dit is vir jou om in oor te gaan."

"O," het ek gesê, "Dit is nie voldoende nie."

Hy het gesê, "Dit sal veertig myl 'n uur op en af hierdie kant gaan." (Dit is op en af met die oewer.)

"Maar," het ek gesê, "Dit sal my nie oorneem nie." En toe het hy afgekyk, en hy het gesê, "Gaan soos hulle gaan." En ek het gekyk, en daar was Broer Fred Sothmann en Broer Banks Woods wat sit in 'n kanoe, groen geverf, met sommige kampeertoerusting in die agterkant daarvan -- Broer Banks met 'n opgeslaande hoed soos hierdie, Broer Fred met syne geknyp op die punt. En hy het gesê, "Gaan soos hulle."

Ek het gesê, "Nee, ek sal nie." En hierdie man het aan hulle gesê (die klein mannetjie) gesê, "Is julle bootsmanne?"

Broer Banks het gesê, "Ja."

Broer Fred het gesê, "Ja."

Maar ek het gesê, "Julle is nie. Ek is die bootsman, en ek weet ek sal nie net daarvoor gaan nie, en ek is seker ek sal nie op daardie manier gaan nie."

Hy het gesê, "Hoekom gaan jy nie saam met hulle nie?" Ek het gesê, "Nee, nee."

Wel, ek het omgedraai en toe ek het, die klein mannetjie by die kaai het geblyk te wees, my goeie broer, Broer Arganbright.

En ek het teruggegaan in hierdie gesig, en daar was 'n klein lang gebou, en toe het 'n stem vir my gesê, (en almal van julle onthou dit, of baie van julle) 'n stem het aan my gesê, "Bring kos in. Stoor dit in. Dit is die enigste manier om hulle hier te hou, is gee hulle kos." En ek het ingebring...het ingebring groot yslike vate vol van die pragtigste wortels en die pragtigste groente en dinge wat ek ooit gesien het. (Onthou julle nou, die gesig?) Nou en...ek het julle later vertel wat die verklaring was. Ek was veronderstel om te gaan na Zurich, Switserland met Broer Arganbright vir 'n vyf-aande byeenkoms. Ek het die broers vertel voordat dit gebeur het, "Ek sal nie gaan nie."

En ek was onder saam met Broer Welch Evans, daaronder, toe dit die verklaring gegee het.

Een aand, ek glo Broer Welch het my kom haal, (ons sou gaan op 'n visvangreis) en gesê dat Broer Arganbright het my gebel. Ek het gesê, "Goed, hier is dit. Hulle gaan my afsit." En baie kere...(nie deur Broer Miner nie -- hy is een van die beste vriende) maar somtyds, as hulle net kan...as hulle dink jy gaan iets preek wat teen hulle doktriene is, hulle sê net jy gaan daar wees om jou vriende daar te kry. En hulle het gesê...Broer Arganbright het my gebel en gesê, "Broer Branham," (net wat die Gees gesê het) gesê, "kom jy en bring jou vrou saam met jou, want jy hoef nie te preek nie, want ek dink hulle het jou net vir een aand." En hy het gesê, "Jy hoef dalk nie daar te preek nie."

En ek het gesê, "Nee."

"Wel," dit het gesê, "Kom aan, jy en jou vrou, kom julle almal, sien, en as jy sal, ek sal jou op 'n toer neem. My vrou en jou vrou, en almal van hulle, ons sal opgaan deur Switserland en oor deur Palestina."

Ek het gesê, "Nee."

Ek het die verklaring gehad. Ek het Broer Welch of Broer Fred en hulle gesê, "Ek sal julle in die môre vertel, maar eers moet my vrou iets sê." En toe ek haar gebel het, toe het sy geweier om te gaan. Ek het gesê, "Hier is dit." Sien.

Nou daardie klein wit bootjie was die een byeenkoms. Dit is goed om enige plek hier te gaan, op die oewer, met een byeenkoms, maar dit is nie genoeg (alhoewel dit wit en goed was) om my oorsee te roep nie.

Broer Fred en Broer daar (verteenwoordig in die gesig) hulle het verteenwoordig: gaan soos 'n toeris; vir plesier. Maar ek gee nie om om dit te doen nie. En hulle afkeur as bootsmanne -- dit het beteken hulle was nie predikers nie. Maar ek was 'n prediker. En dan die kos in daardie klein lang geboutjie -- ek het nie oorsee gegaan nie; en teruggekom na hierdie klein geboutjie, en ons het dosyne bande van die piramide en alles gemaak, om die mense die uur te wys waarin ons lewe.

Nou vergelyk selfs dit met die ander, die drome. Dit was 'n gesig. Die kos; HIER IS DIT. Hierdie is die plek.

Let op, wat het toe gebeur? Toe dadelik na die vierde gesig gekom het, (of vierde droom wat my vertel was) op kom 'n Broer Parnell. Hy is hier iewers. Net hier. En Billy was nie hier nie, en die man was angstig. Hy was van Bloomington glo ek of Bedford? Lafayette, byeenkomste gehou. En hy het 'n droom gehad, en hy het afgekom na Broer Woods. En hy het gesê, "Ek kan dit net nie laat gaan nie. Ek moet dit vertel. Ek moet dit vertel aan Broer Branham. Dit pla my." En God weet, nie een droom is tussen hulle nie. Hulle het net gekom, een, twee, drie, vier, vyf, ses.

Broer Parnell het gesê, "Ek het 'n snaakse droom gehad. Ek het gedroom dat ek 'n byeenkoms sou hê hierbo, en op een of ander manier was daar 'n byeenkoms hier in 'n soort van nuwe kerk." En gesê, Hierdie nuwe kerk, hoe dit uitgekom het, dat hy gewonder het hoekom hulle nie saamgewerk het tussen die twee nie, of iets in daardie rigting. En hy het gesê dat hy het hier gestaan en gedink het, "Wel, ek was al hierbinne, ek sal net wag, en ek sal die dienste bywoon." En hy het gesê dat 'n man deur die gebou gekom het met 'n bruin pak aan en 'n boek -- ek dink hy het geskryf. En hy het Broer Parnell vertel...Hy het gesê, "Hierdie is 'n geslote byeenkoms. Dis net vir diakens en trustees." Wel, hy het soort van 'n bietjie op getrap gevoel. So hy het by die deur uitgegaan van die nuwe kerk, die kerk wat opgerig was, of hierdie een reggemaak -- oorgedoen; en toe hy buitekant toe gegaan het, het dit gesneeu -- slegte weer, wintertyd. En geen een van hierdie mense het enigiets hieromtrent geweet nie.

En toe hy by die deur uitgaan, ek het daar gestaan, weswaarts gekyk. En ek het gesê, "Moenie op getrap voel nie, Broer Parnell. Ek sal jou wys wat jy moet doen."

En Broer Parnell en enige van die res van hulle weet ek het hulle nooit enige verklaring vertel nie. DIS OP HIERDIE OOMBLIK. Tog dit gesien toe hulle dit sou spreek. (Het julle opgelet hoe vinnig ek daaruit gekom het, Broer Parnell, om te weerhou om jou te vertel?) En opgegaan en nooit niks aan Broer Woods of enigiemand anders gesê nie. Niemand. Dit net gelaat, want ek wou sien waarnatoe dit lei. Het julle my onlangs hoor sê, "Ek is gekwel"? Dit is wat dit was.

En toe, Broer Parnell, hy het gesê dat ek aan hom gesê het, "Broer Parnell, begin, en die eerste plek waarby jy sal kom sal Zipporah wees," wat beteken koppelteken, of stop of iets. Ek het gesê, "Moenie daar bly nie." Gaan dan volgende, en dan sal jy 'n ou vrou vind; en moet dan nie daar stop nie. Gaan weer, jy sal 'n werklike ou vrou vind -- moenie daar stop nie. En al die tyd wat ons gepraat het, ons het deur die sneeu geloop. En ek het gesê, "Gaan totdat jy my vrou vind, en wanneer jy my vrou gevind het, STOP DAAR." En hy het gesê hy het gekyk, en ons was uit die sneeu uit, op die woestyn. En ek het verdwyn. En hy het teruggekyk en hy het sy vrou water sien pomp uit 'n put, en 'n sekere predikant wat aan haar trek, om haar weg te trek van die pomp. Sy het hom dopgehou -- en hy het wakker geword.

Hier is die verklaring van jou droom: (En ek kon jou daardie aand vertel het, maar ek het net weggedraai.) In soverre daardie Zipporah, en een ou vrou, en nog 'n regtig, regtig, ou vrou -- dis kerke. Sien? En Zipporah, wat eintlik die vrou van Moses was -- Zipporah -- en ons het opgelet dat ek hom gesê het om nie by hulle te stop nie, maak nie saak hoe oud hulle was nie, hulle was organisasies. Moenie by hulle stop nie! Hulle het hulle tyd uitgeleef. Maar wanneer dit kom by my vrou, wat my kerk is wat Jesus Christus my gestuur het in hierdie laaste dae, en hier is dit! STOP DAAR! En ek was weg weswaarts.

Toe, Suster Steffy (sy mag miskien nie hier wees want sy was in die hospitaal) Ek weet nie...Is Suster Steffy...Ja, hier is sy. Suster Steffy het gekom na my huis vir gebed voordat sy na die hospitaal gegaan het vir snykunde, dat God haar sou help en haar seën, en Hy het sekerlik.

En sy het gesê, "Ek het 'n snaakse droom gehad, Broer Branham."

Ek het gesê, "Ja."

En sy het gesê, "Ek het gedroom dat ek uit in die weste was en ek..." (dit is die sesde een) en sy het gesê, "Ek het gedroom ek was uit in die weste, en dis golwende land, en toe ek gekyk het, staande op 'n heuwel, was daar 'n regtige ou man met 'n lang wit baard, en die hare wat hy gehad het, was af oor sy gesig gegroei, en hy het 'n wit omhangsel -- iets -- kledingstuk gehad, die wind het dit gewaai." (Ek dink dit is reg, Suster Steffy, soos dit.) En sy het gesê, "Ek het bly nader kom; hy het gestaan bo-op die top van 'n berg, ooswaarts gekyk." En gesê, "Ek het gewonder, `Wie is hierdie ou man?'" En sy het nader, nader beweeg, en toe sy nader kom, sy het herken wie dit was. Dit was die onsterflike Elia, die profeet, wat daarbo staan en die ooste dophou.

Sy het gesê, "Ek moet hom sien!" (Sy het 'n behoefte gehad.) En sy het heuwel-op gehardloop en neergeval daar om met hom te praat en die naam van Elia, en gesê toe sy gepraat het, sy het 'n stem hoor sê, "Wat wil jy hê, Suster Steffy?" En dit was ek.

Jou droom was vervul net daar, Suster Steffy. Want, dadelik daarna, het ek na Louisville gegaan. Wat jy nodig gehad het was die gebed -- om te sien dat sy goed deurkom by die hospitaal; en die teken van my wat weswaarts gaan, en ooswaarts kyk, vir my kudde.

Let op, toe...ek gegaan het na Louisville, en toe ek terugkom, ek het soort van begin in die hek, en daar was pale ingeslaan daar oor my hek. Mnr. Goynes, van die Stadsraad hier, het opgekom in die laan. Hy het gesê, "Billy, kom hier." Hy het gesê, "Jy moet jou hekke en dinge skuif -- heining, draadheining, en hekke.

Ek het gesê, "Wel, goed Bill." Ek het gesê, "Ek sal dit doen. Wanneer?"

Hy het gesê, "Ek sal jou sê. Ek sal jou laat weet wanneer."

Ek het gesê, "Reg, die eerste van die jaar gaan hulle begin om dit te doen."

Ek het gesê, "goed."

So ek het begin teruggaan in die huis, en my vrou het gesê, "Ek moet nou gou gaan om kruideniersware te kry." Ek het afgegaan met die laan, en 'n seun, Raymond King, wat 'n stadsingenieur is -- ek noem hom altyd "Modder Oor" want ons was klein kinders wat saam geswem het, hy het 'n kêrel in die oor getref met 'n stuk modder, en ons het hom altyd genoem, "Modder Oor." Hy bly net onderkant die laan van my af -- omtrent tweede deur onder Broer Woods.

En so het ek gesê, "Mud, kom hier 'n oomblik."

Hy het gesê, "Goed, Billy." (Hy het soontoe gekom.)

Ek het gesê, "Daardie paal wat jy ingekap het..."

Hy het gesê, "Billy, hulle gaan die hele ding inneem -- al daardie bome, daardie heinings, alles anders moet geskuif word."

Ek het gesê, "Wel, die ingenieur het my gesê dat my eiendom kom tot by die middel van die straat."

Hy het gesê, "Ja, maar hulle gaan dit uitbrei. Gaan dit in elk geval inneem."

Hy het gesê, "Myne is ook."

Ek het gesê, "Wel Broer Woods is 'n klipmesselaar." En ek het gesê, "Ek sal hom net kry om dit terug te skuif."

Hy het gesê, "Billy, moet dit nie aanraak nie. Laat die kontrakteur dit doen. Dit is die pastorie, is dit nie?"

Ek het gesê, "Ja meneer."

Hy het gesê, "Laat hom dit doen." Hy het gesê, "Jy weet wat ek bedoel."

Ek het gesê, "Ja."

Ek het omgedraai en daardie vinnige iets het dit getref.

Ek het huis toe gegaan, in my studeerkamer ingegaan, "daardie boek" opgetel, en daar was dit. Dit was nie sement blokke nie -- dit was klippe. Ek het gesê, "Meda, maak gereed."

Ses drome agtermekaar, en toe die gesig wat dit afgerond het. "Wanneer hierdie dinge gebeur, draai weswaarts."

Ek het Tucson gebel. Broer Norman het 'n plek. Ek weet nie waar ek gaan nie. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek is net in 'n...ek staan...ek weet nie wat om te doen nie. Ek verlaat 'n huis en ek hoef nie daarop huur te betaal nie. My loon is 'n honderd dollar 'n week. Ek moet omtrent 'n honderd dollar 'n maand betaal vir'n huis. Ek is reg hier by my broers en susters, waar ek geliefd is. En ek gaan, ek weet nie waarheen nie. Ek weet nie hoekom nie. Ek kan julle nie sê hoekom nie. Maar daar is net een ding wat ek weet: volg net wat Hy sê doen. Ek weet nie watter kant om te draai nie. Wat om te doen, dit is niks van my...

Ek reken Abraham het so gevoel toe Hy hom vertel het, "Gaan oor, oorkant die rivier." Hy het nie geweet wat om te doen nie. "Maar vertoef," -- homself afgesonder. Ek weet nie wat om te doen nie.

Verlede Saterdagmôre, gister eenweek gelede, omstreeks omtrent drie uur in die môre, ek het opgestaan en water gekry om te drink, die komberse oor Joseph getrek in sy kamer, en toe het ek teruggekom en het net gaan lê en ek het aan die slaap geraak. Toe ek aan die slaap...(nou ek kry hierdie klein drome en dinge weg, sodat julle die agtergrond kan sien van wat ek gereed maak om te sê). Ek het Joseph toegemaak, en teruggegaan, gaan lê en aan die slaap geraak; en ek het 'n droom gedroom: en ek het gedroom dat ek 'n man sien wat veronderstel was om my vader te wees, alhoewel hy 'n groot yslike man was; en ek het 'n vrou gesien wat veronderstel was om my ma te wees, net sy het nie gelyk soos my ma nie. En hierdie man was baie wreed met sy vrou. Hy het 'n drie-hoekige stok gehad, waar hy hierdie hout gekloof het en gemaak 'n -- julle weet wanneer jy 'n hout dwarskap oor 'n stomp maak dit 'n drie-hoekige stok -- en elke keer wat hierdie vrou sou begin om op te staan, hy sou haar gryp aan die nek, haar op die kop slaan, en haar uitslaan. En dan sou sy daar lê, snik en huil, en dan sou sy weer begin opkom. Hy sou trots rondloop, met sy bors uitgestoot -- groot yslike kêrel -- en wanneer sy weer sou opkom, hy sou haar aan die nek neem, hierdie drie-hoekige stok neem, en haar op die kop slaan daarmee -- haar platslaan. Terugloop, en sy bors uitstoot asof hy iets groots gedoen het.

En ek het eenkant gestaan en dit dopgehou. En ek het gedink, "Ek kan nie daardie man aanvat nie. Hy is te groot. En dan is hy veronderstel om my pappa te wees. Maar hy is nie my pappa nie. En ek het gesê, "Hy het geen reg om daardie vrou soos dit te behandel nie." En ek het soort van 'n klein bietjie kwaad geraak vir hom. So toe, meteens het ek genoeg moed gekry, en ek het oorgegaan na hom, hom aan die kraag gegryp, en hom omgedraai. En ek het gesê, "Jy het geen reg om haar te slaan nie." En toe ek dit gesê het, spiere het gegroei -- ek het gelyk soos 'n reus. Die man het gekyk na daardie spiere, en toe het hy bang geword vir my. Ek het gesê, "Jy slaan haar weer, jy gaan met my te doen kry." En hy het soort van gehuiwer om haar weer te slaan. En toe het ek wakker geword.

En ek het daar gelê 'n klein wyle. Ek het gedink, "Wat is dit? Snaaks ek sou droom van daardie vrou." Net in 'n oomblik, hier kom Hy. Ek het die verklaring gekry.

Die vrou verteenwoordig die kerk van die wêreld vandag -- die hele wêreld. Ek was gebore direk in hierdie gemors, en hier is ek. Sy is veronderstel om 'n soort van 'n moeder van...as sy 'n moeder van hoere was -- maar tog ek was direk daarin gebore. En die, haar man is die denominasies wat haar regeer. Die drie-hoekige stok wat hy gehad het is die drie-enige doop in valse name, dat elke keer wat sy begin om op te staan vir die gemeente om dit te aanvaar, slaan hy haar plat daarmee. En natuurlik, hy wat so groot is, ek het omgedraai -- was 'n bietjie bang vir hom, en toe het ek in hom ingedons in elk geval, en die spiere was geloofspiere. Dit het my laat dink, "As God met my is -- my kan spiere gee, laat ek opstaan vir haar," hou op om haar te slaan.

Moes tienuur gewees het in die dag toe my vrou probeer het om die kamer binne te kom. En dit het gebeur. Ek het in 'n gesig gegaan daardie oggend en ek het op een of ander manier...Nou onthou DIT WAS NIE 'N DROOM NIE!

Daar is 'n verskil tussen drome en gesigte. Drome is wanneer jy aan die slaap raak. Gesigte is wanneer jy nie aan die slaap raak nie. Ons is so gebore. Die gewone menslike wese, wanneer hy droom, dit is in sy onderbewuste. En sy onderbewuste is ver weg van hom. Sy sintuie is aktief, so lank as hy in hierdie eerste bewuste is. In hierdie bewuste, is jy normaal. Jy sien, proe, voel, ruik, hoor; maar wanneer jy in jou onderbewuste is, aan die slaap, jy sien, proe, voel, ruik, of hoor nie. Maar daar is iets wanneer jy droom dat jy terugkeer na hierdie bewuste. Daar is 'n geheue wat jy onthou iets waaroor jy gedroom het jare gelede.

Die gewone menslike wese is so. Maar wanneer God iets voortbestem, hierdie onderbewuste is nie ver weg van hier vir die siener nie, maar beide bewustes is direk bymekaar. En die siener in 'n gesig raak nie aan die slaap nie -- hy is steeds in sy sintuie, en hy sien dit.

Ek het dit verduidelik vir 'n paar dokters die ander dag, en hulle het opgestaan en gesê, "Wonderlik. Nooit eens gedink aan so 'n ding nie." Toe ek 'n golftoets geneem het, en hulle het gesê hulle het nooit so iets gesien nie. Sien? Wel hulle het gesê, "Daar is iets wat gebeur met jou."

En ek het gesê...ek het hulle vertel. Hulle het gesê, "Daar is dit, presies."

Sien, die twee bewussyne sit reg naby mekaar. Dis niks wat ek kan doen nie, en dit maak my nie enigiets meer as iemand anders nie. Dit is net God het dit so gemaak. Jy raak nie aan die slaap nie -- jy is reg hier, net soos aan die slaap. Jy staan hier en kyk uit soos dit en...almal van julle het dit gesien, rondom die wêreld. Jy raak nie aan die slaap nie -- hier op die platvorm staan en praat met die mense nie. Julle hoor my gesigte ingaan en terugkom wanneer ek in die kar ry saam met julle, of oral anders, en julle dinge vertel wat gaan gebeur. En faal nooit. Dit het nooit. Het enigiemand dit ooit sien faal? Nee, meneer. Dit kan nie faal nie. Dit sal nie faal so lank as dit God is nie. Let op, reg vanaf die platvorm, duisende, voor tiene van duisende van mense, selfs in ander tale wat ek nie eens kan praat nie -- steeds faal dit nie. Sien -- God.

Nou, in hierdie gesig, of soos ek gepraat het, ek het gekyk, en ek het 'n snaakse ding gesien. Nou, dit het geblyk dat my klein seuntjie Joseph aan my sy was. Ek het met hom gepraat. Nou, as julle die gesig regtig noukeurig dophou, julle sal sien hoekom Joseph daar gestaan het.

En ek het gekyk, en daar was 'n groot bos. En op daardie bos in 'n konstellasie van voëls -- klein klein voëltjies, omtrent 'n halwe duim lank en 'n halwe duim hoog -- hulle was klein veterane. Hulle klein veertjies was afgemat. En daar was omtrent twee of drie op die boonste tak, ses of agt op die volgende tak, en vyftien of twintig op die volgende tak -- afkomend in die vorming van 'n piramide. En daardie klein kêrels -- klein boodskappers, en hulle was omtrent goed uitgeput. En hulle het ooswaarts gekyk, en ek was by Tucson, Arizona in die gesig. Want dit het dit so bedoel sodat Hy nie wou hê dat ek moes miskyk waar dit was nie, het ek 'n sandklits van my afgetrek van die woestyn. En ek het gesê, "Nou weet ek dit is 'n gesig, en ek weet dat ek in Tucson is. En ek weet dat daardie klein voëltjies daar iets verteenwoordig." En hulle het ooswaarts gekyk. Meteens het hulle 'n idee gekry om te vlieg, en weg het hulle gegaan ooswaarts.

En so gou as wat hulle weg was, 'n konstellasie van groter voëls het gekom. Hulle het gelyk soos duiwe -- skerp gepunte vlerke, soort van 'n grys kleur, 'n bietjie ligter kleur as wat daardie eerste klein boodskappers was. En hulle het vinnig ooswaarts gekom. En nouliks nadat hulle uit my sig was, ek het weer gedraai om weswaarts te kyk, en daar het dit gebeur. DAAR WAS 'N ONTPLOFFING WAT WERKLIK DIE HELE AARDE GESKUD HET! Nou moet dit nie mis nie! En julle op band, WEES SEKER JULLE KRY DIT REG!

Eerstens 'n ONTPLOFFING! En ek het gedink dit klink soos 'n "klankgrens," of wat ook al jy dit noem wanneer vliegtuie die klank oorsteek, en die klank kom terug na die aarde. Dit het geskud soos..., gebrul, alles! Dan kon dit soos 'n groot donderslag en weerlig gewees het. Ek het nie die weerlig gesien nie. Ek het net daardie GROOT ONTPLOFFING gehoor wat uitgegaan het wat geklink het asof dit suid van my was; in die rigting van Mexiko.

Maar dit het die aarde geskud, en toe dit het (ek het steeds weswaarts gekyk), ver weg in die ewigheid het ek 'n konstellasie van iets sien aankom. Dit het gelyk asof dit klein kolletjies kon wees. Daar kon nie minder as vyf gewees het nie, en nie meer as sewe nie. Maar hulle was in die vorm van 'n piramide, soos hierdie boodskappers wat aankom.

En toe dit het, die krag van die Almagtige God het my opgelig om hulle te ontmoet. En ek kan sien...dit het my nooit verlaat nie...agt dae is verby, en ek kan dit steeds nie vergeet nie. Ek het nooit enigiets my laat pla soos dit het nie. My familie sal julle vertel.

Ek kon daardie engele sien, daardie agtertoe gevormde vlerke wat vinniger beweeg as wat klank kan beweeg. Hulle het gekom vanaf Ewigheid in 'n oogwink soos die vonkel van 'n oog. Nie eens om jou oog te knip nie, net 'n vonkel. Hulle was daar. Ek het nie tyd gehad om te tel nie. Ek het nie tyd gehad, nie meer as net kyk nie. Magtiges, groot kragtige engele, sneeu-wit! Vlerke in koppe gehou en hulle het "whew wheeew," [fluit geluid -- Red.] en toe dit het, ek was opgevang binne in hierdie piramide, of konstellasie. En ek het gedink, "Nou, hierdie is dit." Ek was oral oor verstyf, en ek het gesê, "O goeiste. Dit beteken dat daar 'n ontploffing sal wees wat my sal doodmaak. Ek is op die einde van my pad nou. Ek moet nie my mense vertel wanneer hierdie gesig weggaan nie." Ek wil nie hê hulle moet weet daarvan nie, maar die Hemelse Vader het my nou laat weet dat my tyd klaar is. En ek sal nie my familie sê sodat hulle oor my bekommerd sal wees nie, want Hy maak gereed om te gaan en hierdie Engele het vir my gekom en ek sal doodgemaak word baie gou nou in 'n sekere soort van ontploffing.

Toe het dit na my gekom, terwyl ek in hierdie konstellasie was, "Nee, dit is nie dit nie. As dit jou sou doodmaak sou dit Joseph doodgemaak het, en ek kon Joseph my hoor roep." Wel, toe het ek weer gedraai en gedink, "Here God, wat beteken hierdie gesig?" En ek het gewonder, en toe het dit na my gekom. Nie 'n stem nie -- net na my gekom. O! Dit is die Engele van die Here wat kom om my my nuwe opdragte te gee! En toe ek dit gedink het, ek het my hande opgesteek, en ek het gesê, "O Here Jesus, wat wil U hê moet ek doen?" En die gesig het my verlaat.

Vir omtrent 'n uur, kon ek nie voel nie.

Nou, julle mense weet wat die seëninge van die Here is. Maar die Krag van die Here is totaal anders. Die Krag van die Here in daardie soort plekke, ek het dit baie maal tevore in gesigte gevoel, maar nooit soos daardie nie. Dit voel soos 'n "eerbiedige vrees." Ek was so bang totdat ek verlam was in die teenwoordigheid van hierdie wesens. EK VERTEL DIE WAARHEID. Soos Paulus gesê het, "Ek lieg nie." Het julle my ooit iets verkeerd vang sê oor iets soos daardie? Iets maak gereed om te gebeur!

Toe na 'n tyd het ek gesê, "Here Jesus, as ek doodgemaak gaan word, laat my weet sodat ek nie my mense hiervan hoef te sê nie; maar as dit iets anders is, laat my weet." Die was niks het geantwoord nie.

Nadat die Gees my verlaat het vir omtrent 'n halfuur, reken ek of meer, ek het gesê, "Here, as dit dan is dat ek doodgemaak word, en U is klaar met my op aarde, en ek gaan nou huis toe geneem word -- wat as dit so is, is dit goed. Dit is goed." So, ek het gesê, "As dit is, laat my weet. Stuur weer U krag terug op my. Dan sal ek weet om my mense nie te sê nie, of enigiemand, omtrent dit, want U maak gereed om my weg te neem." En ek...en niks het gebeur nie. Ek het 'n tydjie gewag. Toe het ek gesê, "Here Jesus, as dit nie dit beteken nie, en dit beteken dat U iets het vir my om te doen en dit sal aan my geopenbaar word later, stuur dan U krag. EN DIT HET MY AMPER UIT DIE KAMER GENEEM!

Ek het myself gekry êrens in 'n hoek. Ek kon my vrou iewers 'n deur hoor skud. Die deur in die slaapkamer was gesluit. En ek het 'n Bybel oop gehad, en ek het gelees...ek weet nie, maar dit was, ek glo, Romeine, die 9de hoofstuk, die laaste vers: "Kyk, ek lê in Sion, 'n steen, van aanstoot, en 'n rots van struikeling, en elkeen wat in Hom glo sal nie beskaamd word nie." Ek het gedink, "Dit is snaaks dat ek dit sou lees." (Gees het my steeds gehou in die kamer.)

Ek het die Bybel toegemaak en daar gestaan. Ek het oorgegaan na die vensters, (dit was omtrent tienuur in die dag, of later) en ek het my hande opgesteek en ek het gesê, "Here God, ek verstaan nie. Dit is 'n snaakse dag vir my. En ek is buite myself, amper." En ek het gesê, "Here, wat beteken dit? Laat ek dit weer lees, as dit U is." (Nou dit klink kinderagtig!) Ek het die Bybel opgetel, en dit oopgemaak. Daar was dit weer op dieselfde plek -- Paulus, wat die Jode vertel dat hulle probeer om...wat die Romeine vertel dat die Jode probeer om dit te aanvaar deur werke, maar dit is deur geloof dat ons dit glo.

Wel, dit was 'n geweldige tyd sedertdien. Nou sien julle waar ek staan. Ek weet nie wat gebeur nie! Ek weet nie wat om te sê nie! Maar nou, laat ek nou, van nou af aan, vir die volgende ongeveer vyftien of twintig minute, laat my iets hier nou probeer sê. Onthou, NIE EEN KEER het hierdie gesigte gefaal nie.

Nou, ek gaan die Skrifte neem vir 'n oomblik. As julle oplet, in Openbaring die 10de hoofstuk...Nou, laat ek dit sê: As die gesig skriftuurlik is, dit kan net deur die Skrif verklaar word. En dan wil ek hê julle moet dit bymekaar sit. Nou, julle teenwoordig en julle op band, wees seker julle sê dit op die manier wat ek dit sê, want dit kan baie maklik misverstaan word. (Is julle haastig? Goed net...ek dank julle dat julle so stil en aangenaam is.)

Nou die Sewende Engel...Nou, "Menere, (soos ek betitel het) is hierdie die teken van die Eindtyd?" Waar lewe ons?...Watter tyd van die dag is dit? Soos die moë worstelaar deur die nag, oplig en draai om te kyk op die wekker om te sien wat dit is -- die lig opdraai. My gebed is, "God laat ons die lig aanskakel!" Ek staan in 'n verskriklike plek, as julle maar geweet het. ONTHOU, EK Sê JULLE IN DIE NAAM VAN DIE HERE, EK HET JULLE DIE WAARHEID VERTEL! EN IETS MAAK GEREED OM TE GEBEUR! Ek weet nie. Nou, julle op bande, begryp dit? EK WEET NIE! Ek gaan probeer -- wat na my gekom het gister sittende in my studeerkamer. Ek sê nie dat dit die waarheid is nie. Daar was net iets wat in my hart beweeg het toe ek die vloere geloop het.

Ek was veronderstel om af te gaan -- 'n klein tydjie af te kry en af te kom met Charlie -- en saam met hom gaan jag een dag, voordat ons moes skei van mekaar.

Laat ek sê, dat omdat ek na die Weste gaan, dit is nie dat ek hierdie tabernakel verlaat nie. Hierdie is die kerk wat die Here God my gegee het. Hier is my hoofkantore. Hier is waar ek bly. Ek gaan slegs in gehoorsaamheid aan 'n gebod wat aan my gegee is deur 'n gesig. My seun, Billy Paul, sal my sekretaris bly. My kantoor sal reg hier by hierdie kerk wees. Met die hulp van God, ek sal hier wees wanneer hierdie ding voltooi is, om die Sewe Seëls te preek; en my bande wat ek maak, of enigiets anders, sal reg hier by hierdie kerk gemaak word. En reg hier, sover as ek weet, is die plek waar ek kan preek met meer vrymoedigheid as wat ek kan enige plek anders in die wêreld -- as gevolg van die groep van mense hier wat glo en honger is en vashou. En hierdie voel soos tuis vir my. Hierdie is die plek. En as julle oplet, die droom het dieselfde ding gespreek. Sien, waar die voedsel...

Nou, maar ek weet nie wat in die toekoms lê nie -- maar ek weet Wie hou die toekoms. Dit is die hoofsaak.

Nou, God, as ek verkeerd is, vergewe my en maak my mond toe, Here, vir enigiets wat nie U wil is nie. Ek doen dit slegs omdat ek beïndruk is, Here. Mag die mense verstaan -- slegs beïndruk.

Die rede ek dink die verklaring het nie dadelik gekom nie -- dit was deur die soewereiniteit van God, want ek glo dit is uitgeskryf hier in die Bybel vir my. En dan as dit skriftuurlik is, dit is slegs die Skrif wat dit kan verklaar. En as dit waar is, Broer, Suster, ek bedoel nie om julle bang te maak nie, maar ons beter baie versigtig wees nou. Ons maak gereed om...iets maak gereed om te gebeur.

Nou, ek sê dit met eerbied en die vrees van God. En julle dink ek sou hier staan -- en julle mense glo selfs in my om 'n profeet te wees. (Ek maak nie aanspraak om te wees nie.) My beweegrede was dit. Toe, verlede jaar ek het gesê dis die enigste ding wat ek gesien het, die herlewing is oor in hierdie volk -- van hierdie volk in elk geval. Ek het 'n evangelistiese toer geneem -- baie van julle het saam met my gegaan. O, dit was goed. Ons het groot tye, goeie byeenkomste, baie skares gehad, maar dit het net nie die kol getref nie. Hierdie jaar neem ek 'n sendingtoer. So gou as ek kan, ek gaan na Afrika, Indië, en rondom die wêreld, as ek kan, op nog 'n sendingtoer. As dit nie werk nie, dan gaan ek nog water nog voedsel neem, en ek gaan sommige van daardie hoë berge oorkant klim, en ek gaan daar bly, totdat God antwoord op 'n manier. Ek kan nie soos hierdie lewe nie. Ek kan net nie aangaan nie. Dit mag die antwoord hier wees. Ek weet nie. Totdat Hy my verander...

Onthou julle die gesig, omtrent drie weke gelede, gestaan in die son, gepreek vir die gemeente? Julle was almal hier verlede Sondag. Baie Sondae kry julle mense hier die bande en is hier wanneer dit gemaak word, julle verstaan hierdie dinge, want nou sal ek net hierdie plekke tref, en hou julle dit dop. Selfs net elke bietjie daarvan wat gesê is word versinnebeeld reg hierin. So dit moet die verklaring wees. Ek weet nie. Dit is hoekom ek sê, "Menere, is hierdie dit?"

Ek glo dat die Sewende Engel van Openbaring 10 is die Sewende Kerkeeu Boodskapper van Openbaring 3:14. Onthou...Nou, laat ek lees...kyk...waar kan ek lees...Nou, dit was die Sewende Engel.

Nou, julle let op, hierdie was 'n engel; en dit is die engel van die Sewende Kerkeeu, want dit sê hier, dit is die Sewende Engel van die Sewende Kerkeeu. Dit gevind, as julle wil sien wie, of waar die engel is...(Openbaring 3:14). Dit is die engel aan die Laodicense Kerk.

Nou, julle onthou toe dit daar vertel was (die engele aan die Kerkeeue)...en nou, hierin, dit sal reg hierin pas, in hierdie Sewe Seëls waaroor ons kom praat. En die Sewe Seëls waarvan ons probeer praat (wanneer ons hierdie keer kom) is die Sewe geskrewe Seëls, en hierdie Sewe Seëls, soos julle weet, is net die manifestasie van die Sewe Engele van die Sewe Kerke. Maar daar is Sewe ander Seëls wat aan die agterkant van die Boek -- buitekant die Bybel. Let op, ons sal dit kry in 'n oomblik.

Nou, voordat ek dit begin, is julle moeg? Wil julle staan, posisie verander?

Nou, luister aandagtig. Die Sewende Engel van Openbaring 10:7 is die Sewende Kerkeeu Boodskapper. Sien? Nou kyk. In die dae...Nou kyk hier.

Nou, hierdie boodskapper, wat uitbasuin, die Sewende Engel hier, basuin sy boodskap uit na die Laodicense Kerk. Let op sy soort boodskap. Nou, dit was nie aan die Eerste Engel, (was dit nie gegee nie), Tweede Engel, Derde, Vierde, Vyfde, Sesde; maar dit is die Sewende Engel wat hierdie soort boodskap gehad het. Wat was dit? Let op, sy soort boodskap: volbring al die verborgenhede van God wat geskryf is in die Boek. Die Sewende Engel sluit al die verborgenhede af, wat los-puntig gelê het, al deur hierdie organisasies en denominasies -- die Sewende Engel versamel hulle en volbring die totale verborgenheid. Nou dit is wat die Bybel gesê het -- volbring die verborgenheid van die geskrewe Boek.

Nou, laat ons oplet na 'n paar van hierdie verborgenhede. (En as julle hulle wil neerskryf.) Eerstens, ek sal neem wat Scofield hier sê in Mattheüs 13. As julle sommige van hulle wil neertik...As julle nie 'n Scofield Bybel het nie, julle mag lees wat hy dink sommige van die verborgenhede is.

Nou, in die 11de vers:

Hier is die verborgenheid: 'n Verborgenheid is skrif -- is 'n voorheen verborge waarheid, nou Goddelik geopenbaar, maar wat 'n bonatuurlike bestandeel steeds oorbly, ongeag die openbaring. Die Groter Verborgenhede en die Groot Verborgenhede is:

Nommer 1. Die verborgenheid van die Koninkryk van die Hemel. (Dit is die een waaroor ons nou praat. Mattheüs 13:3-15.)

Nou 2de verborgenheid is die verborgenheid van Israel se blindheid gedurende hierdie eeu. (Romeine 11:25 was die konteks.)

3de verborgenheid is die verborgenheid van die verandering van die lewende heiliges teen die end-tyd van hierdie eeu. (1 Korinthiërs 15, en ook Thessalonicense 4 en vers 14 tot 17.)

Die 4de verborgenheid, van die Nuwe Testament Kerk as Een Liggaam, saamgestel uit beide Jode en Heidene. (Efesiërs 3:1 tot 11, Romeine 16:25 en ook Efesiërs 6:19, Kolossense 4:3.)

Die 5de verborgenheid is van die Kerk, as die Bruid van Christus. (Efesiërs 5:28 tot 32.)

6de verborgenheid is van die Lewende Christus, dieselfde gister, vandag en vir ewig. (Galasiërs 2:20 en Hebreërs die 13:8, en baie plekke soos daardie.)

Die 7de verborgenheid is van God, selfs Christus, as die Beliggaamde volheid van die godheid, in Wie alle goddelike wysheid en goddelikheid herstel beliggaamd is aan die mens.

9de verborgenheid is die verborgenheid van ongeregtigheid gevind in II Thessalonicense, ensovoorts.

Die 10de verborgenheid is van die Sewe Sterre van Openbaring 1:20. (Ons is nou net daardeur. Die Sewe Sterre was die Sewe Kerke. Die Sewe Boodskappers, ensovoorts.)

En die 11de verborgenheid is misterieuse Babilon, die prostituut, Openbaring 17:5 tot 7.

Dit is sommige van die verborgenhede wat hierdie engel veronderstel is om af te sluit -- AL die verborgenhede, al die verborgenhede van God. En die ander -- mag ek dit sê met eerbied en nie verwysend na myself nie, maar verwysend na die Engel van God.

Die saad van die slang, wat 'n verborge geheim was deur al die jare.

Die Genade in orde gebring -- nie skande nie, maar regte ware genade.

Glad nie so 'n ding soos 'n Ewige brandende hel nie. Jy sal brand vir miljoene van jare, maar enigiets wat Ewig was het nie 'n begin of einde nie, en die hel was geskep -- al hierdie verborgenhede.

Die verborgenheid van die Doping met die Heilige Gees, sonder sensasie, maar die Persoon van Christus wat in jou dieselfde werke doen wat Hy gedoen het.

Die verborgenheid van waterdoping, waar die uiterste drie-enigheid dit ingebring het in die titels van Vader, Seun, en Heilige Gees, en die verborgenheid van die godhede wat volbring is in die Doping in die Naam van Jesus Christus volgens die Boek van die Openbaring, wat die Kerk in hierdie tyd moes ontvang. Daar is sommige van die verborgenhede.

Die Pilaar van Vuur wat terugkeer. Amen! Dit is die ding wat veronderstel is om plaas te vind, en ons sien dit!

O, hoe ons kan aangaan om die verborgenhede op te noem. Daardie Pilaar van Vuur wat die kinders van Israel gelei het -- dieselfde een wat Saulus platgeslaan het op sy pad na Damaskus, en DIESELFDE EEN, wat kom met dieselfde krag, dieselfde dinge doen, en dieselfde Woord openbaar, woord vir woord by die Bybel bly.

Die blaas van die Basuin beteken EVANGELIE BASUIN. En die blaas van 'n basuin in die Bybel beteken, maak gereed vir 'n Skriftuurlike Oorlog. Kry julle dit neer? Skriftuurlike Oorlog. Paulus het gesê...(As julle dit wil neerskryf, I Korinthiërs 14:8) Paulus het gesê, "As die Basuin 'n onduidelike klank gee, hoe sal 'n man weet waarvoor om voor te berei?" En as dit nie 'n skriftuurlike klank het nie, 'n bevestigde, 'n bevestiging van die Woord van God gemanifesteer, hoe sal ons dit weet in die end-tyd? As dit sê hulle glo dat Jesus Christus is dieselfde gister, vandag en verewig, maar ontken Sy tekens en wonders wat die hele ryk van die natuur aan Hom geglo het, en die hele Kerk het aan Hom geglo daaroor, hoe sal ons weet om gereed te maak?

Iemand het uitgekom met 'n kaart en dit alles uitgeteken, en iemand het voortgekom met 'n ander ding en dit alles uitgeteken, teenstrydig met hierdie een. Sommige het uitgekom en gesê, "Hierdie is dit," teruggekom na hierdie, en andere het boeke geskryf en dinge soos daardie. Maar GOD KOM in die KRAG van Sy OPSTANDING en wie gaan daarteen spreek? As Jesus Christus dieselfde gister, vandag, en verewig is, DOEN Hy dieselfde wat Hy gister, vandag, en verewig gedoen het. Dit is wat die engel veronderstel is om te doen -- neem daardie verborgenhede, daardie los punte, waarop mense uithardloop.

Let op, dit gee 'n onduidelike klank, onskriftuurlik, wie kan homself voorberei? Maar 'n Basuin...Het julle opgelet elkeen van daardie eeue, soos ek julle vertel het oor die kerk wat inkom, daar was 'n Basuin geblaas, 'n Seël losgeskeur; en 'n basuin beteken oorlog! En as dit nie 'n skriftuurlike klank gee nie, wat daarvan? Maar laat my dit tot julle herinnering roep. Moet dit nou nie mis nie.

Let op, elke kerkeeu het 'n boodskapper gehad. Ons weet dat Paulus die eerste boodskapper was. En toe die eerste basuin geblaas het, en die Eerste Seël losgeskeur was, Paulus was die eerste boodskapper soos ons gevind het. Wat het hy gedoen? Oorlog verklaar. Op wat? Die Ortodokse Kerk, weens die ongeloof in die Messias Teken wat Jesus aan hulle getoon het.

Tog, hulle moes dit geken het! Hulle moes Hom geken het!

Onthou Paulus het gekom aan die einde van die eeu -- alle boodskappers kom aan die einde van die eeu. Dit is in die end-tyd wanneer hierdie dinge voortgebring word.

Paulus, wat die Skrifte geken het, en geweet het dat Jesus die Messias was, en hy het daardie sinagoges van plek tot plek geslaan met die Skrifte en was uitgesit uit elkeen van hulle. Totdat hy uiteindelik die stof afgeskud het van sy voete en na die Heidene gedraai het.

Wat was dit? Blaas van 'n Basuin! 'n Engel boodskapper wat daar staan met die WOORD. O goeiste! Moet nou nie daardie mis nie! Die Woord! En Paulus, met die onbesmette verklaring van God se Woord, het elkeen van daardie sinagoges getref. Hom sy lewe gekos.

Hoe ons kan afgaan na Irenaeus, die een...die boodskapper van die volgende kerkeeu, en Sint Martin, die volgende kerkeeu, toe hulle begin het om die leerstellinge van die Nikolaïete te kry...begin inkom. En hulle het daardie eeu getref. Saint Martin het sy eeu getref. En toe Luther, die vyfde boodskapper, hy het daardie Katolieke Kerk getref met die Woord van God. "Die regverdiges sal lewe deur geloof," het hy gesê; en "Hierdie is nie die letterlike liggaam van Christus nie," en hy het die nagmaal op die vloer gegooi, en uitgeloop, en daardie Katolieke Kerk getref. Die Basuin het geblaas. Dit is reg. Is dit reg?

John Wesley, opgestaan in die dae van die Anglikaanse Kerk, toe hulle gesê het, "Daar is nie meer rede om herlewings te hê nie," en dit het na saad gegaan. Maar John Wesley het opgestaan met 'n boodskap van die tweede werk van genade; HEILIGMAKING. En hy het daardie Anglikaanse Kerk getref met die Evangelie Basuin -- voorberei vir oorlog. Dit is reg. Hy het dit gedoen.

Nou, ons is in die Laodicense Eeu, toe hulle weer gedenominiseer het. Metodis, Baptis, Presbiteriaan, Lutheraan, Pinksters en ons soek vir 'n profeet om te kom, om hierdie eeu te TREF, en hulle terug te draai van hulle ongeregtigheid.

Nou, as dit die koers al die pad deur hierdie eeu was, sal God Sy koers in hierdie dag verander? Hy kan dit nie verander nie. Hy moet die vaste reëlmaat behou. En onthou, hierdie boodskapper is die Sewende Engel, en hy moes al die verborgenhede neem en hulle versamel.

Let op, die Sewende Engel moes die RYK Laodicense kerk tref. "Ek is ryk, en verryk geword, en het aan niks gebrek nie." Hy het gesê, "Jy is ellendig, beklaenswaardig, arm, blind en nakend en weet dit nie." Dit was sy boodskap.

O God, stuur ons 'n vreeslose profeet met SO SPREEK DIE HERE dat die bevestigde Woord van God daardeur sal beweeg, en bewys dat hy gestuur is van God. En wanneer hy kom, hy sal daardie eeue tref. Dit sal sekerlik. Hy sal daardie Laodicense Kerk teen hom opstel. Sekerlik sal hy. Hulle het dit in elke ander eeu gedoen. Dit sal nie in hierdie eeu verander nie. Dit moet dieselfde wees.

Let op, nou die Laodicense Kerk -- die boodskapper sal die Laodicense beëindig...die Sewende Engel sal al die verborgenhede beëindig wat verloor was in die vorige oorloë vir die waarheid.

Luther het opgestaan, maar hy het nie al die waarheid gehad nie. Hy het net regverdigmaking gehad. Reg! Aan kom nog 'n boodskapper met die naam van John Wesley met heiligmaking. Hy het dit nie gehad nie. Die Bybel het gesê...die Filadelfiese Kerk. Dan kom die Laodicense Kerkeeu met die Doping van die Gees, maar hulle het dit alles opgemors en reguit teruggegaan in die formalisme soos hulle in die eerste plek gedoen het -- wanneer Hy na gekyk moes word as Alpha en Omega. Sy hand wat een rigting lê, en een rigting -- die eerste en die laaste.

Sy Gees het geval op die dag van Pinkster en daardie groep vervul. Sy het stelselmatig weggedreineer, totdat dit deur die Donker Eeue gekom het, die Sewe Goue Kandelare, die Sewe Kerkeeue. Die laaste was die verste weg van Hom. Dit was 'n duisend, naastenby 'n duisend jaar van Donker Eeue en die Katolieke Kerk. Luther het begin om die volgende Lig te bring, 'n bietjie nader aan die Woord. Die volgende Lig het 'n bietjie nader gekom. Die volgende Lig, die Laodicense, toe het dit reguit teruggekom soos dit die eerste plek gedoen het. Reguit afgegaan in dieselfde gemors wat dit in die eerste plek gedoen het. Sien julle nie wat ek bedoel nie?

Nou kyk. Daar is 'n klomp waarheid verlore daarbuite. Hoekom? Waar andere toegegee het op waarheid. Maar hierdie Sewende Engel gee nie toe op enigiets nie! Hy maak al die los punte bymekaar -- maak hulle almal bymekaar, en by SY UITBASUINING, al die verborgenhede van God sal volbring wees. God het hom gestuur. Almal van die verborge geheime was volbring toe hy...Dit was openbaar aan hom. Deur wat? As hierdie verborgenhede geheime is, die man SAL 'n PROFEET moet wees. En het ons nie nou net deurgegaan en gesien dat die profeet wat moet kom in die laaste dae sal daardie groot Elia wees waarvoor ons gesoek het? Want hierdie verborgenhede wat verborge is vir die teoloë sal geopenbaar word deur God, en die Woord kom SLEGS na die profeet. En ons weet dit. Hy sal die tweede Elia wees, soos beloof. O, goeiste! Die boodskap wat hy sal bring sal die verborgenhede van al hierdie dinge wees.

Ons het waterdoping -- dis alles deurmekaar. Dit is reg. Een besprinkel, een giet, een neem Vader, Seun, en Heilige Gees, een neem hierdie, een doop drie keer gesig vorentoe -- een vir 'n God genaamd "Vader," nog een vir 'n God genaamd "Seun," en nog een vir 'n God genaamd "Heilige Gees." Die ander een sê, "Julle is verkeerd, julle moet agtertoe doop drie keer daardie manier" -- en o, wat 'n gemors! Maar die hele ding is afgesluit! Want daar is slegs EEN God! En Sy Naam is Jesus Christus, en daar is nie nog 'n naam onder die Hemel nie...Daar is nie 'n teks van Skrif, enige plek in die Bybel, waar enigiemand ooit gedoop was in enige ander manier maar in die Naam van Jesus Christus nie. Nie een keer was enige van die nuwe kerk...of die Kerk van Jesus Christus ooit besprinkel, gegiet, of enigiets anders nie. Nie een keer was ooit 'n seremonie gebruik, "Ek doop jou in die Naam van die Vader, Seun, en Heilige Gees." Dit is geloofbelydenisse en dinge. En in die stryd van waarheid, daardie punte was verlore; maar God het gesê hulle sal herstel word in die laaste dae. "Ek sal herstel, sê die Here." Ons het daardeur gegaan, nie lank gelede nie, in die "Bruid Boom."

Dit sal 'n profeet neem. Die Bybel het gesê dat hy hier sal wees. Dit is reg. Maleági 4 praat dat hy hier sal wees, en ons glo dat hy sal. Ons soek na hom, en ons soek vir sy manifestasie. En ons sal die bevestigde Woord van God sien.

Daar sal net 'n paar dit verstaan. "Soos dit was in die dae van Noag, so sal dit wees in die koms van die Seun van die mens." Wat was gered? Vyf siele. In die dae van Lot, daar was eintlik drie gered. Die vrou het begin en verloor. So sal dit wees in die koms van die Seun van die mens. Daar sal baie min gered word -- verander word in daardie tyd. Een van die verborgenhede is daardie Kerk wat opgeneem word -- soos Lot geneem was, soos Lot uitgeneem was, weg. Noag was opgeneem, en die Kerk sal opgeneem word ook. Een het ingegaan, een het uitgegaan, en die ander een gaan op. Sien dit is presies, perfek. Die Woord kom.

Die Boek wat binne in geskryf is, is dan voltooi, wanneer al hierdie verborgenhede klaar uitgebasuin is.

Nou, laat ek dit weer lees, sodat julle seker sal wees. Nou kyk:

Nou, wat is die verborgenheid van God...een van hulle? Paulus het gesê in I Timótheüs 3 (ek glo dit was) Gesê, "Onteenseglik, die verborgenheid van godsaligheid is groot..." Want God is geopenbaar in vlees. Ons het Hom hanteer, Hom gesien, is opgeneem in heerlikheid. Het verskyn aan engele, geregverdig hier op aarde -- GOD was.

Sekerlik, dit is 'n groot verborgenheid, maar dit is alles opgelos. Nie Vader, Seun en Heilige Gees -- drie Gode nie, maar Een God in drie ampte. Die Vaderskap onder Moses, die Seunskap onder Christus, die Heilige Gees onder sy eie bedeling. Drie bedelings van dieselfde God -- nie drie Gode nie.

Die verborgenheid is volbring nou. Die Bybel het gesê dit sou wees.

Wanneer die, ek het gesien die ander dag waar die wetenskaplikes my probeer weerspreek in wat hulle gesê het. Toe ek gesê het, "Enigiemand wat geglo het dat Eva 'n appel geëet het!" Nou, die wetenskap sê, (ek sien in die koerant die ander dag in groot opskrifte) sy het 'n appelkoos geëet. Onsin! Sou dit haar verlei? Sekerlik nie. Sien, hulle is net...Dis wat Kain gedink het, julle weet. Hy het dieselfde ding teruggebring, maar God het nie sy offer aangeneem nie; en Abel, regverdig, was geopenbaar aan hom dit was bloed, en hy het die bloed gebring. O God, hierdie Kerk en die eeu waarin ons lewe!

Die Boek waarbinne geskryf is, is dan voltooi wanneer hierdie engel ophou -- nou verstaan dit asseblief! -- wanneer die Sewende Engel se boodskap voltooi is -- die godheid verborgenhede, die saad van die slang verborgenheid, al die ander verborgenhede van al hierdie dinge -- ewige seunskap, soos waarvan hulle praat. Hoe kan Hy 'n ewige seun wees, wanneer ewigheid nooit begin of nooit eindig nie? En 'n seun is iets wat verwek is. Hoe kan dit sin maak!

Hoe kan daar 'n ewige Hel wees, wanneer Hel geskape was? Ek glo in 'n brandende Hel. Sekerlik. Die Bybel sê so, maar dit is om te vernietig. Die Bybel sê, "Geseënd is hy wat geen deel in die tweede dood het nie." Sien? Sien, jy sal nie vernietig word deur die tweede dood nie. Die eerste is 'n fisieke. Die tweede is 'n geestelike dood wanneer alles klaar is. Die siel wat sondig; daardie siel sal sterwe. Jy sal gestraf word vir jou sonde, miskien deur honderde van duisende van jare, maar daar kan nie 'n ewige Hel wees nie, want die Bybel sê Hel was geskape. Hoe kan dit geskape wees en Ewig wees? As daar ooit was...Die Bybel sê Hel was geskape vir die duiwel en sy engele. En dan as dit geskape was, dit kan nie Ewig wees nie; want Ewig...enigiets Ewig het nooit 'n begin of 'n einde gehad nie.

Dit is hoe ons nooit kan sterf nie, want ons was altyd. Ons is deel van God. Die nakomelinge van God. En Hy is die enigste Ewige ding wat daar is. Amen. Jy kan nie meer sterf as wat God kan sterf nie, want jy is Ewig saam met Hom. Amen! Laat dit kom! Halleluja! Word soort van moeg van hierdie ou pes-huise in elk geval.

Let op, die Boek geskryf. Wanneer hierdie engel al hierdie lospunt bedieninge beëindig wat deur die stryd wat hulle Luther beveg het, geveg het in Wesley, geveg het in die Pinksters, geveg...maar daar kom een, sê die Bybel, dat in die dae wat hy sal blaas, al hierdie verborgenhede...Die Eenheid het afgehardloop op Jesus se Naam. Die Drie-Eenheid het afgegaan op Vader, Seun, en Heilige Gees, net soos hulle het by die Nicaese Raad. Dieselfde ding. Hulle was altwee verkeerd. Maar nou, in die middel van die pad, in die Skrifte lê die waarheid uit. Julle sien waar ons is? Die Engel van die Here.

Let op, Openbaring 5:1. Luister hierna nou.

Nou daar is geskrywe in die binnekant van die Boek, maar die agterkant het Sewe Seëls op die agterkant daarvan gehad wat nie geskrywe was in die Boek nie. Nou, hierdie is die openbaarder wat praat -- Johannes. Nou onthou, dit was nie geskryf in die Boek nie, "En in die dae van die stem van die Sewende Engel sou al hierdie verborgenheid wat binne-in geskryf is volbring word." Dit sou afgehandel word in daardie dag.

Nou sien julle wat ek bedoel? Volg julle my?

Dan is die tyd vir die Sewe Stemme van Openbaring 10 om geopenbaar te word. Wanneer die Boek volbring is, daar is net een ding oor, en dit is die Sewe geheimsinnige Stemme van Donderslae wat geskryf is op die agterkant van die Boek wat Johannes verbied was om te skryf. Laat ek dit lees.

(Daar was iets gesê. Dit was nie net 'n geraas nie. Iets was gesê. Hy wou skryf.)

(Kyk waar die stemme was in die Donderslae -- nie in die Hemel nie, op die Aarde! Die Donderslae het nooit ge-uiter uit die hemele nie, hulle het ge-uiter vanaf die Aarde.)

(Dit is aan die agterkant.) Toe die boek voltooi is...Nou Hy het nie gesê op die voorkant nie, Hy het gesê op die agterkant. Nadat dit alles voltooi is, dan hierdie Sewe Donderslae, stemme, is die enigste ding wat vas is aan die Boek, wat nie geopenbaar is nie. Dit is nie eens geskryf in die Boek nie.

O goeiste! Ek wens ek kon dit by die mense kry en kon eintlik...Nie faal nie, moenie faal nie, moet asseblief nie hierdie keer nie. Ek maak gereed om julle te verlaat. MOENIE FAAL NIE. As julle ooit geluister het, luister. Hierdie Seëls is aan die agterkant van die Boek, en op die tyd wat die Sewende Engel blaas, al hierdie verborgenhede wat geskryf is in die Boek is volbring. En dadelik, die Boek wat geopen was en binne-in beskrywe was, word GESLUIT! Die verborgenhede van God is volbring; en hierdie is die verborgenhede van God -- die weggaan van die Kerk, en al hierdie ander dinge. Die verborgenhede is oor.

WANNEER DAARDIE SEWENDE ENGEL ELKE VERBORGENHEID UITBASUIN, IS DIT OOR. Laat hom wees wie hy mag wees. Wat ook al dit mag wees. God se Woord kan nie faal nie, en Hy het gesê,

Al daardie dinge. Soos ou Rome wat die hoer is, en al die Protestantse kerke, denominasies, denomineer agter haar, het haar hoere geword. Sien? Al hierdie verborgenhede waarvan die profete gepraat het sal geopenbaar word reg hier in hierdie laaste uur. En wanneer hierdie Sewende Engel opkom in die Laodicense eeu en begin uitblaas die ware Basuin...WANT DIT SAL TEENSTRYDIG WEES, HULLE SAL DIT NIE GLO NIE. Hulle sal dit sekerlik nie glo nie. Maar dit sal 'n geinspireerde profeet wees, want daar is geen manier om dit uit te dink nie. Mense probeer die drie-eenheid uitdink en word grys-hoofdig en word mal. Nie een kan dit verstaan nie. Hulle glo steeds Eva het 'n appel geëet, en al daardie dinge. Want dit is tradisie waaraan mense vasgehou het, net soos Jesus die kerk gevind het. Maar dit sal 'n goddelike-geleide profeet moet wees vir die Woord van God om na hom te kom met die ware verklaring van die openbaring van Jesus Christus! So dit, dit moet op daardie manier wees! God help ons.

Nou wanneer hy uitbasuin...Nou dit is SO SPREEK DIE HERE! Ons het dit duidelik. Wanneer hy sy boodskap uitbasuin -- oorlog verklaar -- soos Paulus het teen die Ortodokse, soos die res van hulle het, soos Luther, Wesley -- teen die organisasie, wanneer hy oorlog verklaar en hulle vertel het dat hulle lieg en dit is nie die waarheid nie, en hulle mislei mense, wanneer hy uitbasuin soos daardie, julle kan nie faal nie, dit sal nie faal nie, want hy sal bevestig word deur die Woord van God. Julle sal weet presies wat dit is. En wanneer hy dit doen, hy basuin uit om te roep vanuit Babilon, "Kom uit haar uit my volk en wees nie deelgenote van haar sondes nie." God stuur hom -- moet dit nie mis nie.

Nou, wanneer hy begin basuin, die verborgenhede sal volbring word. Nou, let op: Dit is die tyd vir die Sewe Seël Stemme van Openbaring 10 om geopenbaar te word. Verstaan julle? Wanneer al die verborgenhede van die Boek voltooi is, en die Bybel het gesê hier dat hy die verborgenhede sal volbring. Toe manne terug in ander eeue geveg het vir die waarheid; hulle geveg het vir regverdigmaking; Hulle het gewonder hoekom hulle het geveg vir heiligmaking, hulle het geveg vir dit, en hulle het geveg vir dat, hulle het geveg vir dit...Wat het hulle gedoen? Hulle het reguit omgedraai en daarin georganiseer. Dieselfde ding -- Pinkster, die Baptiste, Presbiteriaans, Lutheraane -- elkeen het dieselfde ding gedoen -- reguit omgedraai en dieselfde ding gedoen. En die Bybel het gesê in Openbaring 17 dit is wat hulle sou doen. Ou moeder hoer en haar dogters -- Misterieuse Babilon.

Die Bybel het hier gesê dat dit een van die verborgenhede sou wees wat sou ontvou word. Protestante -- prostitute, pleeg geestelike owerspel, lei mense deur denominasies met hulle beker van ongeregtigheid van mensgemaakte leerstellinge, en trek hulle weg van die fontein gevul met Bloed waar die krag van Almagtige God vrylik vloei om Jesus Christus te manifesteer!

As dit waar is, dan sal God dit ondersteun; en Hy het dit gedoen; en Hy sal voortgaan. Maar wanneer dit gebeur, is die Woord volbring.

Nou, daar is net een ding oor. Dit is die Sewe Donderslae wat ons nie weet nie; en dit sou nie tevergeefs gedonder het nie. God doen nie iets net om te speel nie. Ons speel en tree belaglik op, maar nie God nie. Alles met God is ja en nee. Hy skeer nie net gek nie. Hy hou nie vir die gek nie. Hy bedoel wat Hy sê, en Hy sê niks sonder dat daar iets mee bedoel word nie.

En Sewe Donderslae reg in die openbaring, hier, van Jesus Christus, dis 'n sekere verborgenheid. Sê die Bybel nie dat hierdie is die openbaring van Jesus Christus nie! Wel, daar is 'n sekere verborge geheim dan daarvan...?...! Wat is dit? Die Sewe Donderslae het dit. Want Johannes was net gereed om te skryf, en 'n stem het uit die Hemel gekom en gesê, "Moet dit nie skryf nie. Maar verseël dit; seël dit op. Sit dit op die agterkant van die Boek." Dit moet geopenbaar word. Dit is die verborgenhede.

Nou, ons het hierdie dinge opgelos deur die Heilige Gees. Dit het ons gesê dit was nie appels nie; dit was seksueel. Ons hierdie dinge vertel. Daar is nie een bevoeg om voor dit te staan nie. Ek het nooit 'n prediker in my lewe gesien wat daarmee saamstem nie. Maar ek het hulle gevra...

Julle weet in Chicago, toe ek gestaan het voor hulle, omtrent 350 predikers...(Julle vroue hier van Chicago, julle was daar en julle het daarvan gehoor.) En die Here het my drie aande tevore vertel. Hy het gesê, "Hulle gaan vir jou 'n lokval stel." Hy het gesê, "Staan by die venster, en Ek sal jou wys." Gesê, "Mnr. Carlson en Tommy Hicks sal jou ontmoet môreaand en sal na ontbyt toe wil gaan, en jy sê vir Tommy om te bly. Maar," Hy het gesê, "Hier is hoe dit sal lyk: Sê aan hulle dat hulle nie die ontmoeting in die plek gaan hê waaraan hulle dink nie. Hulle gaan in 'n ander plek wees." Gesê, "Moenie bang wees nie, Ek sal met jou wees." Dit is goed genoeg vir my.

Die volgende oggend Mnr. Carlson, president van die Volle Evangelie Besigheidsmanne, gekom...gesê...my gebel en gesê, "Broer Branham, ek wil saam met jou ontbyt hê."

Ek het gesê, "Goed." (Ek het gesê, "Kyk Tommy Hicks sal ook daar wees.")

Afgegaan by Town and Country, en hy het gesê, "Wel, Broer Branham, o dit is wonder..."

Ek het gesê, "Tommy, sal jy my 'n guns doen?" "Sekerlik, Broer Branham."

Ek het gesê, "Ek wonder of jy sou preek vir my?"

Hy het gesê, "O, ek -- ek kon nie dit doen nie."

Ek het gesê, "Hoekom? Ek is net 'n sewende graad student en ek -- ek sou koninkryk ("empire") in plaas van skeidsregter ("umpire") sê. Sien? Ek weet nie hoe om te praat voor hulle nie, en die Ministeriële Vereniging van Groter Chicago gaan daar wees. Hoe gaan ek voor hulle praat met my sewende graad opvoeding, Tommy? Jy is 'n Dokter van Godgeleerdheid." Ek het gesê, "Jy sal weet hoe om te praat, ek nie."

Hy het gesê, "Broer Branham, ek kan nie dit doen nie."

Ek het gesê, "Hoekom? Ek het jou baie gunste gedoen." (Ek het dit net regtig reguit gestel.)

En Broer Carlson het gesê, "O Broer Branham, hy kon nie dit doen nie."

Ek het gesê, "Hoekom?"

Hy het gesê, "Wel...duh...duh...duh...dit...uh."

Ek het gesê, "Julle weet hoekom? JULLE weet hoekom, maar julle wil my nie sê nie. Hulle het 'n lokval vir my gestel." Ek het gesê, "Broer Carlson, jy het daardie hotelkamer, het jy nie, waar ons die ander onthaal gehad het?"

"Ja."

Ek het gesê, "Jy gaan dit nie kry nie."

Hy het gesê, "Wel Broer Branham, ons het 'n deposito daarop."

Ek het gesê, "Ek gee nie om wat jy het nie, dit gaan nie daar wees nie. Dit is 'n groen-kleurige kamer. Ons gaan in 'n bruin-kleurige kamer wees. Ek gaan agter in 'n hoek wees. Dr. Needle sal aan die regterkant sit. Daardie gekleurde man en sy vrou sal daar sit, en so-en-so. Daar sal 'n Buddiste priester sit aan my vêr regterkant, en hoe hulle aangetrek sal wees." En ek het gesê, "Jy weet wat dit is, Tommy. Julle van julle Groter Chicago Ministeriële Vereniging gaan my uitdaag op die Doping in die Naam van Jesus Christus! Die Groter Chicago Ministeriële Vereniging gaan my uitdaag oor die bewys van die Heilige Gees die praat in tale! Hulle gaan my uitdaag op die Saad van die Slang, en op die preek van genade."

Tommy het oorkant toe gekyk en gesê, "Goeie genade." Hy het gesê, "Ek dink nie ek sal eens gaan nie."

Ek het gesê, "Ja, jy kom aan."

En die volgende dag, die man wat die deposito geneem het, het hom die deposito teruggegee en gesê, "Ons het 'n orkes. Ons het dit bespreek, en ons het dit vergeet en daardie ding verloor; en ons moes dit aan die orkes gee, en julle kan dit nie kry nie." En ons het uitgegaan na Town en Country.

Ingestap daardie môre, en daar het hulle almal gestaan. Toe ek gesit het agter die lessenaar, daaragter, gewag, nadat hulle die ontbyt gehad het, ek het omgekyk na hulle soos daardie. (Ons het ontbyt gehad in 'n kamer, uitgekom, gesit) en daar was die Groter Ministeriële Vereniging van Chicago. Ek het omgekyk na hulle. Elkeen van hulle het hulself voorgestel as Dokter Ph.D., LL., "Q.U.S.T." en al daardie soort van dinge soos daardie. Ek het net gesit en luister na hulle.

Totdat hulle klaar was. En Broer Carlson het opgestaan. Hy het gesê, "Menere..." (En almal van julle ken Hank Carlson. Tog, ons het dit op band reg hier. As julle die band wil koop dit is hier. Die seuns het dit.) Hy het gesê, "Menere..." Hy het gesê, "Ek stel aan julle voor volgende, Broer Branham." Hy het gesê, "Julle mag almal met hom verskil op sy leerstelling, maar laat ek julle iets vertel: Drie dae gelede het ons in 'n plek gesit, en as daardie man my nie alles vertel het wat gebeur het vanmôre nie, staan ek nie nou hier nie. Hy het my vertel dat julle almal gereed was om hom te ondervra op sy leerstellinge, en hy het my vertel dat ek daardie ander plek sou moes kanselleer om hier te wees, en my vertel presies waar Dr. Mede, en hierdie mense sou sit, net presies, en hier is hulle." Hy het gesê, "Julle mag verskil met hom, maar ek sê een ding, hy is vreesloos met wat hy oor dink." Hy het gesê, "Nou, Broer Branham, die vloer is joune."

Ek het gesê, "Voordat ek begin, (Ek het gelees wat ek gelees het vanmôre, Ek Was Nie Ongehoorsaam Aan Die Hemelse Visioen Nie.) Ek het gesê, "Nou laat ons dit afhandel. Nou, julle almal praat van Dokters van Godgeleerdheid te wees, en ek staan hier by myself." Ek het gesê, "As dit so is, julle wil my ondervra oor die Doop in Jesus Naam -- ons sal daarmee eerste begin. Ek wil een van julle manne hê om julle Bybel te bring en te staan langs my sy, op enigiets wat ek geleer het." Ek het gesê, "Staan hier langs my sy! En met die Woord van God, weerlê dit." Ek het gewag, en niemand het niks gesê nie. Ek het gesê, "Ek vra vir sommige van julle manne om langs my sy te kom staan." Gesê, "Wat is die probleem met julle? Dan bly van my rug af, as julle bang is om langs my te staan." Dit is nie ek waarvoor hulle bang is nie. Dit is die Engel van die Almagtige God, dat hulle weet as Hy my kan voorsê om te kom, hulle het geweet...Hulle was slimmer as wat ek gedink het hulle was. Hulle het beter geweet as om daar te staan.

Julle weet julle was in tye...van daardie tye ook, maar hulle het dit nie gedoen nie. Wat is die probleem? As dit so groot is en hulle weet dit is so getrou...Ek sit dit op band, en enige ander plek is ek gereed, om daaroor te praat op 'n Christelike manier met enige broer. Ek sal nie argumenteer met niemand nie, maar ek wil hê jy moet kom en enigiets daarvan weerlê deur die Woord -- nie deur jou teksboek nou nie, nie wat Dokter so-en-so, of Heilige so-en-so, gesê het. Ek wil weet wat God gesê het. Dit is die basis. Ek wil weet wat dit is. Hulle doen dit nie.

Nou kyk, wanneer dit tyd is vir die Sewe Stemme (en dit is tyd vir die Sewe Stemme wanneer die Boek voltooi is) van Openbaring 10 om geopenbaar te word. Nou let op, luister. (Nou ek sal julle nie te veel langer hou nie, ek weet ek put julle uit hier; dis twintig minute voor tien), luister aandagtig, nou. Ek weet julle staan op en julle verander posisie en dinge. Ek sal bly wees wanneer die kerk reggemaak word sodat ons nie beknop hoef te wees nie. Ons kan die hele dag neem om dit te preek.) Nou let op. Nou let op die Sewe Stemme was Donderslae -- ONTPLOFFING!

God help ons! As ek verkeerd is, Here vergewe my.

Ek vra julle die vraag. Dit het ontplof met donder toe hierdie stem uitgeklink het. Het julle opgelet dat toe die Sewe Seëls, wat die Sewe Kerkeeue gevolg het -- toe die Eerste Seël geopen was, dat daar 'n donderslag was? Die Eerste Seël in die Boek was geopen, daar was 'n Donderslag. Sal die Eerste Seël van die buitekantste Boek nie op dieselfde manier open nie? God verander nie Sy program nie.

Laat ons oorblaai na Openbaring 6.

Nou, daar was nooit nog 'n Donderslag nie; en die laaste seël was geopen, daar was ruimte in die Hemel vir 'n halfuur van stilte. Maar die Eerste Seël was geopen, daar was 'n ontploffing van Donderslag.

O kerk, kan dit wees? Is ons so ver? Vriende, dink! Miskien..., Ek hoop dit is nie, maar wat as dit is? WAT WAS DAARDIE ONTPLOFFING? En voor God en hierdie geopende Bybel, ek lieg nie! 'n Ontploffing wat die aarde geskud het. En toe die Eerste Seël van die Sewe wat geopen is in die Bybel, dit voortgekom het -- net een -- maar 'n ONTPLOFFING wat die hele ding geskud het. 'n Donderslag. En toe, as die Seëls wat op die agterkant geopen sou word, sal dit nie ook 'n Donderslag wees nie? Ek weet nie. Ek kan nie sê nie.

Daar was 'n Donderslag. Die Eerste Seël en die Seël was 'n Donderslag, die Basuin was geopen daardie tyd, en die Basuin was geblaas by Pinkster, natuurlik. (Ek sal nie daarop ingaan nie.)

Nou, as die gesig skriftuurlik was, (die gesig waarvan ek praat, wat ek verlede Saterdagoggend gesien het -- 'n week gelede nou). AS, nou onthou hier, AS die gesig skriftuurlik is, dit moet verklaar word deur die Skrif, of 'n voortsetting van dieselfde Skrif! (Ek het net gewag sodat dit kan insink.) As dit wat ek gesien het...Wat dit was weet ek nie, maar ek is bang tot die dood toe! Is ons weggekwyn? Is ons aan die einde? Onthou, hierdie Engel het gesê wanneer dit plaas vind, Hy het gesweer daar sou nie meer tyd wees nie. Ek wonder of ons dit regtig begryp?

Julle sê, "Wel lyk asof dit sou uitgebasuin word oor...Broer, Hy kom in 'n oomblik wanneer jy nie dink nie. Jy sal dit jou laaste keer hoor.

Nou, is dit duidelik? Toe die Eerste Seël geopen was -- die Seël wat binne-in die Boek was, hierdie Verborgenhede wat uitgebasuin is -- Regverdigmaking, Heiligmaking, Rooms Katolieke Kerk, Protestante, en wanneer al hulle klein stryde en dinge daardie los punte in die Woord van God gelaat het, die Sewende Engel kom aan en versamel hulle almal op en verduidelik hulle. Sien? En dan maak hy klaar, Sewe Donderslae spreek uit! En Johannes het begin skryf. Hy het gesê, "Moet dit nie skryf nie, maar verseël dit." En die Eerste Seël was geopen van die Seëls aan die binnekant van die Boek; dit het geopen met 'n Donderslag.

As hierdie Skrif is, dit kan slegs...As enige Skrif enigiets is wat veronderstel is om van die Bybel te wees...Dit is net soos jy kan my nie vertel daar is so 'n ding soos vagevuur en dinge soos daardie nie. Daar is geen Skrif in die Bybel om dit te ondersteun nie.

Jy kan my nie van hierdie dinge soos die Boek van die Makkabees, wat goed mag wees, en daardie vierde Boek van Daniel, waar 'n engel hom gegryp het aan die hare van die hoof en hom neergesit het. Daar is nie sulke goed soos daardie wat ooit plaasgevind het in die Bybel nie -- waar Jesus van Nasaret 'n klein kleivoëltjie gemaak het, en bene aan hom gesit het, en gesê het, "Vlieg weg klein voëltjie" -- dit is onsin. Daar is niks in die Bybel om dit te ondersteun nie.

So moenie sukkel met...Die vertalers -- God het gesien dat die vertalers nie eens daardie dogmas en onsin sou byvoeg nie. Dit mag goeie mense gewees het, die Makkabee broers en daardie...Ek sê nie hulle was nie goeie mense nie, maar dit was nie skriftuurlik nie. Hierdie is die volledige openbaring van Jesus Christus. Niks kan Daarby gevoeg word nie, of weggeneem word Daarvan nie. En as ons dit daarin sit, dit reageer nie met die res van die Skrif nie. Daar is 66 boeke van hierdie Bybel, en nie een woord sal die ander een weerspreek nie!

En dan as hierdie 'n voortsetting vir die blaas van hierdie laaste Basuine of hierdie laaste Sewe Donderslae wat uitkom -- die verborgenhede, die laaste Seël, dit sal moet meeding of vergelyk met die res van die Skrif. En as daardie eerstes daarbinne geopen het met 'n slag van donder, die tweedes sal ook, wat aan die agterkant is.

Kyk wat gebeur. As die gesig Skrif was, dan moet dit verklaar word deur die Skrif, of 'n voortsetting van dieselfde Skrif.

Let op, Openbaring 10:3 en 4. Sewe Donderslae...Sewe Donderslae! En dan let op...(10:3-4). En toe wat? 'n Eed van die magtige Engel dat tyd volbring was. Toe hierdie Donderslae, julle sien, hulle Stemme uitgebring het, toe het die Engel...Dink net daaraan -- 'n Engel beklee in 'n wolk, en 'n reënboog wat Sy hoof bedek, (Wel, julle weet wat dit is!) een voet op die land gesit en een op die see en Sy hand opgelig en gesweer dat wanneer daardie Sewe Donderslae hulle Stemme uiter, dat tyd nie meer sal wees nie! En as die bediening van die Verborgenhede van God volbring is -- wat as dit daardie Sewe Verborgenhede is wat uitkom?

En 'n nederige klein kerkie soos ons, dat die Almagtige gekom het en die lae stand van Sy mense aangesien het.

Jy sê, "Wel ek dink nie so nie." Dit mag nie wees nie, maar WAT AS DIT IS? Dan het tyd uitgeloop. Dink julle dit? Wees ernstig. Dit mag later wees as wat ons dink.

Daardie sterre wat val van hulle konstellasie daar oorkant; daardie Engel wat kom en gesê het, "Soos Johannes gestuur was om die Ou Testament te voltooi, en die bekendstelling van Christus voort te bring, jou boodskap sal die lospunte saamvat en sal die Messias bekendstel, net voor Sy koms" -- die boodskap van die laaste dae. Let op, die magtige Engel het gesweer, met 'n eed, dat tyd nie meer sal wees nie. Nou, ek wil julle nie te lank hou nie. Dink hieraan vir 'n oomblik, nou.

Nou luister. Hierdie Engel het afgekom vanaf die Hemel. Sien, die ander Sewe Engele van die Sewe Kerke was aardse boodskappers, maar hierdie Engel -- die hele boodskap is voltooi. Die Sewende Engel voltooi die hele ding. En hierdie Engel kom, nie na die aarde nie -- Hy is nie 'n man van die aarde nie, soos die boodskappers aan die Sewe Kerkeeue; wat voltooi is nie -- maar hierdie Engel bring die volgende aankondiging, (en 'n engel beteken 'n boodskapper) en Hy kom af vanaf die Hemel beklee in daardie Kolom van Lig -- wolk, met 'n reënboog oor Sy hoof; en 'n reënboog is 'n verbond. Dit was Christus, met een voet op land en een op die see, en GESWEER dat tyd nie meer sal wees nie.

Waar is ons, Menere? Waaroor is dit alles? Ek vra julle.

Die ander engele was boodskappers -- manne van die aarde. Maar hierdie Engel...hierdie het gesê, aan die engele van die Kerk van Laodicense; aan die engel van die Kerk van Efesiers -- boodskappers van die aarde. Sien? Manne; boodskappers; profete, ensovoorts aan die Kerk. Maar hierdie Een het nie gekom vanaf die aarde nie; Hy het gekom vanaf die Hemel, want die Verborgenheid is alles volbring. En wanneer die Verborgenheid volbring is, het die Engel gesê, "Tyd sal nie meer wees nie," en die Sewe Donderslae het hulle stemme uitgegooi.

Wat as dit iets is om ons te laat weet hoe om binne te gaan in die wegrapende geloof! Is dit? (Sal ons hardloop en oor mure spring?) Is daar iets wat gaan plaasvind, en hierdie ou geskende, vuil liggame gaan verander word? Kan ek lewe om dit te sien, o Here? Is dit so naby dat ek dit sal sien? Is hierdie die geslag? Menere, my broers, WATTER TYD IS DIT? WAARBY IS ONS?

Laat ons na die horlosie kyk -- die kalender -- om te sien watter datum oaina, in haar tuisland. Die endteken -- die sespunt Ster van Dawid, tweeduisend jaar gelede, (ja, omtrent 2500 jaar gelede) die oudste vlag, wapper. Israel is terug in haar tuisland. "Wanneer die vyeboom sy botsels uitsit, hierdie geslag sal nie sterf nie -- sal nie verbygaan nie -- verbygaan voordat alle dinge volbring is nie."

(Julle weet dit is die waarheid!)...

Dit mag nader wees as wat julle dink dit is. Dit het my bang gemaak! O, ek het nie genoeg gedoen nie! Waarby is ons?

Tyd sal nie meer wees nie. Hy kondig aan dat tyd verby is. Wat gebeur? Wat gebeur? Kan dit so wees, nou Broers? Dink ernstig! As dit is, dan is die piramide bedek deur die Sewe Donderslae.

Julle onthou die piramide boodskap? Dit is die deksteen. Wat het dit gedoen? Die Heilige Gees het die individu bedek en dit verseël toe ons by geloof gevoeg het; regverdigheid, en godsvrug, en geloof, ensovoorts -- ons het bly byvoeg totdat ons sewe dinge gehad het, en die sewende een was Liefde wat God is. Dis hoe Hy die individu maak. Hy bedek hom en verseël hom met die Heilige Gees. Dan as dit so is, Hy het Sewe Kerkeeue wat Hy Sewe Verborgenhede gehad het wat uitgebasuin was en waarvoor hulle geveg het om terug te bring, en nou kom die Hoofsteen om die Kerk te bedek. Beteken die Donderslae dit, my Broers? Menere, is dit waarby ons is?

Junie, ek wil jou droom neem. Kyk! Junior (voor die piramide ooit gepreek was, maande voor dit) sy droom gesien. Julle sê, "Wat omtrent 'n droom"

Nebukadnessar het 'n droom gedroom (wat Daniël verklaar het) wat die begin van die Heidense Eeu vertel het, en wanneer dit sou ophou. Dit het een presies op daardie manier. Nie een stukkie het gefaal nie.

Julle let op, die geskrifte wat op die rotse was; ek het dit vir hom verklaar. Hulle was verheug. Dit is die Verborgenheid van God, wat nie verstaan is vir jare nie. Kan dit dit wees? En dan let op. Op 'n geheimsinnige wyse, ons het opgetel (uit die lug uit) 'n skerp instrument wat die bo-kant oopgemaak het, en daarbinne was wit graniet, maar dit was nie verklaar nie. Daar was geen letters nie. Ek het dit nie verklaar nie, Junior. Ek het net daarna gekyk, en gesê aan die broers, "Kyk hierop," en dit is volbring vanaand. Terwyl hulle dit bestudeer het, ek het weggeglip na die weste. Vir wat? Miskien om die verklaring van wat in die bo-kant hiervan geskryf was te verstaan. Kan dit wees?

En daardie ontploffing, die ander môre, wat my geskud het reg, totdat ek opgelig het in die lug so hoog as hierdie gebou, en daardie konstellasie van Engele, sewe Engele, in die vorm van 'n piramide. Is dit daardie Donderslae wat uitkom? Kan dit wees? Hierdie is alles verklaar. Volgens sy droom, dit is alles volbring. Volgens God se Woord, die Sewende Boodskapper sal volbring...die sewende boodskap sal volbring word.

En dan die Sewe Donderslae, en hy het die deksteen afgerol gesien, wat baie mense nie eens weet daar is Sewe Seëls om geopenbaar te word nie. Ek het baie manne se boeke gelees oor Openbaring, en ek het dit nooit oor gepraat gehoor nie. Hulle slaan dit oor. Maar dit is aan julle vertel dat dit daar is! Ek weet nie wat dit is nie! Kan dit dit wees? God wees genadig aan ons. As dit is, ons is in 'n ernstige uur.

Nou, net 'n oomblik. Kyk. As dit so is, en die verborgenheid is volbring wat in daardie rotse was, ek is bly om te sit in 'n kerk saam met goddelike mense, wie God 'n droom voor kan gee. Ek is bly om aan hierdie manne en vroue wat na Junior se kerk gaan voor te stel, en aan hierdie kerk, aan Broer Neville s'n en hulle, dat daar mense sit in hierdie gemeente, en die Bybel het gesê, "Hulle sou drome droom in die laaste dae."

En hier is dit, en kyk daarna. Dit vergelyk met die Woord.

Niks geweet daaromtrent nie, 'n ONTPLOFFING het voortgekom en hier kom sewe Engele wat kom vanaf die Ewigheid. Ek het gesê, "Here, wat wil U my laat doen?" Dit was nie gesê nie. Ek mag eerste moet gaan om uit te vind. Ek weet nie. Mag nie eens dit wees nie, ek weet nie. Ek sê net, "Wat as dit is?" As dit skriftuurlik is, dit klink baie na daaraan. Dink julle nie so nie?

Kyk, dan kyk, die Deksteen was nie verklaar nie, sien. "Gaan wes, en kom terug." Of is dit dit? As hierdie sewe Engele in hierdie konstellasie wat na my gekom het...en wanneer ek julle ontmoet op die dag van die opstanding, julle sal sien dat ek nie lieg nie. God my Regter.

Of is hierdie daardie tweede klimaks waaroor ek gepraat het die ander dag. Is dit oor iets wat voortkom uit die Kerk? Ek weet nie. Ek kan daarop bly 'n klein bietjie, maar ek wil aangaan.

Kan dit wees dat die magtige Donderslag, of die Sewende Engel in die sewe konstellasie, sewende tydperk konstellasie, die piramide gemaak in 'n vorm, drie aan 'n kant, en een bo-op, en hulle het afgekom vanaf die Ewigheid. Kan dit wees: Is hierdie die Verborgenheid van die Donderslae wat die Hoofsteen terugbring?

Julle weet, die piramide was nooit bedek nie. Die Hoofsteen moet nog kom. Dit was verwerp. Kan dit wees, Broers, Susters.

Of is hierdie die derde trek wat Hy my vertel het drie of vier jaar gelede.

Die eerste trek -- julle onthou wat gebeur het? Ek het probeer om dit te verduidelik. Hy het gesê, "Moenie dit doen nie."

Die tweede trek -- Hy het gesê, "Moenie probeer..." en ek het getrek in elk geval. Onthou julle dit? Almal van julle onthou, dit is op band, en alles.

En toe het Hy gesê, "Nou daar is 'n derde trek wat kom, maar moenie probeer om dit te verduidelik nie."

Julle sien hoe ek dit vanaand benader het? Ek weet nie. Maar ek voel pligsgebonde aan my Kerk om iets te sê. Julle maak julle eie gevolgtrekking.

Nou, sal hierdie die Verborgenheid wees wat sou open, wat Christus sou bring, 'n krag aan die Kerk bring? Sien ons het alreeds...Ons glo in belydenis, gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Ons glo in ontvangs van die Heilige Gees. Ons het tekens, wonders, wonderwerke, praat in tale, en die dinge wat die vroeër Kerk gehad het. En die waarheid te sê, daar is meer reg hier gedoen as wat geskryf is in die Boek van Handelinge, in hierdie een klein groepie mense, hierdie klein, klein bediening van ons hier. Wat omtrent die wêreld oor, sien? Meer as wat geskryf is in die Boek van Handelinge. Dieselfde soort -- die opstanding van die dooies. Onthou, daar was slegs omtrent 3 mense opgerig uit die dood deur Jesus Christus, en ons het op rekord (dokter se rekord) vyf. Sien? "Werke wat Ek doen, meer as dit sal julle doen."

Ek weet die King James sê groter, maar jy kan nie enigiets groter doen nie -- meer daarvan. Hy was in een Persoon toe, Hy is in die hele Kerk nou. Sien. "Meer as hierdie sal julle doen, want Ek gaan na My Vader."

As hierdie die derde trek is, dan is daar 'n groot bediening wat voorlê. Ek weet nie. Ek kan nie sê nie, ek weet nie.

Kyk. Derde trek. Laat ons stop daarop vir 'n oomblik. In die gesig, die eerste vlug was klein boodskapper voëls; dit was toe ons eers begin het. Dit het gegroei vanaf net die persoon by die hand neem...en onthou julle wat Hy my vertel het: "As jy opreg sal wees, dit sal gebeur dat jy die einste geheime van hulle harte sal ken." Hoe baie onthou dit hiervandaan afgekondig en regoor die nasie? En het dit gebeur? Presies. Toe het Dit gesê, "Moenie bang wees nie, Ek sal met jou wees." En dit sal aangaan.

Nou die eerste trek was klein, klein voëltjies; toe vlugte. Hulle het aangegaan om die tyd te ontmoet; die koms van die Here te ontmoet -- die eerste boodskap. Die tweede keer -- die geheime van die hart. Vanaf 'n persoon aan die hand neem, en net daar staan en sê wat hulle gehad het. Die volgende keer het dit hulle sondes openbaar en hulle gesê wat om te doen en maak...Is dit reg? Toe het dit gebeur presies, net soos God gesê het, en julle is getuies en so is die wêreld, so is die kerk.

Toe ek gesê het, "Ek sien 'n Engel, en dit was 'n smarag vuur wat brand," mense het gelag en gesê, "Billy, ruk jouself reg." Die wonder wetenskaplike oog van die kamera het Dit afgeneem. Ek het nie gelieg nie. Ek het die waarheid vertel. God het dit bevestig. Ek het gesê, "Duisternis oorskadu; dis die dood -- swart, en hierdie is wit. Een is lewe, en die ander een is dood." Daar is dit op die foto daaragter. Soos daardie George J. Lacy gesê het: "Die meganiese oog van hierdie kamera sal nie sielkunde neem nie." Volg julle my? [Vir verwysing na hierdie fotos sien Volume II, No. 8 en 9 -- Red.]

Let op, die eerste klein vlug -- hand. Die tweede was groter, witter -- duiwe -- Helige Gees openbaar die geheime van die hart. En die derde vlug was ENGELE! Nie voëls nie, Engele! En dit is die endtyd. Dit is alles daarvan.

Sal hierdie die tyd wees Broers? Is hierdie die tyd?

Nou, luister regtig aandagtig, en moet hierdie nie misinterpreteer nie. Ek wil julle iets vra.

Laat ons teruggaan, net 'n oomblik. Die kerk weet dis die waarheid. Die wetenskaplike wêreld weet dis die waarheid. En mense wat hier sit vanaand, en baie wat steeds lewe, wat gestaan het by die rivier toe daardie Stem uitgespreek het en gesê het, "Soos Johannes uitgestuur was met 'n boodskap van die eerste koms, so is hierdie die tweede boodskap van die tweede koms. Onthou julle? En as dit volbring is, wat het Johannes gedoen? Johannes was die een wat gesê het, "Aanskou, daar is die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem. Dit is Hy."

Is die uur...het dit gearriveer, my broers. Ek sê nie dit het nie. Ek weet nie, maar ek vra julle. Ek wil hê julle moet dink. Of sal hierdie die tyd wees wanneer dit weer sal wees, "Aanskou die Lam van God;" of die tyd van Maleági 4 -- om die harte van die kinders terug te draai na die geloof van ons vaders. Sal dit so 'n ontploffing wees...dat dit sulke magtige dinge sal doen totdat dit die Kerk sal verstewig, wat afdraand gegaan het, en die Verborgenhede van God nie kan verstaan nie, ensovoorts; wanneer hulle daardie magtige ontploffing sien voortswiep, sal dit hulle harte terugdraai na die vaders, soos die Bybel gesê het dit sou? Of was hierdie die boodskap alreeds verby, wat dit moes doen? Ek weet nie. Hierdie is die teken van die end-tyd, Menere. Of is hierdie die teken dat alles verby is? Dit lyk baie skriftuurlik vir my. Ek weet nie.

Daar was daardie Engele. Daar was 'n ontploffing, soos 'n donderslag, wat die hele aarde geskud het. God weet ek vertel die waarheid. Onthou net, iets maak gereed om te gebeur. Ek weet nie wat dit is nie, maar kan dit dit wees? Ek sê dit omrede: berei julself voor.

Laat ons bid. Hoe bid? Neem ons posisie in die leër van Sy gelowiges en berei onsself voor, want dit mag later wees as wat ons dink. Julle ken my, en ek het nog nooit vir julle 'n leun vertel nie, waarvan ek weet nie. En soos Samuel gesê het aan hulle, "Het ek julle ooit enigiets vertel in die Naam van die Here, as wat gebeur het?" Nou, ek vertel julle nou, ek weet nie wat hierdie is nie; ek kan nie sê wat dit is nie. Ek weet nie. Maar ek gaan julle die waarheid vertel -- ek is bang. As julle broer, ek is bang sedert verlede Saterdag.

Dit mag die end-tyd wees. Dit mag tyd wees vir die reënboë om deur die lug te swiep en 'n aankondiging uit die hemele wat sê, "Tyd is nie meer nie." As dit is, laat ons onsself voorberei, vriende, om ons God te ontmoet.

Daar is baie voedsel neergelê nou; laat ons gebruik maak daarvan. Laat ons gebruik maak daarvan nou. En saam met my vanaf hierdie platform, roep ek uit na God, "Here Jesus, wees my genadig."

Ek het probeer lewe na die beste hoe ek weet. Ek het die boodskappe probeer bring die beste manier wat ek kon, vanaf die Woord van God. God ken my hart. Maar toe daardie konstellasie van Engele oor daardie grond geswiep het, was ek verlam. Ek kon nie eens voel vir 'n lang tyd nie. Selfs gevoel soos...'n lang tyd later probeer loop deur die kamer, selfs vanaf my rugmurg, en op en af langs my nek, was presies verlam -- soos geen gevoel ek kon nie voel in my hande nie. Ek was in 'n dwaal heeldag lank. Ek het net ingegaan in die kamer en gesit.

Sondag het ek hier afgekom om te praat, en ek het myself daaruit probeer skud deur te praat; Maandag was dit weer daar. En dit is hier nou. En ek weet nie; ek weet nie, Menere. Ek is eerlik met julle as my broers. Ek weet nie.

Dit, dit, is dit die tyd? Is die Verborgenhede alles volbring? Het die uitbasuin alles verby? Is daardie regtig daardie Sewe Donderslae wat gereed maak om iets te uiter wat die klein groepie wat saamvergader het, sal ontvang 'n wegrapende geloof sal ontvang om te gaan in die Wegraping wanneer Hy kom; want ons sal verander word so vinnig as daardie Engele gekom het -- in 'n oomblik, in die oogwink, en sal saam opgeraap word met diegene wie aan die slaap is om die Here in die lug te ontmoet.

My gebed is: God as dit so is, ek weet nie Here, ek het net die Kerk vertel. As dit so is, Here, berei my harte voor. Maak ons gereed, Here, vir daardie groot uur wat al die geskiedenis van tyd, al die profete en wyses voor gesoek het vir daardie tyd. Here, ek weet nie wat om te sê nie, ek sou bang wees om te sê, "Moenie kom nie, Here." Ek sou skaam vir myself voel wanneer ek kyk en die wêreld in die toestand sien, en ek het nie meer gedoen as wat ek gedoen het daaromtrent nie; ek is skaam vir myself. As daar 'n môre is, Here, salf my hart; salf my groter, Vader, dat ek alles kan doen wat ek kan om andere na U te bring. Ek is U s'n.

Ek voel soos Jesaja in die tempel daardie dag toe hy die Engele gesien vorentoe en agtertoe vlieg het met vlerke oor hulle gesigte en oor hulle voete, en gevlieg met vlerke -- "Heilig, Heilig, Heilig." O, hoe daardie jong profeet geskud was. Hy het begin om 'n bietjie oud te word; en toe hy dit gesien het, alhoewel hy gesigte gesien het, het hy uitgeskreeu, "Wee my."

Vader, miskien het ek ietwat soos daardie gevoel, toe ek daardie Engele gesien het die ander aand -- of die ander oggend, liewer. Wee my, want ek is 'n man van onreine lippe, en ek wandel tussen onrein mense.

En Vader, reinig my; en hier is ek, stuur my, Here, wat ook al dit is wat...soos ek staan by hierdie preekstoel waar ek was vir dertig jaar. As daar iets is, Here, wat U wil hê ek moet doen, hier is ek. Ek is gereed, Here. Maar mag ek genade vind voor U aangesig, nederig, bid ek.

Ek bid vir die klein kudde, wat die Heilige Gees my opsiener van gemaak het, om hulle te voed. En ek het alles gedoen wat ek weet hoe om te doen, Here, om hulle te voed op die Brood van die Lewe. Soos in daardie gesig, baie jare gelede, waar daardie groot gordyn gelê het in die Weste, en 'n berg van die Brood van die Lewe. Die klein boekie, "Ek was nie ongehoorsaam aan die Hemelse Gesig nie", en hier gebeur dit alles, geopenbaar reg voor ons gesig.

U is God, en daar is geen ander as U nie. Ontvang ons Here; vergewe ons ons sondes. Ek bely vir al my ongeloof, vir al my ongeregtigheid. Ek pleit op die altaar van God.

Soos ek kom vanaand met hierdie klein kerkie voor my, deur geloof beweeg ons vanaf hierdie gebou in wegraping, soos ons saam sit in Hemelse plekke rondom die Troon van God. Ons harte is verwarm baie maal in die dinge wat ons U sien doen en U Verborgenhede aan ons ontvou het. Maar, Here, vanaand is ek heel vermoeid. Wee my. Soos Jakob, toe hy daardie Engele gesien afkom het langs die leer en teruggaan, hy het gesê, "Hierdie is 'n vreeslike plek, niks anders as die Huis van God nie." En daar Bet-el gevestig.

God, mense verstaan dit nie...Hulle dink dit sal so baie vreugde wees, maar Here, wat 'n vermoeienis, wat 'n vreeslike ding, vir 'n menslike wese om in die teenwoordigheid van die groot magtige Wese van die Hemel te kom.

Ek bid vir vergifnis vir my klein kerkie hier, waarnatoe U my afgestuur het om te lei en te begelei. Seën hulle, Here. Ek het gedoen volgens wat die gesigte en drome en dinge gesê het na die beste van my kennis. Ek het al die voedsel neergelê, wat ek geweet het hoe, vir hulle, Here. Wat ook al dit is, Here, ons is U s'n. Ons vertrou onsself toe in U hande, Here. Wees genadig aan ons, vergewe ons, en laat ons U getuies wees so lank as wat ons op die aarde is. Dan, wanneer die lewe verby is, ontvang ons bo in U Koninkryk. Want ons vra dit in Jesus se Naam. Amen.

Elkeen van julle, reinig julle julle hart. Lê tersyde alles, elke gewig. Hou dit uit julle pad. Laat niks julle kwel nie. Moenie bang wees nie. Daar is niks om oor bang te wees nie. As Jesus kom, dit is 'n baie...dit is 'n oomblik wat die hele wêreld voor gekreun en geween het. As dit iets is wat nou voortbreek, vir 'n nuwe koms -- 'n nuwe koms van 'n nuwe gawe of iets, dit sal wonderlik wees. As dit tyd word dat die openbaring van die Sewe Donderslae geopenbaar sal word aan die Kerk (hoe om te gaan) ek weet nie. Ek het net verklaar wat ek gesien het.

O goeiste, wat 'n tyd! Dit is ernstige en somber denke. En as dit tyd is vir my om te gaan, ek is U s'n, Here. Ek is U s'n. Wanneer U klaar is met my, kom, Here Jesus. Waar ook al dit mag wees, of watter tyd dit mag wees, ek is Syne. Ek sê nie ek begeer om te vertrek nie; ek doen dit nie, ek het 'n gesin om groot te maak; ek het 'n Evangelie om te preek, maar dit is volgens Sy wil, nie myne nie. Dit is Sy wil. Ek weet nie. Ek verklaar net aan julle wat dit is. Wat is -- God sal dit laat gebeur. Maar, ek vertel julle wat ek gesien het en wat gebeur het. Wat dit beteken het, weet ek nie; maar Menere, kan hierdie die einde wees?

Die mense is teenwoordig nou -- die ses mense, wat daardie drome gehad het. Is dit nie snaaks daar was nie sewe nie? Dit is baie snaaks dat ses reguit op gelei het, en toe daardie gesig dadelik. Die mense is hier. Broer Jackson, hier, was een; Broer Parnell was nog een; Suster Collins was nog een; Suster Steffy was nog een; Broer Roberson was nog een; en Broer Beeler was nog een; en die Hemelse Vader weet daar was nie nog een meer wat daarop gedui het nie. En die einde van daardie sewende een, (wat Suster Steffy was) dadelik het die gesig uitgekom.

Julle sien? Julle sien waarom ek vertrek? Julle sien waarom ek moet gaan? Ek moet dit doen. En vriende, moenie na my kyk nie. Ek is julle broer. Moenie enige aandag aan my skenk nie, want ek is net 'n strefling. Ek moet sterf soos enigiemand anders. Moenie na my luister nie, maar luister na wat ek gesê het. Wat ek gesê het in die boodskap. Moenie enige aandag skenk aan die boodskapper nie; hou die boodskap dop. Hou julle oë, nie op die boodskapper nie, maar op die boodskap -- wat dit gesê het. Dit is die ding om na te kyk; en God help ons, is my gebed.

Nou, ek wou nie kom en julle dit vertel nie, maar ek sal nie enigiets terughou van julle nie. Nou, sover as ek weet...laat ek julle sê...sover as ek weet, ek sal vertrek in die volgende twee of drie dae (Woensdagoggend) na Tucson. Ek gaan nie na Tucson om te preek nie; ek gaan nie soontoe om te preek nie. Ek gaan na Tucson om my gesin in die skool te vestig, en dan 'n swerwer te word. Ek gaan na Phoenix om daardie klein ry van byeenkomste te hou, wat waarskynlik net klein boodskappe rondom sal wees; en dan miskien, ek dink hulle wil hê ek moet die konvensie preek een aand. Hulle het nooit enigiets daaroor gesê nie, hulle het net gesê ek sou daar wees. Sien, dit klink nie baie goed vir my nie. Ek het 'n woord, SO SPREEK DIE HERE aan Broer Shekarian, ook. Ek weet nie wat hy daaromtrent sal doen nie, maar ek het die woord om hom te vertel. Ek weet nie wat hy sal doen nie; dit is sy besluit.

Het julle opgelet die laaste Voice? Dit was veronderstel om nie 'n organisasie te wees nie, maar hulle het hulle beleidenis verklaar. 'n Organisasie, dan val ek weg. Ek is uit sulkes.

Nou, vermoedelik Broer Arganbright en Broer Role, 'n Washington diplomaat onder sewe presidente, moet in Afrika wees. En Broer Role, ek, en Broer Arganbright sal Afrika dadelik binnegaan dadelik vir 'n paar byeenkomste -- onder in Suid Afrika en Tanganjika en met Broer Boze, en af onder en waarskynlik deur Australië en deur daardie pad terugkom, as die Here nie iets anders doen nie. Maar voordat ek gaan, ek sal terug wees hier.

Dan wanneer ek terugkom daarvandan, as God nie met my gepraat het op 'n ander manier nie, ek gaan die gesin neem en opbeweeg na omtrent Anchorage, Alaska. Hierdie is Suidwes, dit sal Noordwes wees. En dan as hulle daar laat bly deur die somer, wanneer dit so warm is onder in Tucson totdat die vel van jou sal afbrand. Ek dink nie hulle sou dit kon verduur nie. Hulle sal so vol heimwee en mismoedig wees. Ons verkoop nie die plek nie. Dit bly net daar met die meubels in die huis. Ek weet nie wat om te doen nie.

Dan, tyd die somer is oor, as die Here wil, ek wil Alaska verlaat, en afkom na omtrent Denver -- Sentraal Wes. Suidwes, Noordwes, en Sentraal Wes, uitroepende uit, "O Here, wat wil U my laat doen?"

In die tussentyd, elke boodskap, sover as wat ek weet, sal net hier gepreek word, hierdie tabernakel. Hier is waar die bande sal wees; hier is waar die hoofkantoor is, en ek is nie van plan om saam met my gesin in die Weste te bly nie. Ek gaan soek totdat ek vind wat God wil hê ek moet doen. As hierdie jaar dit nie afhandel nie, dan volgende jaar, sonder water of kos, ek sal uitloop in die woestyn, en ek sal wag totdat Hy my roep. Ek kan nie so aangaan nie. Jy moet desperaat raak. Jy moet by 'n plek kom waar jy die Wil van God wil weet, en hoe kan jy die Wil doen, as jy nie die wil weet nie? Ek ondersoek as gevolg van daardie gesig agtergrond van wat julle gedoen het; sien, gaan rond as sendeling en evangelisasie totdat daardie oproep kom. Onthou die eerste een toe ons daardie hoeksteen gelê het? "Doen die werk van 'n evangelis," het Hy gesê. Dit het nie gesê jy was 'n evangelis nie, maar doen die werk van 'n een; miskien totdat die tyd kom vir iets anders, nog 'n verandering van werk. Mag iets verskillend wees. Ek weet nie.

Het julle Hom lief? Wees regtig seker daarvan. Wees regtig seker daarvan. Hulle wat die Here lief het.

Ek het Hom lief, en ek weet julle het ook.

Nou, môreaand...ek dink ek het dit baie duidelik gemaak. Het ek? So duidelik as hoe ek weet om dit te maak. Dit is al wat ek weet. Dit is al wat ek weet om te sê. En as dit geopenbaar word aan my vir iets, ek sal julle vinnig vertel. Ek weet julle is geïnteresseerd om te weet. Ek is geïnteresseerd om te weet. Ek weet nie wat bedoel is nie; ek weet nie waarheen ek gaan nie; ek weet nie wat gaan gebeur nie. Ek is net...Die enigste ding wat ek weet, ek gaan net deur die genade van God. Dan sal Hy my vertel wanneer ek daar kom, miskien. Maar my deel nou is, gaan. En ek mag nie daar wees vir twee weke totdat ek iewers anders sal wees nie, en mag terug wees hier. Dit is reg. Ek weet nie maar ek...Daardie gesig het my vrou en my kinders daarin gehad, en die einste ding wat dit was -- ek was in 'n bedekde wa en die oomblik wat ek ingestap het, daar was...Dit was in my stasiewa. En dit is die manier wat ons vertrek in 'n paar dae -- weet nie waar ons gaan nie, weet nie wat ons gaan doen wanneer ons daar kom nie. Gaan net.

God is vreemd vir ons want Sy weë kan nie uitgevind word nie. Hy wil gehoorsaamheid hê.

"Waar gaan julle heen?"

"Dit gaan jou nie aan nie, bly net voortgaan."

"Wat wil U hê ek moet doen, Here?"

"Dit is niks vir jou nie, Volg jy My. Bly net aanstap."

"Waar sal ek stop?"

"Wat is dit vir jou? Bly net aanstap." So hier gaan ek. In die Naam van Jesus Christus. Amen.

MENERE, IS HIERDIE DIE TYD?

En terwyl ons dit weer sing, skud hande met iemand langs ons. Sê, "Broer of Suster, bid vir my. Ek sal vir jou bid."

Laat ons, ons hande opsteek na Hom.

 

-------------------------------------------------------------

Hierdie boodskap deur Broer William Marrion Branham getiteld Menere, is hierdie die tyd? is gelewer op Sondagaand, 30ste Desember 1962 in die Branham Tabernacle in Jeffersonville, Indiana, V.S.A.
Die kasset, nommer 62-1230E, is 3 ure 9 minute lang, en bestaan uit 2 kasette. Hierdie boodskap is ook beskikbaar in boek formaat (Volume 2, Nommer 11).

VOICE OF GOD RECORDINGS, INC.
Posbus 950, Jeffersonville, Indiana 47131 V.S.A.
Telefoon (812) 256-1177 Faks (812) 256-6187